{"id":9390,"date":"2010-09-10T08:14:28","date_gmt":"2010-09-10T08:14:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9390"},"modified":"2010-09-10T08:14:28","modified_gmt":"2010-09-10T08:14:28","slug":"misdaadstatistieke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9390","title":{"rendered":"Misdaadstatistieke"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">By die beoordeling van statistiek word verskeie modelle gebruik om akkuraatheid te beoordeel. Die eerste alarmklokkie wat afgaan is as \u2018n syfer op \u2018n uitskieter dui \u2013 maw as die syfer soos \u2018n seer duim uitstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met misdaadstatistiek is daar verskeie ander hulpmiddels. Uit ervaring is daar \u2018n verwantskap tussen sosio-ekonomiese omstandighede en sekere tipes misdaad, beperk sigbare polisi\u00ebring sekere tipes, veral kontakmisdaad, en het die politieke boodskap wat beklemtoon word, ook \u2018n impak. Laasgenoemde is deeglik ervaar met die feitlike opdroog van plaasaanvalle tydens die w\u00eareldsokkertoernooi \u2013 \u2018n era waar die regeringspolitici hulle seldsaam teen di\u00e9 euwel uitgespreek het. Sedertdien het di\u00e9 uitsprake weer grootliks omgesit in verbale aanvalle op boere, en was dar die afgelope naweek minstens twee plaasmoorde, terwyl \u2018n bejaarde vrou nou nie net as weduwee agtergelaat is nie, maar self ernstig aangerand is en onder meer skedelbreuk opgedoen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woorde is egter nie genoeg nie, veral as die persepsie dat die regering holle woorde spreek nesgeskop het. Terwyl geweldsmisdaad soos moord en seksuele misdrywe \u2018n welkome afname toon, neem handelsmisdaad nou al vir vyf jaar jaarliks skerp toe. Handelmisdaad word selde na verswakkende sosio-ekonomiese omstandighede herlei, en dui eerder op \u2018n morele verrotting wat te midde van onvoldoende wetstoepassing gedy. Hier word dikwels \u2018n swak voorbeeld gestel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is die alewige uitskieters steeds met ons.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie en die Mediese Navorsingsraad verskil reeds \u2018n geruime tyd oor die land se moordsyfers, en \u2018n finale oordeel sal eers gevel word wanneer die MNR se navorsing ook op \u2018n afname dui, al klop die getalle nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gereelde landbousensusse bring egter ook ontstellende verskille in misdaadsyfers, soos veediefstal. Terwyl die landbousensus se gegewens vir veediefstal ooreenkomste toon met die veegetalle in die provinsies, bv die Noord-Kaap, lyk die polisie se syfers basies met die uitsondering van die Vrystaat baie anders. \u2018n Groot vraagteken kan ook geplaas word as die totale waarde van veediefstalle in die landbousensus deur die polisie getalle gedeel word, en die gemiddelde verlies per vee-eenheid wat skape en hoenders insluit, op R30 000 bereken word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit \u2018n vergelyking tussen die aantal dronkbestuur-arrestasies in provinsies wil dit steeds voorkom asof die relatiewe lae, per capita-voorkoms in provinsies soos Limpopo (42 per 100 000), Mpumalanga (59 per 100 000) en die Vrystaat (57 per 100 000) meer met lae intensiteit wetstoepassing as soberder bestuurders verband hou. Nie net is die per capita-arrestasies baie minder as veral di\u00e9 in die Wes-Kaap (292 per 100 00) nie, maar die aantal padsterftes in die provinsies met minder dronkbestuur-arrestasies dui ook nie op minder dronkbestuurders nie. Ook die per capita-padsterfteyfers per provinsie strook nie met die groot verskille in aangekeerde dronkbestuurders nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Statistiek is onontbeerlik vir beplanning, en die waarde van die syfers kan net beoordeel word aan die hand van die regering en die polisie se reaksie hierop.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/nastol-nye-igry\/poznavatel-nye\">\u043c\u043e\u0438 \u0434\u043e\u043c\u0438\u043a \u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u0440\u0431\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By die beoordeling van statistiek word verskeie modelle gebruik om akkuraatheid te beoordeel. Die eerste alarmklokkie wat afgaan is as \u2018n syfer op \u2018n uitskieter dui \u2013 maw as die syfer soos \u2018n seer duim uitstaan. Met misdaadstatistiek is daar verskeie ander hulpmiddels. Uit ervaring is daar \u2018n verwantskap tussen sosio-ekonomiese omstandighede en sekere tipes &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9390\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Misdaadstatistieke&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,21093,10399,10398],"class_list":["post-9390","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-misdaadstatistiek","tag-misdaadstatistieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9390"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9390\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}