{"id":9396,"date":"2010-09-12T08:01:01","date_gmt":"2010-09-12T08:01:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9396"},"modified":"2010-09-12T08:01:01","modified_gmt":"2010-09-12T08:01:01","slug":"blou-doeltreffendheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9396","title":{"rendered":"Blou doeltreffendheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Blou effektiwiteit: die Mercedes-Benz E200 CGI Blue Efficiency Estate\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/mercedes%20e200%20cgi%20estate.jpg\" width=\"251\" \/>Al die motorvervaardigers het deesdae  nie meer die krag- en spoedsyfers op die voorgrond wanneer daar van nuwe  motors gepraat word nie. Dit gaan alles deesdae oor die hoeveelheid  uitlaatgasse per 100mg wat in die lug in gepomp word. En ja vanaf  Septembermaand 2010 gaan daar nog \u2018n boetebelasting ook gehef word op  die hoeveelheid gifgasse wat jou kar die lug in stuur. Elke nuwe motor  wat verkoop gaan word, gaan met tot R75 per gram wat die uitlaat gasse  bo 120g\/km is beboet word. Dit gaan die onnodig astronomiese motorpryse  nog ho\u00ebr maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die blou embleem s\u00ea alles\" alt=\"Blou embleem\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/blue%20efficiency.jpg\" width=\"251\" \/>Nou kan ons sien hoekom al die  vervaardigers so aangaan oor die gram per kilometer wat sy voertuie die  lug in stoot. En ja alle voertuie doen dit, behalwe natuurlik di\u00e9 wat  ten volle elektries aangedrewe is, die gholfkarretjies en so aan. Self  daardie Toyota Pruis of Lexus 450h wat jy beplan om te koop, is skuldig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mercedes-Benz het &nbsp;soos baie ander  vervaardigers besef daar moet iets gedoen word aan die situasie. Die  oplossing was nie om dadelik miljarde euro\u2019s na elektriese ontwikkeling  te gooi nie, nee hulle sal wag tot een van die Japannese dit regkry en  dit dan net verbeter. Die nuwe CGI-modelle het die lig gesien. Hierdie  is gewone Mercedes-motors met \u2018n klein enjin en turbokrag wat nie net  minder gasse die lug in stuur nie maar sommer ook meer krag as die  konvensionele enjins lewer. Die brandstofverbruik is dus ook minder want  die gas wat die lug moes in, word nou gebruik om die motor aan te dryf.  Dit is dus \u2018n baie beter oplossing vir \u2018n klomp probleme. Die nuwe  Mercedes gee meer krag, gebruik minder brandstof en verbrand dus minder  gasse. Die ding is net: nou betaal jy n\u00f3g meer vir die tegnologie! Ons  het die E200 CGI Blue Efficiency Estate onder hande gehad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Binneruim<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In tradisionele Mercedesstyl is die nuwe  E-Klas baie goed aanmekaar gesit, met kwaliteitafwerking en styl reg  rondom jou. Die nuwe E-Klas is ook sommer vol nuwe tegnologie en ons  toetsmotor was met die \u201cAvantgarde\u201d afwerking toegerus wat nog mooier  wiele, swart leersitplekke en \u2018n meer sportiewe sierrooster byvoeg. Die  sitplekke is iets om te beleef. Hulle beskik oor ingeboude waaiertjies  wat jou sommer gou afkoel, sou op die leersitplekke begin sweet en dit  werk. Daar is ook sommer verhitting in dieselfde sitplekke ingebou wat  weer die koue leer baie vinnig lekker verhit. Dan is daar die \u201cactive  seats\u201d wat jou netjies in die sitplek vashou, sou jy vinnig om \u2018n draai  gaan; die teenoorgestelde kant van die sykussing waarheen jy draai blaas  in millisekondes op of af om jou mooi styf in die sitplek vas te hou.  Die sitplekke masseer dan ook jou rug so terwyl jy bestuur en op ons rit  Polokwane toe en terug was die funksie hemels.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die middelkonsole is toegerus met  beheerknoppies vir die radio, wat nogal \u2018n Harman Kardan Logic 7 is, die  elektroniese klimaatbeheer en die navigasiestelsel. Daar is \u2018n stelsel  wat Mercedes \u201cThermotronic\u201d noem: basies \u2018n klimaatbeheerstelsel wat  twee kante van die binnekajuit individueel beheer. Die agterste  passasiers kan ook die gedeelte van die binneruim apart van die voorste  deel beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Onmiskenbare Mercedes-stasiewa\" alt=\"MB-stasiewa\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/onmiskenbaar%20mercedes%20stasiewa.jpg\" width=\"251\" \/>Die groot voordeel van \u2018n stasiewa &#8211; en  ja, die Estate is \u2018n stasiewa &#8211; is natuurlik die laairuimte. Daar is nie  minder as 1 950 dm\u00b3 se laairuimte in die Merc nie. Dit is eenvoudig  enorm. Die agterste laaideur kan ook outomaties, met die druk van \u2018n  knoppie in die bestuurder se deur, oopgemaak word. Wanneer die groot  agterdeur wyd oopstaan, kan dit dan weer deur middel van \u2018n knoppie aan  die binnekant van die agterklap elektronies toegemaak word. Jy kan dit  ook sommer op die konvensionele manier met die hand toeklap, sou jy wou.  