{"id":9342,"date":"2010-08-30T07:02:17","date_gmt":"2010-08-30T07:02:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9342"},"modified":"2010-08-30T07:02:17","modified_gmt":"2010-08-30T07:02:17","slug":"is-die-staking-deel-van-n-rewolusie-of-eerder-anargie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9342","title":{"rendered":"Is die staking deel van \u2018n rewolusie of eerder anargie?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Potchefstroomse akademikus, prof. Andr\u00e9 Duvenhage,&nbsp; verwys gereeld na die ANC se program van \u2018n nasionale demokratiese rewolusie. Hy meen ook dat denkraamwerk hieragter in werklikheid in stryd is met baie van die wese en voortbestaan van die grondwet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die burgerregteorganisasie, Afriforum wat gereeld deur hofsake orde bring, is onder meer ook as vyand van die rewolusie beskryf. Julius Malema het onlangs vir die beplande mediatribunaal in die bresse getree deur te s\u00ea die media ondersteun nie die voortgesette rewolusie nie. Onlangs het \u2018n stakerdrywer in \u2018n TV-program ges\u00ea die staking sal nie gestop word nie omdat dit deel van die rewolusie is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar voldoen die staking en die regering se reaksie daarop werklik aan die definisie van rewolusie, of het dit meer kenmerke van anargie? Anargie word in verskillende definisies onder meer beskryf as \u2018n toestand van wetteloosheid en wanorde, dikwels as gevolg van \u2018n mislukte regering. Ander beskryf dit as \u2018n toestand van \u2018n afwesigheid van politieke gesag, wanorde wat heers en die afwesigheid van \u2018n gemeenskaplike doelwit soos die daarstelling van eenvormige standaarde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met mense, veral babas, wat selfs in hospitale sterf as gevolg van die staking, die vlakke van intimidasie en geweld, en \u2018n uiters lomp regeringsrespons is baie elemente van anargie in werklikheid teenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met pres. Jacob Zuma en \u2018n groot afvaardiging se besoek aan China te midde van die krisis is die boodskap boonop uitgedra van \u2018n afwesige president en regering. Selfs uit die ANC word nou weens die vlakke van korrupsie en nepotisme na Suid-Afrika as \u2018n roofdierstaat verwys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die regering nie daarin slaag om regeringsprogramme behoorlik te sinchroniseer en uit te voer nie, is dit blykbaar deur sy mediaplanne en verdere inkorting van deursigtigheid vas van plan om ongehinderd die persepsie dat hy dit wel vermag, deur te voer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat die soustreinryers, en die werkers wat die land se strategiese belange bedreig het deur voor die w\u00eareldbekersokkertoernooi te staak of te dreig om te staak, ruim slarisverhogings ontvang het, maar dat di\u00e9 wat lojaal aan regeringsoproepe gebly het om daarmee te wag tot na die staking hulle nou in \u2018n veel toe\u00ebr hand vasloop, dui ook op elemente van die afwesigheid van strategiese beplanning. Die staatskas het gewoon nie die geld om die verhogings waarop aangedring word, toe te staan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, onder dekking van die sokkereuforie is blatant voortgegaan om kaders wat te erg vasgebrand het, bloot elders in soortgelyke posisies te ontplooi. Hiermee word administratiewe anargie bykans gewaarborg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nie of die land elemente van anargie, eerder as rewolusie beleef nie. Die vraag is veel eerder waar dit vandaan kom, en of dit gaan eskaleer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sy eenvoudigste gestel, kan dit moontlik daarna herlei word dat pres. Zuma in sy veldtog om die hoogste sport te bereik, aan almal wat bereid was om hom te steun, beloof het wat hulle vra. Na hy verkies is, het hy voortgegaan om by elke belangegroep se vuurtjie mooi broodjies te bak, soos om in Julius Malema se geboortedorp na di\u00e9 breedsprakige jongman as \u2018n toekomstige president van die land te verwys. In die proses het die media gesorg dat wat vir spesifieke groepe se ore bedoel was, ook die ore van ander bereik. Di\u00e9 manier van doen was dus nie net nie volhoubaar nie, maar boemerang. Dit skep die indruk van \u2018n jabroer wat nie leiding kan neem nie, en wanneer hy w\u00e9l ferm oorkom, soos om stakers met afdanking te dreig, bloot petrol op die vuur te gooi.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen meen sommige ekonome die staking kos die land in die orde van \u2018n R1 miljard per dag, terwyl ander dit veel ho\u00ebr skat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is lanklaas van die president se beplanningskommissie gehoor. Te veel drade hang los om anargie in die bek te ruk, en persepsies oor aanvaarbare standaarde vir dienslewering verskil te veel om na \u2018n nasionale kohesie en gemeenskaplike visie vir die land te verwys. Die afwesigheid van enige ministers by \u2018n pas-afgelope Afrikaanse taalberaad voed boonop die persepsie dat minderheidsregte vertrap word. Selfs die Wes-Kaapse onderwysminister het luidens \u2018n berig van Rapport nie op die uitnodiging gereageer nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/blood-suckers\">Blood Suckers<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Potchefstroomse akademikus, prof. Andr\u00e9 Duvenhage,&nbsp; verwys gereeld na die ANC se program van \u2018n nasionale demokratiese rewolusie. Hy meen ook dat denkraamwerk hieragter in werklikheid in stryd is met baie van die wese en voortbestaan van die grondwet. Die burgerregteorganisasie, Afriforum wat gereeld deur hofsake orde bring, is onder meer ook as vyand van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9342","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9342","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9342"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9342\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9342"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9342"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9342"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}