{"id":935,"date":"2007-10-03T06:18:06","date_gmt":"2007-10-03T06:18:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=935"},"modified":"2007-10-03T06:18:06","modified_gmt":"2007-10-03T06:18:06","slug":"amanda-gouws-se-selfhaatpolitiek-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=935","title":{"rendered":"Amanda Gouws se selfhaatpolitiek 2"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sy beskryf dit so: &ldquo;Indien jy hieraan [volkstrots] wou ontsnap, moes iets langs die pad gebeur het om jou aan die politiek van Afrikanerskap te laat twyfel.&rdquo; Liberalisme is dus nie iets wat die gevolg is van die nugtere ontleding van feite, agtergronde, geskiedenis en staatkundige werklikhede nie. Dit is die resultaat van &#8216;n persoonlike krisis. Die genesing daarvoor is eweneens &#8216;n persoonlike trauma &ndash; soos om in &#8216;n parkeergarage verkrag te word of langs jou braaivleisvuur deur &#8216;n rowerkoe&euml;l verlam te word. (Let op dat Gouws aanvoer dat jy nie &#8216;n liberalis kan word sonder &#8216;n persoonlike krisis nie. Al sou jy &#8216;n liberalis w&oacute;&uacute; word, moes jy noodgedwonge w&aacute;g totdat iets onaangenaams met jou gebeur. Gebeur dit nie, nou ja, jammer vir jou. Jy sal maar &#329; goeie, produktiewe Afrikaner vol volkstrots en eerbied vir jou meerderes moes bly.)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Amanda Gouws het self darem die geleentheid gehad om haarself van enige trots en sekerheid te stroop. &#8216;n Nare ervaring het haar die kosbare kans gebied om haarself uit die ontfermende gemeenskap van haar eie mense te verwyder na die ingeteelde intellektuele omgewing van agterdogtige en selfveragtende mense. Soos sy dit vertel, het die groot oomblik iewers in 1983-84 aangebreek toe sy &ldquo;as &#8216;n jong dosent aan die Universiteit van die Noorde gedoseer het&rdquo;. (Hmmm, nou weet ons: &#8216;n Dosent doseer. En vir daardie insig s&ecirc; ons vir professor Amanda Gouws&nbsp; dankie.) <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die weermag,&rdquo; skryf sy somber, &ldquo;het &#8216;n basis op die kampus gehad en daagliks die akademiese vryheid en vryheid in die algemeen bedreig. Studente wat van politieke aktiwiteite verdink is, is uit klasse gehaal terwyl ons klasgegee het. Hulle is buite met swepe geslaan en bloeiend teruggestuur.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gekonfronteer deur di&eacute; roerende vertelling, ontvlam daar hewige emosies in my. Dit laat my hart warm klop oor troepe wat doerietyd nog genoeg beroepstrots gehad het om hulle werk deeglik en met oorgawe te doen. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gouws is nie ewe aangedaan oor di&eacute; onbesonge helde se geesdrif nie. Sy is skoon verontwaardig dat die S.A.W. hoegenaamd kon inmeng met sulke tradisionele studentekaskenades soos aanhitsing tot moord, aanranding en vandalisme. &#8216;n Mens lei af dat sy besonder erg was oor die reuk van afgebrande lesinglokale in die oggend. Blykbaar het niks haar akademiese sappe so opgeklits soos die aanskoue van &#8216;n halssnoermoord tussen periodes nie. As die weermag net nie sy neus in ander mense se sake wou steek nie, wie weet, dalk was Amanda Gouws vandag nog &#8216;n ordentlike, selfrespekterende Afrikaner. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As ek wel enige kritiek teen die troepe se optrede het, is dit dat hulle dalk die verkeerde belhamels vir lyfstraf uitgekies het. Enige akademikus wat kan skryf van &#8216;n &ldquo;dosent wat doseer&rdquo; verdien eerder om met &#8216;n sweep geslaan te word. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar&#8230; dis juis die melding van daardie swepe wat my laat dink dat sy &ndash; ongelukkig &ndash; net ons been trek. Kyk, ek, anders as Armsalige Amanda, w&aacute;s in die weermag. Daar het ek ervaring opgedoen met &#8216;n wonderlike en omvattende versameling voorwerpe waarmee jy jou medemens kan slaan. Jy het jou batterykabel, jou sleepstang, jou balsak met &#8216;n strykyster in, jou strykyster net so, jou tokkeltou, jou sleeptou, jou tenttou, jou tentpaal, jou tentpen, jou varkpan, jou mortier se grondplaat, jou asblikdeksel, jou graaf, jou byl, jou pik, jou piksteel, jou bylsteel&#8230; Jy k&oacute;n iemand met jou geweer slaan &aacute;s jy met &#8216;n R1 uitgereik is. Di&eacute; het darem &#8216;n bekwame stuk kolf gehad. &#8216;n R4, nou weer, het &#8216;n tengerige opvoukolf gehad en het glad nie lekker geslaan nie. Maar die een ding wat ek nooit &ndash; nie eens een keer &ndash; in die weermag gesien het om mee te slaan nie, was &#8216;n sweep. Die weermag was, so ver ek kon vasstel, sweepvry.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Voorts het ek met van my ou kamerade gepraat en hulle het saam net soveel swepe as ek in die weermag gesien. Hulle stem saam dat daar een implement is wat bo enige ander vertrou is om blou kolle, knoppe en gebreekte ribbes mee toe te dien: Die getroue nommer-9 stewel. As sy vertel het van &#8216;n snedige, ondankbare, vernielsugtige studentesot wat aan sy strot gegryp is en buite die lesinglokaal te gronde gewerp is waar die blou badinges uit hom geskop is, sou ek &#8216;n sekere lewensgetrouheid daarin herken het. Maar swepe? Hie-HA! Vertel my nog een. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dus, die sweepstorie glo ek nie. Wanneer Amanda Gouws haar weergawe van di&eacute; traumatiese gebeure afsluit deur onheilspellend te dreig dat &ldquo;hierdie geskiedenis&#8230; nog opgeskryf&rdquo; moet word, lei ons af dat sy &ndash; wanneer sy nie meer &#8216;n dosent is wat doseer nie &ndash;&ndash; &#8216;n skrywer gaan word wat skryf; fiksie skryf.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit sal nie die eerste keer dat sy die akademie verlaat het om &#8216;n skrywer (wat skryf) te word nie. Nadat sy so getraumatiseer is deur die troepe wat haar studente se gesonde oeboentoe-gedrewe moordlus getemper het, het sy &#8216;n toevlugsoord gesoek waar sy haar splinternuwe gevoelens van volksverraad kon gaan vertroetel. Blykbaar het sy &#8216;n keuse gehad tussen Weskoppies en die redaksiekantoor by <em>Die Vrye Weekblad<\/em>. So gaan sit sy toe aan die voete van die Groot Teepot, Max du Preez homself. &#8216;n Mens kan nie help om te voel dat sy verkeerd gekies het nie. Die inwoners van Weskoppies is minder psigoties, meer kleurryk en bedeel met &#8216;n nugterder politieke begrip. Party van hulle het selfs &#8216;n sin vir humor, iets wat tragies ontbreek by die&nbsp; pruimerige Du Preez.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Amanda Gouws self het skynbaar &#8216;n sin-vir-humor-onderbreking gehad wat nou al meer as twee dekades strek. Ek het di&eacute; dame nog nooit gesien nie en vir al wat ek weet is sy &#8216;n blonde, mollige, spelerige ou mosbolletjie en is dit net haar skryfstyl wat &#8216;n bolla, plooie en &#8216;n kenmoesie met drie lang, swart hare in het. Tipiese Afrikaner-liberalis wat sy is, het sy &#8216;n &ndash; begrypbare &ndash; obsessie met Afrikanerskap. Dit is soortgelyk aan die weeskind se aandrang om sy biologiese ouers te vind. &#8216;n Mens is uiteraard obsessief oor d&iacute;t waardeur jy verwerp is, al sou hierdie verwerping op jou eie aandrang en deur jou eie toedoen wees.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Behep met Afrikanerskap soos wat sy is en met die heiligste van alle liberalistiese aksiomas &ndash; alles is die Afrikaner se skuld &ndash; vooropgestel, skryf Amanda Gouws toe &#8216;n rubriek waarin sy Afrikaners verwyt vir hulle beheptheid met Afrikanerskap (!). Dit is een van daardie aftiklysierubrieke. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit blyk dat Naspers &#8216;n rubriekskrywer se polities korrekte ywer aan die hand van &#8216;n aftiklysie merk. Vir elke keer wat jy die Afrikaner beledig, kry jy een punt. As jy histeries daarop aandring dat hy sommer net verdwyn, kan jy soveel as tien punte kry. Verder kry jy punte vir kwylende lofsange oor die Nuwe Suid-Afrika en patriotiese uitsprake oor die onderbroekvlag en Nkosi Sikelele. Standaardpunte word toegeken vir oproepe tot &ldquo;nasiebou&rdquo;, &ldquo;begrip vir ander kulture&rdquo; en &ldquo;oeboentoe&rdquo;. Jy word ook toepaslik&nbsp; beloon vir elke keer wat jy &#8216;n goeie Afrikaanse uitdrukking ignoreer ter wille van &#8216;n Engelse een, veral as jy moeite doen om dit nie eens in aanhalingstekens te skryf nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jy kan ook bonuspunte kry as jy begrippe inwerk soos &ldquo;transformasie&rdquo;, &ldquo;blanke skuldgevoelens&rdquo;, &ldquo;integrasie&rdquo; en &ldquo;inklusiwiteit&rdquo;. &#8216;n Woord se punte word aangepas afhangende van die hitte wat dit op daardie presiese oomblik in Naspers se Endl&ouml;sungsprogram vir die Afrikaner opwerk. Die huidige gloeiwoord is &ldquo;identiteitspolitiek&rdquo;, &#8216;n onsinnige liberalistiese konstruksie waaruit Amanda Gouws se soort &#8216;n sekere filosofiese verontwaardiging probeer opkook. Striemende aanvalle op die Afrikaner se taal, kultuur, kerk, prestasies en gewese weermag is altyd goeie punte werd. Jy kan ook bonusbonuspunte kry as jy die regte mense ophemel en, sou jy onthou om vir Dan Roodt te beledig, kry jy A++. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Amanda moes goed gevaar het met haar rubriek. Dit is alles daar: Die volgehoue iesegrimmigheid teenoor die Afrikaner (tik af), die kritiek op &ldquo;identiteitspolitiek&rdquo; (tik af), die kniebuiging met die teken van die kruis in die verhewe Max du Preez se rigting (tik af), valse getuienis teen die ou S.A.W. (tik af), die besoedeling van Afrikaans met minderwaardige Engelse uitdrukkings (tik af), dwarsklap vir Dan Roodt (tik, tik, tik, tik af).<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sy begin haar relaas met &#8216;n belydenis van sulke ontsaglike onkunde dat dit &#8216;n mens laat vermoed dat dit elke dag die eerste April is in die Burger se redaksiekantoor. &ldquo;Ek wonder,&rdquo; skryf sy, &ldquo;of in die w&ecirc;reld een ander bevolkingsgroep is wat s&oacute; behep is met sy identiteit soos wit Afrikaners.&rdquo; Hierdie, uit die pen van &#8216;n &ldquo;professor in politieke wetenskap&rdquo;, is &ndash; bo en behalwe die sintaktiese onbeholpenheid &ndash;&nbsp; niks minder as &#8216;n daad van akademiese insolvensie nie. Dis &#8216;n idiotiese geprewel op die vlak van &#8216;n wiskundige wat wonder of daar hoeke in meetkunde is of van &#8216;n musikus wat nie kan onthou of daar note in &#8216;n toonleer is nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die hele studieveld van politieke &ldquo;wetenskap&rdquo; is gemonteer op die voetstuk van groepsidentiteit. Hierdie soeke na identiteit en die bevrediging daarvan in die herkenning van jou volk is &#8216;n basiese sosiologiese en biologiese ingesteldheid van die mens en is &#8216;n eienskap van elke volk, van die Afghaan tot die Zoeloe en al die letters tussenin. Sonder hierdie &ldquo;beheptheid&rdquo; met identiteit is daar geen volk nie. Sonder die volk is daar geen staat nie. Sonder die staat is daar nie politiek nie. Sonder&nbsp; politiek is daar nie &#8216;n vak soos politieke wetenskap nie en sou Amanda ander werk moes kry, soos om &#8216;n sjef te word wat wonder of daar eiers in &#8216;n omelet is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit is nie net die professor se akademiese onderrok wat uitsteek nie. Sy het &#8216;n Freudiaanse onvermo&euml; om haar vooroordele te verbloem, selfs binne die omvang van haar pseudo-intellektuele meningstuk. &ldquo;&#8230; terwyl ek nou op hierdie vervelige punt [die identiteit van wit Afrikaners] is,&rdquo; skryf sy, &ldquo;laat ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi.&rdquo; Vir die sielsgesonde Afrikaner is hierdie identiteit &#8216;n ligtoring in &#8216;n donker nag, &#8216;n skuiling teen globale storms, &#8216;n gemoedelike, ontfermende, omvattende vesting. Vir Amanda Gouws se soort is dit &ldquo;&#8217;n vervelige punt&rdquo;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alhoewel sy ons met haar eie standpunt dreig, is haar beloofde &ldquo;stuiwer in die armbeurs&rdquo; &#8216;n munt wat sy by haar ghoeroe gaan leen het. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ek stem saam met Max du Preez,&rdquo; kondig sy aan, en &#8216;n mens luister vir die tromgeroffel. Simbale! Trompette! Pouke! Jy wag vir die magtige koor om uit die dieptes en uit die hoogtes saam te swel in &#8216;n skrikwekkende crescendo in iets soos&#8230; soos die Dies Irae &ndash; Dag van Wraak! &ndash; uit Verdi se Requiem&#8230; want watter aardbolkantelende uitspraak van die enigste joernalistieke god van Suid-Afrikaanse Afrikaanse liberalisme &ndash; en Amanda is sy profeet &ndash; gaan sy nou aanhef? <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hou jou hand voor jou o&euml; dat al di&eacute; insig nie korneas wegskroei nie, klou aan die lamppaal vas sodat die ontsaglike krag van die Du Preez-intellek jou nie eenvoudig van jou voete af waai nie. Hier dan, in alle onverdunde glorie, is die Groot Kennis wat sy met soveel ontsag oordra: Dit is &ldquo;dat &#8216;n mens (dit is nou die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is) jou Afrikanerskap&nbsp; met moedersmelk ingekry het deur die praatjies tuis, die leer van nasionalisme in die skool en die preke Sondae in die kerk&#8230;&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wraggies, n&egrave;? Met watter ander ontsaglike insigte stem Amanda Gouws saam? Dat die gemiddelde mens se middelvinger sy langste vinger is, dat die meeste jare 365 dae bevat, dat Dinsdag tussen Maandag en Woensdag kom en dat koeie meer melk as bulle gee? Ja&#8230; en&#8230; is daar nog iets? <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Natuurlik is ons Afrikaners as kinders geleer om ons volk te waardeer, ons ouers te respekteer, ons voorouers te eerbiedig en om trots op ons taal te wees. Hierdie lofwaardige program is inderdaad in die skole voortgesit en, omdat nasionalisme met die evangelie versoenbaar is, is dit moontlik met geleentheid van die preekstoel af versterk. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar Amanda se weergawe van Max se Groot Gedagte is nie net nuus uit Kentaborrie nie, dit is ten dele absurd&nbsp; (sy identifiseer &#8216;n mens as &ldquo;die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is&rdquo;) en selfs skreiend onkundig. Jong mans, staaf sy plegtig, is in die weermag met Afrikanerskap ge&iuml;ndoktrineer. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En ek dog sy was in aanraking met elemente van die S.A.W? Want, en ek gee jou &#8216;n brief, as sy enige weermagpeloton vir langer as vyf minute dopgehou het, sou sy agtergekom het dat Afrikanerskap &#8216;n uiters onderbeklemtoonde faktor in die S.A.W. was. Die deurlopende klem was op Suid-Afrikaanse patriotisme. Binne die raamwerk van blanke, manlike identiteit was daar geen toegewings vir herkoms, geloof, kultuur of selfs seksuele ori&euml;ntering gemaak nie. Daar is geen onderskeid getref of afbakenings gemaak nie. Christen, Jood en klipheiden is saam gemeng. Lesings is volgens staande orde om die helfte in Engels en Afrikaans ingedeel. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Duidelik was Henry Jeffreys te besig om agteroor te leun in die redakteurstoel wat hy nie verdien het nie, met sy reggestelde voete op sy bemagtigde lessenaar. Daarom het hy nagelaat om &#8216;n nuttige aanwysing op sy aftiklysie vir rubriekskrywers aan te bring: MAAK SEKER VAN JOU FEITE. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Professor Gouws het nie net die tipiese liberalis se onge&euml;rgdheid teenoor feite nie; sy het ook &#8216;n diepliggende, neurotiese afkeur in haar eie taal en dit wys in die vieserigheid waarmee sy Afrikaans skryf. Maar wat skeel dit haar? Dis nie asof Henry Jeffreys &#8216;n regte redakteur is nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hei, kyk, Naspers slaan die Regstellende Aksie-trom met ylende geesdrif en hulle kan nou nie juis weier om self daaraan mee te doen nie. Ek verstaan dit. En ek weet dit verduidelik Henry Jeffreys se aanstelling as redakteur by <em>Die Burger<\/em>. Daarom sal dit vergeefs wees om van hom te verwag om nou eintlik regte redakteursdinge te doen. Maar, asseblief!, daar moet tog sekerlik iewers, iemand by <em>Die Burger<\/em> wees wat behoorlik gebelgd is oor die stilistiese gebreke van Amanda Gouws se prosa. Oorweeg die volgende sin van haar: &ldquo;Diegene wat so voel (dit sluit op sy ekstreme in mense soos Dan Roodt en baie van diegene wat op LitNet skryf), benodig &#8216;n sense of belonging om hulself te kan uitleef.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kyk net na daardie &ldquo;diegene&rdquo;, &#8216;n woord wat sy myle wys en wat veral stokkerig word as dit tw&eacute;&eacute; keer in afsonderlike dele van een sin gebruik word. Wat van daardie onsmaaklike &ldquo;sluit op sy ekstreme in mense soos&#8230;&rdquo; in plaas van &ldquo;sluit op sy ekstreme mense in soos&#8230;&rdquo;? &ldquo;Hulself&rdquo; is stram in vergelyking met die meer gewone &ldquo;hulleself&rdquo; maar die vrou is duidelik te lui om &#8216;n ekstra &ldquo;l&rdquo; en &ldquo;e&rdquo; te tik. En is dit regtig vir haar nodig om so taalkundig te hoereer deur die aanwending van die gruweluitdrukking &ldquo;sense of belonging&rdquo;? <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Laaste keer wat ek gekyk het, doen <em>Die Burger<\/em> homself voor as &#8216;n Afrikaanse koerant. Is &ldquo;&#8217;n sense of belonging&rdquo; dan Afrikaans? Die Afrikaanse speltoetser op my woordverwerker keur nie die eerste drie woorde af nie. Daar is sulke woorde in Afrikaans. &ldquo;Sense&rdquo; kan die meervoud wees van &ldquo;sens&rdquo;, die oesinstrument wat soos &#8216;n groot haaitand op &#8216;n steel lyk; die een wat deur daardie vergestalting van die Dood, die Iesegrimmige Stroper, gedra word. Maar wat doen ons dan met &ldquo;belonging&rdquo;? My speltoetser trek &#8216;n verergde, rooi riffelstreep daaronder. Is dit &#8216;n nuutskepping: Om iemand met longe toe te deel? Bedoel Amanda Gouws regtig Dan Roodt moet &#8216;n langsteelsekel en ekstra longe kry om homself te kan uitleef? <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek sou dink iemand soos Henry Jeffreys sal meer baat daarby vind. Die ekstra longe kan hy gebruik om op Amanda Gouws te skree om haar feite na te gaan en om iewers te leer Afrikaans praat. Met die sens kan hy, oorweldig deur &#8216;n gevoel van skande omdat hy &#8216;n werk aanvaar het wat hy nie kan doen nie, rituele selfmoord gaan pleeg aan die voete van Onze Jan Hofmeyr se standbeeld.