Daar skuil \u2018n volgrootte noodwiel onder die vloer van die laairuimte en  die hele binneruim is met gehalte tapyte toegerus. Mercedes noem die  outomatiese deur die \u201cEasy Pack\u201d-pakket. Nog \u2018n deel daarvan is dat die  vloer van die laairuim soos \u2018n konsertina opvou om verskeie  pakplekopsies te skep. Daar is ook \u2018n opvoubare kruideniersmandjie  sommer in die motor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die panoramiese sondak\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/panoramiese%20sondak.jpg\" width=\"251\" \/>Ons toetsmotor was toegerus met die  opsionele panoramiese sondak; di\u00e9 is eintlik twee dakke in een: een vir  die voorste insittendes en \u2018n tweede vir die agterste passasiers. Die  agterste dak kan nie oopskuif nie, maar het \u2018n outomatiese sonblinding  wat oop en toe skuif. Daar is ook \u2018n stemaktiverende funksie vir die  telefoon , radio en navigasiestelsel waar die bestuurder standaardvrae  beantwoord om sekere funksies in die motor te beheer. Dit is nogal baie  handig deurdat die bestuurder slegs nodig het om een knoppie op die  stuurwiel te druk en dan te vra wat hy wil verstel. Die radio het ook \u2018n  6-gang voorlaailaserskyfspeler wat selfs DVD\u2019s kan speel. Die speler  beskik oor \u2018n ingeboude geheue van 6 Gigagrepe soos \u2018n rekenaar of Ipod  waarop musiek geb\u00eare kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat die naam aandui, is die  E200 CGI Estate nie toegerus met \u2018n 2-literenjin nie. Hierdie is \u2018n  1,8-litereenheid met direkte turboaandrywing. Die ratkas is \u2018n  seepgladde 5-spoed outomatiese kas wat die groot wa sonder moeite  aandryf. Kragontwikkeling is \u2018n gesonde 135 Kw en omdat hy  turbo-aangejaag is, is die wringkragsyfer ook baie indrukwekkend teen  270Nm. Die ekstra gewig van die stasiewa be\u00efnvloed nie die motor se  verrigting en hantering nie; dit alles is te danke aan die  selfgelykmakende veringstelsel wat standaard op al die Estate-modelle  beskikbaar is. Verrigting is besonder goed met \u2018n topsnelheid van  225km\/u en uitlaat gasse van slegs 179g\/km. 0-100km\/u word in 8,7  sekondes behaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Veiligheid<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Outomatiese agterdeur\" alt=\"Outomatiese agterdeur\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/outomatiese%20agter%20deur.jpg\" width=\"251\" \/>Hierdie is \u2018n Mercedes-Benz, dus is die  veiligheidsfaktor van \u2018n ho\u00eb standaard met ingeboude stelsel wat meer  daarop gemik is om \u2018n botsing te vermy as om die insittendes te beskerm.  Indien daar wel \u2018n botsing sou plaasvind, spog die E met \u2018n  5-sterveiligheidstoekenning van die Europese Euro cap. Daar is die radar  wat in die neus ingebou is wat die afstand tussen jou en die voertuig  voor jou monitor en dan die spoed aanpas volgens die afstand wat die  bestuurder vooraf ingeprogrammeer het. Met ons tog na Pietersburg het  ons die stelsel deeglik getoets deur hom heeltemal by al die tolhekke te  vertrou. Die stelsel het telkens die motor tot stilstand gebring by die  tolhekke wanneer die verkeer stadiger beweeg en eintlik tot stilstand  kom. Die stelsel kan ook \u2018n aankomende motor van agter dophou en sal dan  ook die remdruk aanpas sou hy agterkom iets kom te vinnig van agter af  na jou toe aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is die \u201cAdaptive High Beam\u201d-stelsel  wat die hoofligte monitor vir aankomende verkeer. Wanneer die hoofligte  op skerp is, sal dit self domp om nie die aankomende verkeer te  verblind nie. Wanner die ligte verdof is, bepaal die stelsel dan ook  self die maksimumafstand wat verlig kan word sonder om die aankomende  verkeer te verblind. In die gedompte verstelling kan die ligte tot 300  meter ver verlig. Dit verseker