{"id":9373,"date":"2010-09-07T07:33:32","date_gmt":"2010-09-07T07:33:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9373"},"modified":"2010-09-07T07:33:32","modified_gmt":"2010-09-07T07:33:32","slug":"renault-stel-nuwe-model-in-rusland-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9373","title":{"rendered":"Renault stel nuwe model in Rusland bekend"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die nuwe Renault Latitude\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/renault-latitude_.jpg\" width=\"251\" \/>Hier is &#8216;n kort oorsig van die afgelope week se motornuus, van nuwe vrystellings tot ontwikkelings op die gebied van brandstofekonomie en uitlaatgasse.<\/p>\n<p><span style=\"text-decoration: underline;\">Renault<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die internasionale motorskou in Moskou, Rusland het die platvorm geskep vir die w\u00eareldwye bekendstelling van die nuwe Renault Latitude. Die motor is die nuwe besigheidsklas-verteenwoordiger van Renault. Volgens Renault is die Latitude net die motor vir mense wat van die fyner dinge in die lewe hou. Die motor is deurspek van ho\u00ebgehaltemateriaal en premium detail wat gewoonlik net in baie meer eklusiewe rygoed beskikbaar is. Die Latitude is daarop gemik om die vlagskip van die Renault-reeks te wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland is die eerste land waar die motor vrygestel word en sal dan ook in 50 ander motormarkte bekend gestel word om as die voorloper van die Renault-reeks te dien. Renault het die Latitude vol luukses soos \u2018n masseerder vir die bestuurders sitplek, \u2018n driedubbele klimaatbeheerstelsel met lugkwaliteitsbeheer. Die Latitude is die enigste motor met di\u00e9 soort stelsel in sy klas. Daar is ook \u2018n sleutellose toegangsbeheerstelsel, Bi-Xenon-hoofligte, \u2018n hele klomp opsies vir die klankstelsel, waaronder \u2018n 3D&nbsp; Arkamys\u00ae&#8221; en \u2018n &#8220;Bose\u00ae Premium\u201d-klank stelsel met digitale koppeling. Die nuwe navigasiestelsel wat in samewerking met Tom Tom ontwikkel is, is ook standaard.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Latitude word toegerus met twee petrolenjins, onderskeidelik \u2018n 2.0L-viersilindereenheid met aanhoudende klepre\u00ebling en \u2018n 2,5L-sessilinder, asook 3,5L-sessilindereenheid met \u2018n 6-Spoed outomatiese ratkas. Daar is ook \u2018n 2,0liter-dieselenjin beskikbaar met of 110 Kw vir die laedrukeenheid of 127 Kw vir die ho\u00ebdrukeenheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Latitude is \u2018n groot motor met afmetings van byna 5 meter in lengte en 1,83 meter breed. Die bagasiebak <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> \u2018n enorme 477 liter se bagasie hou. Daar is ook \u2018n panoramiese sondak en LED-liggies wat die motor \u2018n baie moderne voorkoms gee. Die binneruim is vol chroominsetsels en leer in \u2018n keuse van room of donkerbruin of swart. Natuurlik is die Latitude deurspek met veiligheidstelsels soos ABS en EBD vir die remme, ESC wat die stabaliteitsprogram is en 8 aanpasbare lugsakke. Die Latitude sal vanaf einde September in Rusland te koop wees en word by die Paryse motorkou aan Europa bekendgestel; ons verwag die Renault Latitude binnekort daarna in Suid-Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Citro\u00ebn<\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Citroen se splinternuwe C4 het so pas ook die gesogte 5 sterre in die Euro N-Cap veiligheidstoetse behaal. Met \u2018n telling van 97% het die C4 die hoogste telling ooit vir sy bystandstelsel ontvang. Een van die stelsels wat gesorg het dat die C4 so \u2018n ho\u00eb telling kry, is die sogenaamde eTouch-stelsel wat die motor monitor en afhangende van die land \u2018n 24-uurdiens lewer deur \u2018n ge\u00efntegreerde SIM-kaart soortgelyk aan die een in jou selfoon. Die stelsel verseker spoedige bystand deur nooddienste deur presiese navigasie na die voertuig wanneer \u2018n ongeluk of noodtoestand ontstaan of selfs wanneer die bestuurder \u2018n ongeluk sien of \u2018n noodtoestand sien gebeur. Of dit nou in ons ou landjie sal werk, sal net die vet ministers in hulle groot X5-we <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> beantwoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Ford<\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ford