{"id":9380,"date":"2010-09-08T07:40:52","date_gmt":"2010-09-08T07:40:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9380"},"modified":"2010-09-08T07:40:52","modified_gmt":"2010-09-08T07:40:52","slug":"nasionale-trots","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9380","title":{"rendered":"Nasionale trots"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste opname van Maatskaplike Gesindhede (SASAS) dui daarop dat Suid-Afrikaners die 6de hoogste vlak van nasionale trots in die w\u00eareld het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die eerste instink sal so \u2018n stelling erg gegogga word, onder meer oor die blote vlakke van frustrasie wat aan die ontvang- en uitdeelkant van die nasionale stakings ervaar is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Paar maande gelede, met die w\u00eareldbeker-sokkertoernooi in volle swang, sou so \u2018n bevinding dalk minder vreemd voorgekom het. Selfs net die huidige vertoningslys van die Springbokke sal minstens \u2018n deel van die gemeenskap in sak en as laat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat \u2018n mate van geloofwaardigheid aan die verslag verleen, is dat die land se mense oor die afgelope dekade ongelukkigheid oor aspekte soos werkloosheid, MIV, armoede en veiligheid ervaar het, en in die verslag uitgelig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die interessantheid is die groeiende gewaarwording en ongelukkigheid met korrupsie, en teen hierdie agtergrond is die beplande media-muilband nie vreemd nie. In baie lande sou enige van hierdie aspekte immers hul regerings laat tuimel het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend word ook berig dat die SABC-raad voor druk van die ANC geswig, en die aanstelling van Phil Molefe as nuushoof bekragtig het. Opposisiepartye het dadelik kommer uitgespreek oor die onafhanklikheid van die SABC aangesien Molefe as \u2018n kader met baie nou verbintenisse met die ANC beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer inligting beheer word, is dit in beginsel moontlik om die vorming van persepsies by \u2018n gemeenskap minstens te vertraag, en terselfdertyd deur die voer van gelaaide inligting \u2018n gemeenskap se gesindhede in sekere rigtings te stuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis weens die ho\u00eb vlakke van polarisasie is dit makliker om een gemeenskap teen \u2018n ander af te speel en so die groter \u2013 die stemvee \u2013 in \u2018n illusie van gelukkigheid gekoester te hou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen sal politieke wetenskaplikes en veral politieke sosiolo\u00eb diep moet delf om te verklaar hoe dit moontlik is dat \u2018n land met sy heterogeniteit, ho\u00eb vlakke van geweldsmisdade, veral die grootste meetbare inkomstegapingvlak ter w\u00eareld, taalvertrapping, voortgesette rasbevoordeling wat ander benadeel, \u2018n weermag met wiele wat met kougom vasgehou word, \u2018n lamlendige buitelandse beleid jeens diktators en \u2018n groeiende bewuswording van korrupsie die sesde hoogste vlak van nasionale trots ter w\u00eareld kan geniet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land bied baie, soos van die mooiste natuurskoon in die w\u00eareld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter ook baie vlie\u00eb in die salf, en as hierdie vlie\u00eb nog soustrein ry, is daar \u2018n skroef los.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jongste opname van Maatskaplike Gesindhede (SASAS) dui daarop dat Suid-Afrikaners die 6de hoogste vlak van nasionale trots in die w\u00eareld het. Met die eerste instink sal so \u2018n stelling erg gegogga word, onder meer oor die blote vlakke van frustrasie wat aan die ontvang- en uitdeelkant van die nasionale stakings ervaar is. \u2018n Paar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9380\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nasionale trots&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,21093,10396],"class_list":["post-9380","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-nasionale-trots"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9380","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9380"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9380\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9380"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9380"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9380"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}