{"id":9333,"date":"2010-08-26T06:49:27","date_gmt":"2010-08-26T06:49:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9333"},"modified":"2010-08-26T06:49:27","modified_gmt":"2010-08-26T06:49:27","slug":"siepsop-vir-suid-afrikaanse-onderwys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9333","title":{"rendered":"Siepsop vir Suid-Afrikaanse onderwys"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2018n Volk wat in sy onderwys bel\u00ea, bel\u00ea in sy toekoms.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ou waarheid is deur die dekades deur die Afrikaner ter harte geneem. Selfs in tye van bitter nood is gesorg dat die meester en sy lat aan diens is. Van die onderwysers en onderwyseresse het bitter karige salarisse gekry en moes by goedgesinde boeregesinne loseer om plaasskooltjies te beman.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Pioniersgees het geheers om \u2018n verslane volk weer te laat blom. Veral mense wat verkies het om nie die effens geriefliker pad van Milnerisme te loop nie, moes met bitter min geld aan die toekoms van hul jeug bou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die leerlinge het so goed presteer dat hulle oorsee kon gaan studeer, en talle het w\u00eareldklas-kwalifikasies by bekende universiteite in Nederland, Duitsland en Brittanje verwerf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het Newsweek \u2018n opname gepubliseer dat Suid-Afrika in die lys van 100 beste lande, die 82ste plek behaal het. Meer kommerwekkend is dat die land die 97ste op die onderwysterrein haal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is lank reeds bekend dat Suid-Afrika se skoolstelsel nie dieselfde kwaliteit matrikulante oplewer as di\u00e9 van sy bure nie. Universiteite ondervind veel minder oorbruggingsprobleme met studente uit sommige buurlande, soos Zimbabwe, as wat hulle sukkel om Suid-Afrikaanse studente op standaard te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA, wat die syfers aan die groot klok gehang het, wys ook daarop dat Suid-Afrika baie aan onderwys spandeer, en baie moeite met onderwys doen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Deel van die probleem is \u2018n bestuursprobleem. Dit is \u2018n jaarlikse verskynsel dat handboeke slegs met moeite hul weg van die store na die skole, en weer van daar na die leerders vind. Afrikaanse boeke wat verlede jaar met skenkersgeld uit Belgi\u00eb aangekoop is, het nou nog nie al die skole waarvoor dit bestem is bereik nie, en skynbaar kan niemand lig werp op waar die boeke hulle bevind nie. Uit vrees vir viktimisasie kan nadere besonderhede ongelukkig nie verskaf word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik staak baie onderwysers ook, maar die groter probleem bly een van gesindheid. Terwyl sommige skole selfs onder baie moeilike omstandighede goed presteer, strompel ander van jaar tot jaar voort. Besoek ministers en LUR\u2019e die skole, kom ook heelwat aan die lig \u2013 onderswysers, selfs skoolhoofde, en leerlinge wat bitter laat by die skole opdaag. In enkele gevalle was van die leerkragte so geswaai dat daar van onderrig geen sprake kan wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leerkragte wat in die gees van meester van ouds baie hard werk en baie moeite doen, selfs opofferings maak, om die kinders wat aan hulle toevertrou is slaggereed vir die w\u00eareld te maak, verdien om goed besoldig te word. Hulle verdien ook medaljes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander verdien saam met \u2018n regering wat met die onderwys brou meester se lat op die bas.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201c\u2018n Volk wat in sy onderwys bel\u00ea, bel\u00ea in sy toekoms.\u201d Hierdie ou waarheid is deur die dekades deur die Afrikaner ter harte geneem. Selfs in tye van bitter nood is gesorg dat die meester en sy lat aan diens is. Van die onderwysers en onderwyseresse het bitter karige salarisse gekry en moes by goedgesinde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9333\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Siepsop vir Suid-Afrikaanse onderwys&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[768,21107,21093,10356,10355],"class_list":["post-9333","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-afrikaner","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-milnerisme","tag-siepsop-vir-suid-afrikaanse-onderwys"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9333","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9333"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9333\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9333"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9333"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9333"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}