het die DSFL (Driving Skills For Life)-skema plaaslik van stapel gestuur. Die skema het ten doel om die padveiligheid op ons paaie te verbeter en sommer terselfdertyd die ekonomiese bestuurstegnieke aan motoriste oor te dra. Die kursus is \u2018n vermenging van klasgebaseerde onderrig en praktiese tegnieke op die pad. Die program sal aanvanklik aan vlooteienaars, Ford-handelaars en Ford-werknemers beskikbaar wees en daarna aan die bre\u00eb publiek. Baie ander soortgelyke bestuurskursusse bestaan met die verskil dat dit meer gemik is op werkverrigting en die veiligheid van die insittendes en nie soseer gaan oor die impak wat die bestuurder se bestuurstyl op die omgewing het nie. Die groot verskil tussen hierdie bestuurskursus en die ander is ook dat die Ford-kursus vir almal bekikbaar is; dit maak nie saak of jy \u2018n Ford-eienaar is of nie. Mooi so Ford!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander nuus uit die Ford-stal is die bekendstelling van die lang verwagte Ford Focus RS. Die RS bou voort op \u2018n byne 40-jaartradisie van RS-modelle. Hierdie is \u2018n regte sakmissiel, met 224 KW se krag en 440Nm se wringkrag wat deur die 6-spoedhandratkas deur die voorwiele na die pad deurgegee word. Daar is min indien enige ander motors in sy klas wat naby aan die werkverrigting van die Fordjie kom. Die RS maak gebruik van \u2018n 2,5L Duratec-enjin. Werkverrigting is 5,9 sekondes van rus tot 100 km\/u en 263 km\/u topspoed, eina! Net om ook omgewingskorrek te wees, behaal die RS 225 CO2 g\/km. Daar is \u2018n 5-jaardiensplan ingesluit by jou R479 000 wat jy sal moet opdok om die RS naby jou huis te bring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Bentley<\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bentley se manne in Crew, Engeland het so pas \u2018n Afrikaweergawe van hulle Bentley Continental Flying Spur bekendgestel. Die motor is eklusief aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Daar sal \u2018n totaal van 5 motors gebou word; dit is nou werklik eklusief hoor. Twee weergawes van die \u201cFlying Spur Africa\u201d sal beskikbaar wees. Die eerste is die Continental Flying Spur Africa en dan die Continental Flying Spur Speed Africa, nogal \u2018n snaakse konsep as \u2018n mens dink dat spoed en Afrika &nbsp;nogal nie hand aan hand gaan nie. Die Speed-weergawe is amptelik die vinnigste vierdeursedanmotor ter w\u00eareld. Al twee die Afrikamodelle sal onderskei word deur Afrikawapentjies buite en Afrikamotiewe binne, nog \u2018n konsep wat moeilik is om te verstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die standard Flying Spur Africa word aangedryf deur \u2018n W12-enjin van 6L wat die groot Bentley tot 312km\/u kan aandryf, die Speed-weergawe kan selfs vinniger teen 322km\/u. Die prys? Wel, soos hulle altyd s\u00ea, as jy die prys wil weet, <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> jy hom nie bekostig nie. Volgens Rens Rademeyer, algemene bestuurder van Bentley in Suid Afrika is die motors spesiaal beskikbaar aan uitgesoekte sakelui wat die land se toekomstige pioniers is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/domkraty_podkatnye_pnevmnogidravlicheskie\/\">\u0432\u043e\u0440\u043e\u043d\u0435\u0436 \u0434\u043e\u043c\u043a\u0440\u0430\u0442\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is &#8216;n kort oorsig van die afgelope week se motornuus, van nuwe vrystellings tot ontwikkelings op die gebied van brandstofekonomie en uitlaatgasse. Renault Die internasionale motorskou in Moskou, Rusland het die platvorm geskep vir die w\u00eareldwye bekendstelling van die nuwe Renault Latitude. Die motor is die nuwe besigheidsklas-verteenwoordiger van Renault. Volgens Renault is die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9372,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-9373","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9373","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9373"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9373\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9372"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9373"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9373"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9373"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}