{"id":9404,"date":"2010-09-14T09:24:59","date_gmt":"2010-09-14T09:24:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9404"},"modified":"2010-09-14T09:24:59","modified_gmt":"2010-09-14T09:24:59","slug":"om-net-die-helfte-te-ken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9404","title":{"rendered":"Om net die helfte te ken"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Onlangse syfers dui daarop dat die onderwys in Suid-Afrika moet uithaal om nie die heel vrotste in die w\u00eareld te wees nie. Hieroor meen Herrie is nou al genoeg geskryf, en om iets te doen daaraan is nou die aangewese ding. Soos om nog \u2018n kurrikulum of twee uit te dink. Gelukkig is daar skole wat steeds puik doen, danksy puik onnies en puik leerlinge.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die swakkes is in \u2018n soort worsmasjien, en baie kom op universiteit aan, waar hulle skielik op \u2018n ander vlak moet meeding.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs vertel \u2018n dosent hy het onder druk van die universiteitsowerhede gekom oor die vreeslike ho\u00eb druipsyfer in veral sy Engelstalige klas. Laer kan hy nie met standaarde laer nie, want dis immers die universiteit, nie kindertuin nie. Toe besluit hy hy gee die vrae vooraf vir die studente, amper soos \u2018n oop boek-toets.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die klasse kry ruim tyd om die vrae af te skryf, en te gaan leer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aand voor die toets kry hy \u2018n benoude oproep van \u2018n student wat wil weet op watter bladsye van die handboek is die antwoorde vir die vrae! Hy staan vas en stuur di\u00e9 een plek warm plek toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn toe was daar geen verbetering in die uitslae nie,\u201d s\u00ea hy moedeloos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met sommige vakke, meen Herrie, kan \u2018n mens nog wegkom as hy net die helfte of selfs minder as die helfte van die werk ken. Maar daar is darem \u2018n paar ander beroepe waar \u2018n mens wonder. Met hoeveel gerustheid ondergaan iemand nou \u2018n breinoperasie as hy weet die dokter ken nie die helfte van sy vakgebied nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand sal ook nie graag oor \u2018n brug wil ry as hy weet die ingenieur het net die helfte van sy berekenings reg gehad nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lol byvoorbeeld as iemand wat in matriek \u2018n G vir houtwerk gekry het, tenders losslaan om br\u00fbe te bou. Of iemand wat niks van wiskunde weet nie \u2018n munisipaliteit se boeke moet kook, ekskuus, Herrie bedoel, behartig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bethlehem is bekend vir sy jaarlikse lugskou, maar as daai loodse se dryfliksense ook sommer oor \u2018n toonbank gekoop is, sou die dorp tydens die lugskou \u2018n gevaarlike plek gewees het met kamikazevlie\u00ebniers wat wilde esse gegooi het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As joernalis moes Herrie dikwels hoor \u2018n dokter se foute word begrawe, \u2018n advokaat se foute opgehang maar \u2018n joernalis s\u2019n gepubliseer. Sowaar, soms is \u2018n fout nie die joernalis se skuld nie. Baie koerante en radiostasies weier byvoorbeeld om dagboekinskrywings te plaas of uit te saai as dit nie op skrif gekry is nie. Soms is die leser of luisteraar woedend omdat die besonderhede skriftelik verlang word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daai woede is niks in vergeleke om sag te word, en die besonderhede telefonies af te neem nie. Want dis ontstellend hoe dikwels verskaf daardie mense die verkeerde besonderhede. En dan word daardie verkeerde besonderhede gepubliseer of uitgesaai, en die byeenkoms is \u2018n ramp soos wanneer die plek of tyd verkeerd verskaf is. Of dit is verander en die media nie laat weet nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan moet die arme joernalis bontstaan, want hy \/ sy het nou kwaai skade berokken. Maar was dit op skrif, dan was dit \u2018n ander saak. Hoewel, daar is sommiges wat geblaps het maar steeds vir die joernalis kwaad bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soms is die mondelinge blapse aan taalverskille te wyte. Wat Herrie laat dink aan die nuwe Engelse juffrou by \u2018n Namakwalandse skool:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGood morning class.\u201d Net een kind groet terug, en sy wil weet hoekom. Verduidelik die groeter: \u201cBut Miss, aai ies de ounlie wan hoe se nym aar Klaas.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u0438 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangse syfers dui daarop dat die onderwys in Suid-Afrika moet uithaal om nie die heel vrotste in die w\u00eareld te wees nie. Hieroor meen Herrie is nou al genoeg geskryf, en om iets te doen daaraan is nou die aangewese ding. Soos om nog \u2018n kurrikulum of twee uit te dink. Gelukkig is daar skole &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9404\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Om net die helfte te ken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10412],"class_list":["post-9404","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-om-net-die-helfte-te-ken"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9404"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9404\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}