{"id":9398,"date":"2010-09-13T06:48:47","date_gmt":"2010-09-13T06:48:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9398"},"modified":"2010-09-13T06:48:47","modified_gmt":"2010-09-13T06:48:47","slug":"turkse-referendum-van-teenstrydighede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9398","title":{"rendered":"Turkse referendum van teenstrydighede"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Turke het gister stembus toe opgeruk om hul kruisies in \u2018n referendum te gaan trek. Formeel handel dit oor grondwetlike hervorming wat die weg moet baan vir toetrede tot die Europese Unie. Die Europese Unie se saakgelastigde vir Turkye, Ria-Oomen-Ruijten, het haar ontsteltenis uitgespreek omdat opposisiepartye hul ondersteuners oproep om nee te stem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter soveel distels in die duiwehok, dat die ware rede vir die referendum aan die stief-agterspeen moet suip.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die vernaamste teenstrydighede is dat die Koerde, wat op die oog af die meeste voordeel uit deelname aan die Europese Unie sal trek, volgens berigte teen \u2018n ja-stem gekant is. Baie stem nee, ander boikot die referendum en daar was gevalle van intimidasie en geweld, en talle is aangekeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel oor 26 sake gestem word, staan twee soos die spreekwoordelike pale bo die water uit. Dit behels onderskeidelik die inperking van die magte van die ho\u00eb regters en die weermag. Die senior regters se magte is aan die bod geplaas omdat hulle soveel mag gehad het, dat hulle hul opvolgers uit dieselfde dampkring aangewys het. Die plan met die referendum is dat die politici en junior regters ook inspraak sal h\u00ea by die aanwys van senior regters. Teenstemmers meen weer Erdogan se party, \u2018n Moslemparty wat homself as die Moslem-weergawe van die Europese Christen-demokratiese partye beskou, mik om die sekul\u00eare regswese aan te tas. Dit verklaar miskien deels die sekul\u00eare opposisie, wat normaalweg sterker as die regerende party oor lidmaatskap van die EU sou voel, se teenkanting teen \u2018n ja-stem. Baie kommentators meen ook die referendum kom op \u2018n stemming tussen die Islam en die sekularisme neer, maar nou bepleit die twee kante in baie opsigte dat hul ondersteuners vir die teenoorgestelde as hul eie standpunte moet stem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die weermag word ook as \u2018n staat binne die staat beskou, waar die generaals bykans onaantasbaar is, en selfs vir kriminele oortredings voor hul kollegas tereg moet staan. Die gedagte met die referendum is dat ook hulle nou voor die burgerlike regbank tereg sal moet staan vir misdade teen die staat, en dat magsmisbruik so ingeperk word. Hul amnestie vir die 1980-staatsgreep sal ook verval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie boodskap agter die boodskap is kwalik verskuil. Die referendum is op dieselfde dag gehou as wat die laaste milit\u00eare staatsgreep plaasgevind het, in \u2018n land waar die weermag sedert 1960 vier keer die verkose parlement\u00eare bewind omvergewerp het. Heelwat van die outorit\u00eare maatre\u00ebls is steeds as oorblyfsels van die laaste staatsgreep in die grondwet veranker, en nog slagoffers van die arrestasies en mishandeling word vermis. \u2018n Grondwetlike vasvat van die weermag sou in baie mense se oordeel gewild wees. Ja-ondersteuners het ook die afgelope paar dae van die martelinstrumente wat na die staatsgreep ingespan is uitgestal. Altesaam 650 000 mense is destyds aangehou, 171 het weens marteling gesterf, en 49 mense is tereggestel, waaronder \u2018n 17-jarige seun wat nou materlaarstatus geniet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom die Koerde teen die ja-stem stemming maak is moeilik om te begryp. Die Europese Unie stel as voorwaarde vir Turkse lidmaatskap dat die Turke meer selfbeskikking aan die Koerde en ander minderhede moet toestaan. Trouens, hierdie vereiste het al heelwat vir die Koerde in die sak gebring van \u2018n posisie slegs enkele jare gelede waar hul taal effektief verbied is en hul stede Turkse name gekry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koerdies is ook \u2018n \u2018n Indo-Germaanse taal, anders as Turks. Hoekom juis hulle teen iets wat skynbaar in hul belang is sal stem, bly vir die buitestander Turks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die referendum aan die gang was, was dit egter geen uitgemaakte saak dat die Ja-stem sou sultan kraai nie. Met 70 % van die stemme reeds getel waarvan 60 % \u201cja\u201d was, was dit egter reeds duidelik dat kommer dat die Turke \u201cnee\u201d sou stem, onnodig was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir baie Turke was die referendum bloot die geleentheid om \u2018n mosie van wantroue in die Turkse premier,   Tayyip Erdogan,   te stel. Soveel nee-stemmers, soveel redes is daar hoekom Erdogan ongewild is. Baie beskou hom as \u2018n toekomstige diktator, en die voorkeur wat hy en sy Sanhedrin vir gesluierde vroue het, laat die ge\u00ebmansipeerde vroue in hierdie Moslem, maar tegnies sekul\u00eare staat, swart sluiers sien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die 50 miljoen kiesers weet skynbaar nie presies waaroor hulle alles stem nie, en gee ook nie \u2018n dooie kurusj \u2013 \u2018n Turkse duit &#8211; om nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Erdogan moet homself ook blameer dat hy juis nou sy beeld as toekomstige diktator versterk het. Minder as \u2018n maand gelede het hy die grootste Turkse sake-instelling, TUSAID, gedreig om standpunt vir of teen die ja-stem in te neem, of ge\u00eblimineer te word. TUSAID het dit duidelik gemaak dat hy hom nie laat afdreig nie, maar Erdogan het waardevolle vriende verloor. Om die saak te vererger het die Turkse hoof-onderhandelaar by die EU glo ges\u00ea hy sal die geestegesteldheid en patriotisme van enige nee-stemmer onder bevraagteken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die Turkse president, skynbaar self sonder om sonder om sy eie voorkeur uit te spel, het beide kante van die debat gemaan om ordentlik te bly. Hy het ook \u2018n beroep op die kante gedoen om in hul verkiesingsreklame aan kiesers te verduidelik waaroor die referendum handel.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/\">pearl jewellery for<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Turke het gister stembus toe opgeruk om hul kruisies in \u2018n referendum te gaan trek. Formeel handel dit oor grondwetlike hervorming wat die weg moet baan vir toetrede tot die Europese Unie. Die Europese Unie se saakgelastigde vir Turkye, Ria-Oomen-Ruijten, het haar ontsteltenis uitgespreek omdat opposisiepartye hul ondersteuners oproep om nee te stem. Daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10405,21107,10406,21093,7836,10404,8793],"class_list":["post-9398","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-europese-unie","tag-c33-hoofartikels","tag-koerde","tag-s7-menings","tag-referendum","tag-turkse-referendum-van-teenstrydighede","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9398"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9398\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}