{"id":933,"date":"2007-10-02T07:26:57","date_gmt":"2007-10-02T07:26:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=933"},"modified":"2007-10-02T07:26:57","modified_gmt":"2007-10-02T07:26:57","slug":"amanda-gouws-se-selfhaatpolitiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=933","title":{"rendered":"Amanda Gouws se selfhaatpolitiek"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit is onmoontlik om &#8216;n verklaring vir hierdie selfverheffing te gee. Die hedendaagse Afrikaner-liberaliste is &#8216;n verslonste ou troppie op die politieke vlaktes, &#8216;n verguiste spulletjie, uitgelag oor hulle verspotte, na&iuml;ewe idees en bespot agter hulle rug vir hulle algemene gatkruiperigheid. Elkeen van hulle sosio-politieke ideekonstruksies het voor hulle o&euml; in stof verander.&nbsp; En tog, die een eienskap wat die Afrikaner-linkse van ander sterwelinge onderskei, is hulle onwrikbare vertroue in die uitnemendheid van hulle eie gedagtes. Hulle voel hulleself so verhewe dat hulle reken enige krummel van hulle ideologiese tafel sal met gulsige kake deur verhongerde hondjies opgeraap word. W&aacute;t hulle s&ecirc;, maak nie regtig saak nie, en ook nie h&oacute;&eacute; hulle dit s&ecirc; nie. Wat belangrik is, is dat dit h&uacute;lle is wat dit s&ecirc; en laat die gepeupel koek eet.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit is wat my persoonlik die grootste hekel in Amanda Gouws se rubriek gee. Sy het geen ontsag vir haar lesers nie. Haar getranskribeerde klaagliedjie drup minagting in elke jota en tittel. Lesers is vir haar &#8216;n noodsaaklike ergernis. Sy vind hulle &#8216;n oorlas. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Geen skrywer mag ooit vergeet dat sonder haar daar nog altyd lesers sal wees maar dat sonder lesers daar geen skrywer sal wees nie. Dit staan in sterk kontras met die staaltjie van die onderwyser wat in sestiende-eeuse Duitsland gereeld met groot nederigheid voor sy leerlinge gebuig het omdat hy nie kon voorspel watter hoogtes een van hulle dalk mag bereik nie. Een van sy leerlinge was Martin Luther, die Groot Hervormer. Amanda Gouws se opvatting van haar lesers is duidelik dat hulle &#8216;n onnosele, hardvogtige, reaksion&ecirc;re horde is en dat hulle dankbaar moet wees vir elke krieseltjie insig waarmee sy hulle bedien uit die hoogtes van die Universiteit van Stellenbosch wat in linkse mitologie verhef is tot die Parnassus van Afrikaner-denke. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gouws se peiling van die Afrikaner-leser is dat hy nie &#8216;n goeddeurdagte, logiese, ontwikkelde politieke mening werd is nie, en ook nie behoorlike punktuasie, gepaste woordkeuses en basiese taalversorging nie. As &#8216;n sosiale betoog verander haar rubriek die koerantpapier waarop dit gedruk is in gepaste materiaal om &#8216;n maagkoorsige boeppensmarmot se kouvloer mee te bedek. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Natuurlik het sy bondgenote in hierdie walglike onge&euml;rgdheid nodig, vernaamlik &#8216;n redakteur met &#8216;n gevoel van beroepsekuriteit wat niks met sy vaardighede te doen het nie. Henry Jeffreys is die nommerpas samesweerder. As dit nie vir sy Regstellende Aksie-vatbare vel was nie, sou hy nie die redaksie van die Grassy Park Nuwe Apostoliese Kerk se&nbsp; kwartaalbladjie gehaal het nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die man het &#8216;n ronddonderende onvermo&euml; om in enige redaksionele omgewing in te pas. Maar Naspers onderhou w&eacute;l die sakrament van Regstellende Aksie en Jeffreys h&eacute;t die regte blas velskakering. Nou is hy die redakteur van <em>Die Burger<\/em>, eens &#8216;n Afrikaner-koerant opgerig met Afrikaner-geld, bestuur met Afrikaner-skranderheid en volgens die Afrikaner se tipiese ho&euml; redaksionele waardes. In &#8216;n nugter w&ecirc;reld sou Jeffreys moes pa staan vir die Gouws-rubriekfiasko. Maar hoe kan hy verantwoordelik gehou word vir die eise van &#8216;n werk waarin niemand enige bevoegdheid van hom verwag nie?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tog is daar waarde te vind in die produk van Amanda Gouws se veragting van haar eie volk en Henry Jeffreys se onbekwaamheid. Hulle rubriek is &#8216;n bloedspatsel komende uit die oopgekloofde polse van Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery se verbete poging om selfmoord te pleeg. Derhalwe is dit noukeuriger ontleding werd.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><em>Word vervolg&nbsp;<\/em><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">casino for free slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<br \/>\n<h3><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/GSVsw.JPG\" width=\"94\" height=\"114\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/> Deel 1: Naspers se teringkuggie<br \/><\/span><\/h3>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op 24 Mei 2007 gee Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery toe &#8216;n kuggie, so &#8216;n slymerige een waarin jy die gesuis en knars kan hoor van mikroskopiese klontjies wat losspat uit geperforeerde bloedvate. Dis tering wat jy daar hoor, die laaste gehyg van &#8216;n eens fier, ferm, flink dier wat nog groot in gestalte, maar nou uitgeteer, spookbleek en bewerig, is. As &#8216;n mens so klink, moet die naasbestaandes ontbied word. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Enige iemand wat nog glo dat Naspers se Afrikaanse koerantbedryf nie terminaal siek is nie, het duidelik nie Amanda Gouws se rubriek, <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Stories\/Opinion\/Columns\/14.0.2635446347.aspx\">Ons beheptheid met Afrikanerskap<\/a> daardie dag in <em>Die Burger<\/em> gelees nie. Dit is &#8216;n biopsiemonster wat die kwyning van Naspers se magtige Afrikaanse koerantuitgewery verduidelik. Nie net sien ons die onsamehangende Max du Preez-agtige beredenering daarin, die verkrummelde uitgangspunte en ek-is-&#8216;n-teepot soort ontkenning van die werklikheid nie, dit is ook deurtrek aan die een kant met die kwylende selfbejammering van die tipiese eietydse Afrikaanse liberalis en andersyds die matelose arrogansie en aanmatiging van die huidige pluksel Stellenbosse intellektualiste.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[922,171,21092],"class_list":["post-933","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-amanda-gouws-se-selfhaatpolitiek","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/933","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=933"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/933\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=933"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=933"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=933"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}