dat daar geen bestuurderinvoer van skerp-  na dompligte meer nodig is nie; die motor doen dit self. Daar is ook  klein geel driehoekies in die syspie\u00ebltjies ingebou wat verlig wanneer  jy onder 30km\/u ry om jou te waarsku dat daar dalk iets in jou blindekol  kan wees. Sou daar egter teen enige spoed iets in jou blinde kol  inbeweeg, sal die driehoekies outomaties verlig om jou aandag op die  voorwerp te vestig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook \u2018n horde ander  veiligheidstelsels soos die \u201cPre-Safe\u201d-stelsel wat die sitplekgordel  letterlik teen jou lyf vastrek wanneer die motor aangeskakel word. Dit  sal al die kantruite en sondak outomaties toemaak wanneer die motor  vinnig ry. Ook die sitplekke is \u201cintelligent\u201d in die sin dat wanneer die  motor agterkom daar gaan nou \u2018n botsing plaasvind, verskuif hy die  sitplekke na die optimale posisie vir die ontplooiing van die lugsakke.  Die lugsakke word op twee maniere ontplooi; dit hang af van die erns van  die botsing of die sakke ten volle of net half ontplooi word. Daar is  natuurlik lugsakke teen al die kantruite en die sykante van die  insittendes, asook vir die knie\u00eb. Agterste passasiers het ook  kantlugsakke en gordelversterkers wat help om hulle in posisie te hou  tydens \u2018n botsing. Die voorste kopstukke verstel binne millisekondes om  die voorste insittendes se nekke meer stut tydens \u2018n botsing van agter  te gee.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 \u2018n botsing plaasgevind het, sorg die  E-Klas dan ook dat daar nie verdere skade aangerig word nie deur die  enjin outomaties af te skakel en die brandstoftoevoer heeltemal af te  sny en te isoleer. Die noodflikkerligte word geaktiveer en die ligte  binne in die kajuit word outomaties aangeskakel; die kantruite kan  effens oopgemaak word om toegang of uitgang te vergemaklik. Al die deure  se slotte ontsluit outomaties n\u00e1 \u2018n botsing. Ander stelsels soos die  parkeerhulpstelsel met ingeboude kamera wanneer trurat geskakel word,  help met agteruitparkering.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die E200 CGI Estate Avantgarde wat ons  bestuur het, is beslis een van die beste familievoertuie op die mark.  Ons Suid-Afrikaners kan net nie vatplek kry aan stasiewaens nie, maar in  Europa en Amerika is dit juis hierdie tiepe voertuie wat die helfte van  die onderskeie modelle se verkoopsyfers uitmaak. Ons toetsmotor se prys  met standaardtoerusting is R509 000, maar dan kom die R23 600 van die  Aventgarde-pakket, die R5 500 vir die 18-duimsierwiele, die R12 500 vir  die sitplekventilasiestelsel, die R22 000 vir die DVD-speler, die R24  500 vir die \u201cDriving Assist\u201d-pakket, R16 000 vir die sondak, R7 800 vir  Harmon Kardon-radio, R3 100 vir die \u201cMedia Interfase\u201d van die  klankstelsel, R3 250 vir metaalverf,&nbsp; R4 600 vir die trukamera\u2026 dan tel  dit op na \u2018n astronomiese R631 850! Dit is lekker duur, maar dit bly \u2018n  Mercedes-Benz met al die speelgoed wat jy ooit in enige motor sou wou  h\u00ea. Die meeste veiligheidskenmerke is darem standaard in die E-Klas  ingebou. Tans is daar nie eintlik \u2018n mededinger vir die Merc nie, maar  dalk kan die BMW 5 Reeks Touring net die regte ding wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/parodontolog-chto-eto-za-vrach-i-chem-on-zanimaetsya\/\">\u043f\u0430\u0440\u043e\u0434\u043e\u043d\u0442\u043e\u043b\u043e\u0433 \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0430 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al die motorvervaardigers het deesdae nie meer die krag- en spoedsyfers op die voorgrond wanneer daar van nuwe motors gepraat word nie. Dit gaan alles deesdae oor die hoeveelheid uitlaatgasse per 100mg wat in die lug in gepomp word. En ja vanaf Septembermaand 2010 gaan daar nog \u2018n boetebelasting ook gehef word op die hoeveelheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9396\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Blou doeltreffendheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[10400,10401,21102,7727],"class_list":["post-9396","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse","tag-blou-doeltreffendheid","tag-mercedes-benz-e200-cgi-blue-efficiency-estate","tag-s28-motors","tag-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9396\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}