{"id":9364,"date":"2010-09-06T06:28:35","date_gmt":"2010-09-06T06:28:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9364"},"modified":"2010-09-06T06:28:35","modified_gmt":"2010-09-06T06:28:35","slug":"zuma-bly-hy-of-gly-hy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9364","title":{"rendered":"Zuma: Bly hy of gly hy?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vir  ongeveer \u2018n jaar lank verskil meningsvormers en kommentators oor die vraag: Is  pres. Jacob Zuma se kierankies besig om uit te braai, of  nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor sal nog kopstukke kopgestamp  word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die een hoek is mense wat stewige argumente opper oor waarom die eindfluitjie  besig is om vir Zuma te blaas. Die argumente is so geldig soos toe Willem  Jordaan, adjunk-redakteur van Die Burger, die eerste  keer hieroor geskryf het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat meen daar is nog \u2018n tweede termyn vir Zuma in die  vooruitsig, meen sy doemprofete pas westerse  maatstawwe op Suid-Afrika toe. Hierdie argumente blyk ook in die kol te wees  soos meningspeilings wat op groot gewildheid vir die president dui.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min  mense, enige plek ter w\u00eareld, sou daarin kon slaag om as effektief ongeletterde,  met \u2018n geskiedenis van ernstige hofsake agter die blad, tot president te vorder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma  se grootste bate, so blyk dit, is om alles aan almal te belowe, en daarmee  geloofwaardigheid te behou, al bots die beloftes ook hoe erg. Uit die ou stamtradisie is \u2018n hoofman as \u2018n goeie hoofman beskou as hy  saans van familievuurtjie tot familievuurtjie beweeg en aan die uitgebreide families  vertel wat hulle wil hoor. Die afwesigheid van \u2018n media wat oor alles berig wat  die hoofman s\u00ea, het daartoe bygedra dat almal gelukkig kon wees, al het die  hoofman in sy rondte ook erge teenstrydighede  kwytgeraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma  het nie di\u00e9 luukse nie \u2013 of het dit nog nie. Maar hy sal steeds by Julius Malema se geboortedorp aan  die mense vertel Malema is \u2018n toekomstige president  van die land, en by Bultfontein se boertjiefees  heerlik saamkuier en aandui di\u00e9 geleentheid sal  jaarliks deel van sy dagboek uitmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  RSG se program, Kommentaar, het die jongste groep deelnemers egter by voorbaat  skeptisisme uitgespreek of dit wat Zuma met die mond beloof, in ooreenstemmende  dade van sy ministers en amptenare gaan neerslag vind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma  se mediavakansie is verby, iets waarvoor hy ook  grootliks net homself kan blameer deur die ANC se mediabeperkingsplanne. Hy kan nou nie meer op \u2018n media reken  wat politiek korrek sal swyg wanneer teenstrydighede en verbreekte beloftes sou  blyk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  iemand nog getwyfel het oor of Zuma hoegenaamd in \u2018n tweede termyn sou  belangstel, dan het pogings om hom opnuut oor sy Shaik-bande te laat vervolg en sy reaksie daarop alle twyfel  uit die weg geruim. Sy presidentskap word in effek as vernaamste verweer geopper  oor hoekom die saak nie heropen moet word nie. Hoe langer hy in die stoel bly,  en daarna dalk selfs \u2018n poppemeester vanuit Lethuli-huis die septer swaai, hoe skraler word sy kanse om  sy dag in die hof te kry. Daar is immers reeds \u2018n groot magsoordrag van regeringsake na Lethuli-huis aan die gang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of  die teenspoed Zuma se einde sal beteken of verhaas, sal die tyd leer. Een van  die probleme waarmee Zuma se teenstanders te kampe het, is dat Zuma tipies van  outokratiese leiers nie toelaat dat bekwame en dinamiese leiers in sy skadu  groei nie. Niemand staan nou werklik uit as \u2018n lewensvatbare alternatief nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommentators wys wel daarop dat adjunk-president Kgalema Motlanthe opnuut besig is om presidensie\u00ebl op te tree. Sy naam duik ook al hoe meer in  die media op as die man wat die land de facto, veral vanuit die parlement  bestuur. Oor hoe goed hy in Lethuli-huis ingegrawe is,  is egter minder duidelikheid.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/gidroakkumulyatory\">\u0433\u0438\u0434\u0440\u043e\u0430\u043a\u043a\u0443\u043c\u0443\u043b\u044f\u0442\u043e\u0440 \u043a\u0438\u0435\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir ongeveer \u2018n jaar lank verskil meningsvormers en kommentators oor die vraag: Is pres. Jacob Zuma se kierankies besig om uit te braai, of nie? Hieroor sal nog kopstukke kopgestamp word. In die een hoek is mense wat stewige argumente opper oor waarom die eindfluitjie besig is om vir Zuma te blaas. Die argumente is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9364\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma: Bly hy of gly hy?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,6723,21093,10383],"class_list":["post-9364","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-jacob-zuma","tag-s7-menings","tag-zuma-bly-hy-of-gly-hy"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9364"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9364\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}