{"id":9332,"date":"2010-08-25T10:37:17","date_gmt":"2010-08-25T10:37:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9332"},"modified":"2010-08-25T10:37:17","modified_gmt":"2010-08-25T10:37:17","slug":"afrikanerverdeling-die-grootste-gevaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9332","title":{"rendered":"Afrikanerverdeling &#8211; die grootste gevaar"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek kom baie in Suid-Amerika, en het al vriende gemaak met van die Duitse Mennoniete. Hierdie streng godsdienstige groep het gemeenskappe die w\u00eareld oor. Hulle het uit die kerkhervorming ontstaan, en was deur die eeue bekend as die Wederdopers, omdat hulle nie geglo het in die kleindoop nie, en as iemand dus by hulle aangesluit het, is hy weer gedoop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die sewentiende en agttiende eeue is die lede van hierdie geloofsgroep, waaruit die Amiesers van die VSA later ontstaan het, genadeloos deur sowel die Roomse kerk as deur die Hervormde kerke vervolg, en moes hulle gedurig vlug en van nuuts af begin. Hulle grootste uitdaging in al die gemeenskappe die w\u00eareld oor, is om hulle jongmense by hulle te hou. Omdat hulle ge\u00efsoleerde ekonomie\u00eb baie klein en beperk is, bied dit natuurlik nie baie werkskepping nie, en dan moet die jongmense elders gaan werk. Meestal gaan die kinders na Duitsland, Spanje of die VSA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg hiervan is dat die Mennonietiese gemeeskappe \u2018n relatief ho\u00eb gemiddelde ouderdom het. Hulle bevolkings is oud teenoor \u2018n gemiddelde land s\u2019n. In sommige gevalle is die gemiddelde ouderdom 42, terwyl die internasionale gemiddeld tussen 21 en 26 is. Maar die grootste gevaar is dat hulle genetiese poel gevaarlik klein is. Net soos die Afrikaner s\u2019n. En nie baie van daardie jongmense gaan terug na die gemeenskappe as hulle eers aan die algemene handel deelgeneem het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die Amiese geloofsgroep in Amerika, kom daar al hoe meer genetiese afwykings voor, wat direk toegeskryf kan word aan die klein genepoel waaruit die groep ontstaan het, en wat nie noemenswaardig vernuwe nie. Daar is ook nie medisyne of behandeling vir die siektes wat die Amiesers so ernstig tref die afgelope twintig jaar nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verskynsel word genoem die \u201cfounders effect\u201d, of dan in Afrikaans seker die \u201cstigtersverskynsel\u201d (my vertaling). Wanneer die genetiese poel waaruit \u2018n geslote groep mense ontstaan het, klein was, word sekere siektes en toestande oorerflik in daardie groep, en indien dit weer en weer oorge\u00ebrf word as gevolg van te naby familiebande, kan dit al erger word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikanervolk is internasionaal bekend in die mediese w\u00eareld, dat ons volk wel gebuk gaan onder die \u201cstigtersverskynsel\u201d en dat \u2018n hele paar siektes meer en gereeld onder ons voorkom as in ander populasies of volke. Die bekendstes is: &#8220;hypercholesterolaemia, progressive familial heart block, Huntington\u2019s chorea, porphyria variegata, Gaucher&#8217;s disease, cystic fibrosis and familial colonic polyposis&#8221;. (Ek gee dit weer uit die \u201cSA Medical Journal\u201d, Oktober 1983, vandaar my onvermo\u00eb om die Afrikaans weer te gee.).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die lig van bogenoemde, is dit duidelik dat die Afrikaner nie kan bekostig om homself verder in klein groepies op te deel, en langer met hierdie kinderagtige debat oor wie en wat die Afrikaner is, en wie en hoe mense geklassifiseer moet word, kan voortgaan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><strong>Watse nalatenskap wil ons aan ons kinders gee? <\/strong><\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As mens mooi daaroor dink, is almal van ons wat aan hierdie debat deelneem, en waarin die een slimmer wil wees as die ander, \u2018n klomp \u201cou\u201d mense, wat ons kans gehad het, en dit verbrou het. Ons stry nou oor ons eie verliese en seerkry, al het ons nog gemiddeld net twintig jaar oor om iets by te dra of tot stand te bring. Daarna is ons te oud en trek ons saam met die sonnetjie om die huis as ons gelukkig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarna moet ons nageslag d\u00edt wat ons hopelik tot stand gebring het, verder vat en maak werk. Ons veg nie hierdie vryheidstrewe regtig vir onsself nie, maar vir ons nageslagte. En ons moet onsself die vraag hard en duidelik stel \u2013 wat wil ons nalaat?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wil ons regtig vir hulle hierdie armsalige, verplinterde klomp groepies swaksinniges nalaat,  wat nie ekonomies of selfs geneties kan oorleef nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, nee, en \u2018n duisend maal nee! As ons voortgaan om hierdie verdelende gekheid in stand te hou, pleeg ons \u2018n misdaad teenoor die toekomstige nageslagte van hierdie volk. Ek s\u00ea dan eerder vir enige jongmens: \u201cGaan soek jou heil oorsee, of bly aan in die NSA, want die huidige klomp gekke en dwase wat so hoog opgee oor die Vryheidsideaal, is elkeen besig om sy eie seerkry te probeer dokter, is besig om sy eie klein visie\u2019tjie te probeer realiseer, maar is deur die gestryery en geslegs\u00eaery en verdeling besig om jou en jou nageslag te verraai.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek doen weer eens \u2018n beroep op almal om die vryheid van die Afrikanervolk eerste te stel binne \u2018n model van inklusiewe diversiteit, anders stuur ons net weer op ons volgende mislukking en gemors af. Ons moet &nbsp;die jongmense ook nou al deel maak van daardie strewe, en hulle saam laat besluit hoe hulle toekoms eendag moet lyk. Kom ons probeer vir een keer in die geskiedenis verhoed dat die een geslag die vorige een se probleme moet probeer oplos.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/protokol-zaklyucheniya-kliniko-ekspertnoy-komissii-kek\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u043a\u044d\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek kom baie in Suid-Amerika, en het al vriende gemaak met van die Duitse Mennoniete. Hierdie streng godsdienstige groep het gemeenskappe die w\u00eareld oor. Hulle het uit die kerkhervorming ontstaan, en was deur die eeue bekend as die Wederdopers, omdat hulle nie geglo het in die kleindoop nie, en as iemand dus by hulle aangesluit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9332\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerverdeling &#8211; die grootste gevaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[10354,21096,21093],"class_list":["post-9332","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-afrikanerverdeling-die-grootste-gevaar","tag-s10-briewe","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9332","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9332"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9332\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9332"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9332"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9332"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}