{"id":9386,"date":"2010-09-09T07:33:03","date_gmt":"2010-09-09T07:33:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9386"},"modified":"2010-09-09T07:33:03","modified_gmt":"2010-09-09T07:33:03","slug":"die-fisiologie-van-die-staking-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9386","title":{"rendered":"Die fisiologie van die staking"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Na raming het die staking wat nou voorlopig opgeskort is, die land regstreeks R1 miljard per dag gekos. Dit kan moontlik meer wees, omdat bereken is dat &#8216;n vorige Cosatu-staking die land R2 miljard per dag gekos het. Voeg hierby die enorme onregstreekse skade wat moontlik uit die hewige negatiewe beriggewing voortgespruit het, en Suid-Afrika kan op die duur &#8216;n ontsettende duur prys betaal.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien uit die ondervinding geleer word, en die land die lesse ter harte neem, kan daar egter ook positiewe vrugte wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party wat vandag sy tiende bestaansherdenking vier, het die problematiek en oplossings soos volg saamgevat:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Selfs in die buiteland word nou reeds daarna verwys dat Suid-Afrika &#8216;n staakseisoen het. Di\u00e9 beeld is baie negatief van Suid-Afrika en moet noodwendig beleggersvertroue knou, afgesien van die skade wat die staking regstreeks aan die land aanrig. Daar moet dus strategies beplan word om stakings die hoof te probeer bied voor dit &#8216;n werklikheid word, eerder as om skouers op te trek, en na die grondwetlike reg om te staak te verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Die gewelddadigheid waarin stakings ontaard en optredes soos om teaterpersoneel uit operasieteaters te sleep om saam te staak is onverskoonbaar en die sterkste moontlike stappe moet teen die skuldiges geneem word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Die konsep van &#8216;n staking waar die beginsel van geen werk, geen betaling geld, balanseer die belange van werkers en werkgewers, en om uitsonderings te maak laat Pandora se boks wawyd oop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Met die groot omvang van werkloosheid, kan die vraag ook gevra word of die regte mense in die eerste plek in diens is as diegene wat matrikulante vlak voor hul eindeksamen in die steek gelaat het, en pasi\u00ebnte laat sterf het, nou met vetter beursies terugkeer werk toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Met Suid-Afrika wat die hoogste meetbare inkomstegaping ter w\u00eareld het, moet daadwerklik daarteen gewaak word dat die persepsies rondom relatiewe deprivasie onbeheerbare vlakke bereik. Dit beteken die regering en politieke ampsbekle\u00ebrs moet &#8216;n voorbeeld stel deur in pas met die werklikheid te leef. Uitspattigheid voed gewoon die klimaat van ongelukkigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          In die strategiese beplanning moet dit nooit weer gebeur dat diegene wat nie op &#8216;n oproep op nasionale belang reageer nie, groot verhogings kry terwyl diegene wat w\u00e9l gehoor gee, dan in &#8216;n toe hand moet vaskyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Korrupsie, die diefstal van &#8216;n land se toekoms, moet sonder aansiens des persoons uitgeroei word, en politieke ampsbekle\u00ebrs wat hulle aan tenderpreneurskap en kleptokrasie skuldig maak, moet uitgewerp word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Kundigheid moet ten alle tye gebruik word. Dit kom voor asof &#8216;n groot deel van die huidige ongelukkigheid te wyte is aan die reuse verhogings wat sommige bestuurslui en kaders ontvang het. Boonop blyk dit dat Eskom se jaarverslag so onsamehangend opgestel is dat &#8216;n foutiewe afleiding gemaak is wat gelei het tot &#8216;n persepsie van astronomiese verhogings vir die instansie se hoe koppe. Di\u00e9 onbevoegdheid het die land ernstige skade laat ly deur persepsies van die welgesteldes verder volprop, met &#8216;n toe hand vir die laag-besoldigdes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander waarnemers en partye sal stellig ook ander sienings en ander aksente h\u00ea, maar hierdie opsomming van die situasie bied heelwat ruimte vir besinning.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/vozduhosborniki-resivery-f6506008\/\">\u0433\u043e\u0440\u0438\u0437\u043e\u043d\u0442\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na raming het die staking wat nou voorlopig opgeskort is, die land regstreeks R1 miljard per dag gekos. Dit kan moontlik meer wees, omdat bereken is dat &#8216;n vorige Cosatu-staking die land R2 miljard per dag gekos het. Voeg hierby die enorme onregstreekse skade wat moontlik uit die hewige negatiewe beriggewing voortgespruit het, en Suid-Afrika &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9386\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die fisiologie van die staking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9386","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9386","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9386"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9386\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9386"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9386"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9386"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}