{"id":9344,"date":"2010-08-31T06:03:17","date_gmt":"2010-08-31T06:03:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9344"},"modified":"2010-08-31T06:03:17","modified_gmt":"2010-08-31T06:03:17","slug":"koppestamp-van-ideologie-en-nasionalisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9344","title":{"rendered":"Koppestamp van ideologie en nasionalisme"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Uit die opskrif sou maklik afgelei kon word hierdie kommentaar handel oor Suid-Afrika. Dit is egter Belgi\u00eb wat aan die bod kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Belgi\u00eb sukkel steeds om \u2018n regering te vorm, lank nadat die Belge verkiesing gehou het. Die party wat die grootste vordering gemaak het, die N-VA, is \u2018n Vlaamse party wat hom vir die onafhanklikheid van Belgi\u00eb beywer. Die Vlaminge maak bykans 60 % van die bevolking uit, en met ander partye, soos die Vlaamse Belang, wat ook onafhanklikheid nastreef, is dit op die oog af moeilik om te verstaan waarom dit so moeilik is om \u2018n regering te vorm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklikheid is dat die verskillende partye en hul belange in Vlaandere mekaar goed opdreun, en dat die sosialiste in die armer Franssprekende Walloni\u00eb oorheers. Die leier van die Franstalige sosialiste, Elio di Rupo, is gevolglik deur die monarg aangewys om \u2018n regering saam te stel. Sedertdien word gesprekke gevoer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is geen eenvoudige taak nie. Di Rupo kan op steun of gedeeltelike steun staatmaak van Vlaamse partye wie se fokus op iets anders as groter selfregering of onafhanklikheid gefokus is, soos die sosialiste en die groenes. Die Vlaamse Belang se ekstremisme laat dit ook effens ge\u00efsoleerd vir soverre die nasionale staat aanbetref.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie eenvoudig gestel, vir die Franstaliges is baie op die spel vir die behoud van die eenheid van Belgi\u00eb. Walloni\u00eb word jaarliks met enorme bedrae belastinggeld uit Vlaandere gesubsidieer om op \u2018n gelyke ekonomiese vlak as die noorde te kom. Dit is egter komplekser, met talle Franstaliges wat hulle veral in die omgewing van Brussels in Vlaamse gebied vestig, maar dit ondenkbaar vind om te vervlaams soos wat in werklikheid vereis word. Hierdie verset lei daartoe dat daar groeiende Franstalige kolle in Vlaandere ontwikkel. Word Vlaandere onafhanklik, is dit bykans \u2018n uitgemaakte saak dat hierdie mense sal moet vervlaams of trek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di Rupo waarsku nou dat Belgi\u00eb op politieke chaos afstuur. Bart de Wever, leier van die N-VA, verweer hom deur te s\u00ea uit die toegewings wat Di Rupo tot dusver gemaak het, is daar geen sekerheid dat Vlaandere en Walloni\u00eb onder die nuwe regering nog selfstandiger gaan word nie. Dit word veral bemoeilik omdat die onderhandelings alles mondelings plaasvind, terwyl hy alles op skrif wil stel. Hy wil nou ook eers bilateraal met Di Rupo gesels, sonder dat al sewe partye wat Di Rupo betrek het deelneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskille is duidelik. De Wever meen Belgi\u00eb stuur op \u2018n mislukte staat af as die land nie verander en Vlaandere en Walloni\u00eb nie meer selfstandigheid verwerf nie, terwyl Di Rupo se fokus is om Belgi\u00eb vir die 21ste eeu te bou. De Wever mag die grootste belangesteun h\u00ea, maar sy onderhandelingsplatform word ge\u00ebrodeer deur mense vir wie die staatkunde sekond\u00ear staan tot ideologiese sake soos sosialisme of groen sake.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Intussen stuur die land volgens Di Rupo op politieke chaos af.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">pro100casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uit die opskrif sou maklik afgelei kon word hierdie kommentaar handel oor Suid-Afrika. Dit is egter Belgi\u00eb wat aan die bod kom. Belgi\u00eb sukkel steeds om \u2018n regering te vorm, lank nadat die Belge verkiesing gehou het. Die party wat die grootste vordering gemaak het, die N-VA, is \u2018n Vlaamse party wat hom vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9344\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Koppestamp van ideologie en nasionalisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10004,8866,10368,21107,10367,21093,8839,9835],"class_list":["post-9344","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bart-de-wever","tag-belgie","tag-di-rupo","tag-c33-hoofartikels","tag-koppestamp-van-ideologie-en-nasionalisme","tag-s7-menings","tag-vlaandere","tag-wallonie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9344\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}