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nou goed, ons weet dat haar &ldquo;sense of belonging&rdquo; nie Afrikaans is nie. Ons is al gekondisioneer deur die intellektuele lamsakkigheid van Naspers se skrywers en die onge&euml;rgdheid van die redakteurs. Amanda Gouws het die eerste frase wat in haar kop gekom het, net so neergeskryf en ongelukkig was dit in Engels. Sy was net te lui en haar minagting van haar lesers net so oorheersend dat sy nie moeite gedoen het om &#8216;n werkbare Afrikaanse teenvoeter vir &ldquo;sense of belonging&rdquo; te konstrueer nie. &#8216;n Paar oomblikke se gevroetel tussen die semantiese implemente wat in elke skrywer se verstand moet rondl&ecirc;, kon haar gelei het om, byvoorbeeld, te praat van &#8216;n &ldquo;inpassingsgevoel&rdquo; of &ldquo;behoefte om tuis te voel&rdquo;. Dit stel selfs my speltoetser tevrede. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar nie net kan die vrou nie praat of skryf nie, sy kan ook nie dink nie. Sy is een van die nuwe treksel akademici. Hoe dink jy het sy haar professoraat bekom? Deur haar skranderheid? By die Universiteit Stellenbosch? Nee, sy is &#8216;n politieke hoer op die vlak van Marthinus van Schalkwyk, ewe veel &#8216;n regstellende aksie-begenadigde as Henry Jeffreys. Ek sal dit nie s&ecirc; as ek dit nie kan bewys nie. Amanda Gouws is &#8216;n hopelose akademikus, o&euml;nskynlik nie in staat tot enige ferm vertrekpunte, samehangende gedagtes en logiese gevolgtrekkings nie. Ek bied as bewysstuk voor julle, liewe lede van die jurie, &#8216;n rubriek van professor Amanda Gouws, met die titel: <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Stories\/Opinion\/Columns\/14.0.2635446347.aspx\">Ons beheptheid met Afrikanerskap<\/a><\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">.<\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<h4><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/GSVsw.JPG\" width=\"94\" height=\"114\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> &#8216;n Dosent doseer, &#8216;n skrywer skryf&#8230; en &#8216;n politieke hoer?<\/span><\/h4>\n<p>Lees ook <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.org\/mambo\/index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=977&amp;Itemid=37\">Deel 1:&nbsp; Naspers se teringkuggie<\/a><\/p>\n<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Amanda Gouws is &#8216;n polities onwetenskaplike professor in politieke wetenskap en &#8216;n Afrikaanse skrywer met weinig agting vir Afrikaans of ordentlike taalgebruik. Met ander woorde, sy het presies die stoffasie waarvan Naspers-rubriekskrywers gemaak word. Henry Jeffreys is die Burger se regstellend-aangestelde kleurlingredakteur. Hy het &#8216;n onblusbare voorliefde vir rubriekskrywers met papperige opvattings en &#8216;n hekel in taalkunde. Daarom keur hy toe &#8216;n ondeurdagte, neulerige stuk van Gouws goed vir &ldquo;Donderdag Aktueel&rdquo;, &#8216;n forum in sy koerant vir ondenkende, neulerige woordknoeiers. Dit kom voor asof &ldquo;me.&rdquo; Gouws in &#8216;n sensitiewe stadium van sielkundige berading is. Haar rubriek lees meer soos &#8216;n verslag van die oorsprong en aard van haar neuroses as &#8216;n ontwikkelde meningsartikel. Sy ly aan obsessiewe, kompulsiewe liberalisme, &#8216;n toestand wat skynbaar die gevolg is van &#8216;n persoonlike opstand teen die mense wat beter weet as jy.<\/span><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[924,171,21092],"class_list":["post-935","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-amanda-gouws-se-selfhaatpolitiek-2","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=935"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/935\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}