{"id":9367,"date":"2010-09-06T07:48:27","date_gmt":"2010-09-06T07:48:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9367"},"modified":"2010-09-06T07:48:27","modified_gmt":"2010-09-06T07:48:27","slug":"van-bobbejane-en-skape-en-die-vrystaatse-middernagson","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9367","title":{"rendered":"Van bobbejane en skape en die Vrystaatse middernagson"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die omvang van veediefstal in sekere dele van die land laat Herrie dink aan die boer wat moedeloos op sy stoep sit en \u2018n stywe dop maak. Met di\u00e9 trek daar \u2018n trop bobbejane verby, die kieste bolgeprop van die boer se mielies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa!\u201d skree hy vir die kese, \u201ceen van die dae het die plaas onder jul sekelsterte uitgesuip!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou verstaan Herrie die mieliepryse is so laag die boere gaan verliese maak weens oorproduksie. Dus klink dit vir Herrie, hoe meer die Adonisse vasl\u00ea, hoe meer&nbsp; spaar die boer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar voor iemand hom nou op Herrie se syfers verlaat, Herrie het in matriek met \u2018n tweede probeerslag darem \u2018n F vir wiskunde losgeslaan. Volgens Einstein se relatiwiteitsteorie het Herrie relatief tot internasionale standaarde geen syferaanleg nie. Relatief tot \u2018n grootbek snotkopleier, is Herrie \u2018n syfergenie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan het Herrie nogal nie twee linkerhande met houtwerk ook nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja nee, boere het dit nie altyd so maklik nie. Vir die boere bestaan daar ook \u2018n middernagson. Ongelukkig \u2018n onsigbare middernagson. Vir jare, as die veld in die middel van die nag aan die brand slaan, het die polisie vertel dis die son wat so op stukke glas skyn, en die dro\u00eb gras laat vlamvat. Snaaks, hoe die son so in die middel van die nag die veld met sulke kort tussenposes op verskillende plekke aan die brand kan steek. Op die een of ander manier weet plaasaanvallers ook nou wanneer die son hierdie middernagtelike kaperjolle gaan uithaal, en is \u2018n paar plaasmense al op hierdie manier uit hul huise gelok en vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae, so lyk dit vir Herrie, is die son minder dikwels skuldig en word meer gereeld bransdstigting vermoed. Minstens een brandstigter is ook al vanjaar gevang en gevonnis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By Herrie se huis weet hy al lankal om na gereedskap as gereedskap te verwys, is min of meer soos om die dooilike hond in een van Jan Spies se stories Waaksaam te genoem het. Want by die Herries is dit eerder wegskap. Op plase, kry gereedskap self voete en dros. Skoonveldskap. Terwyl inbrake die Vrystaatse boere jaarliks sowat R7 miljoen kos, is die verliese aan skoonveldskap R44 miljoen. Dit is amper twee keer soveel as gesaaides wat deur hael en ander natuurrampe vernietig word. Maar die sowat R170 miljoen se veediefstalle en gewasdiefstalle deur die bobbejane en hul tweebenige maters maak dit heel duidelik hoekom die boer so moedeloos agter die bobbejane aangeroep het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk, deur genetiese verbetering is al groot verbeterings met mielies gemaak \u2013 mielies wat \u2018n baie groter opbrengs met amper geen re\u00ebn nie kan lewer. Maar met die mielies wat so mik-mik vir oorproduksie, kan die slim manne dalk hul talente spandeer om skape te te\u00ebl wat veediewe aanval en verniel. Herrie meen \u2018n boer sal skaars \u2018n mooier gesig kan aanskou as \u2018n veedief wat die rieme neerl\u00ea met \u2018n skaap met yslike slagtande wat aan sy sitvlak hang.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\">\u0434\u0435\u0442\u044f\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die omvang van veediefstal in sekere dele van die land laat Herrie dink aan die boer wat moedeloos op sy stoep sit en \u2018n stywe dop maak. Met di\u00e9 trek daar \u2018n trop bobbejane verby, die kieste bolgeprop van die boer se mielies. \u201cJa!\u201d skree hy vir die kese, \u201ceen van die dae het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9367\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Van bobbejane en skape en die Vrystaatse middernagson&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8017,21092,10387],"class_list":["post-9367","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-herrie-se-kerrie","tag-rubrieke","tag-van-bobbejane-en-skape-en-die-vrystaatse-middernagson"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9367","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9367"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9367\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9367"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}