{"id":9328,"date":"2010-08-25T08:31:57","date_gmt":"2010-08-25T08:31:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9328"},"modified":"2010-08-25T08:31:57","modified_gmt":"2010-08-25T08:31:57","slug":"die-kantonfederasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9328","title":{"rendered":"Die Kantonfederasie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Die verwoesting en verlies aan menselewens tydens die Tweede W\u00eareldoorlog het die internasionale gemeenskap gedwing om sekere maatre\u00ebls in te stel wat op alle lande van toepassing sal wees om \u2018n herhaling van WO2 se menseslagtings te voorkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die selfbeskikkingsbegrip het as internasionale norm sy beslag gekry om vrede en stabiliteit in multi-etniese state te verseker.&nbsp; Selfbeskikking moes as die internasionale regsraamwerk vir die herordening van state dien en was meelopend met \u2018n program van dekolonialisasie.&nbsp; Aanvanklik was selfbeskikking gemik om kolonies van hul vorige heersers te bevry, maar algaande het dit bre\u00ebr aanvaarding gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wat beteken die begrip van selfbeskikking?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie definisies word daaraan gegee, soos: \u201cdie keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang op te tree. Selfbeskikking is dus die reg wat die bevolking van \u2018n spesifieke gebied besit om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Territoriale selfbeskikking is dus die politieke onafhanklikheid van \u2019n volk wat in \u2018n bepaalde gebied oftewel as soewereine staat woon en deur ander lande aanvaar en erken word.&nbsp; Dit word as eksterne selfbeskikking beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is ook interne selfbeskikking, soos:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie begrip dat bevolkingsgroepe met \u2018n onderskeidende kultuur en identiteit hul eie politieke sake en gemeenskaplike heil self kan bepaal.\u201d Dit is veral van toepassing vir bevolkingsgroepe wat diaspories in \u2018n land verspreid is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die literatuur verwys hierdie reg egter na spesifieke menseregte soos gelykheid voor die reg, die reg op \u2018n nasionale identiteit, om vrylik te mag kom en gaan, die reg op vryheid van vervolging weens ras, godsdiens, geslag en die vryheid om eie kultuursake soos onderwys, erfenisse gesondheidsorg ens., te bevorder en uit te brei. Dit kom neer as die uitoefening van individuele menseregte wat deur enkelinge binne groepsverband met volksgenote uitgeoefen word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beginsel van selfbeskikking is baie breed en sluit eksterne sowel as interne selfbeskikking in.&nbsp; Die hoofverskil tussen die twee is dat met interne selfbeskikking deelnemende demokrasie binne die bestaande grense van \u2018n staat uitgeoefen word, sonder om die territoriale integriteit van \u2018n staat te benadeel, terwyl eksterne selfbeskiking buite die staatsgrense in \u2018n soewereine staat geniet word.&nbsp; Laasgenoemde word egter gewoonlik voorafgegaan deur bloedige konflikte wat dekades kan voortduur, hoofsaaklik vanwe\u00eb ander state se weiering om so \u2018n sesessie te steun of te erken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Juridiese spanningslyn wat twee pole verbind, het nou ontstaan tussen eksterne selfbeskikking wat inbreuk kan maak op \u2019n land se territoriale integriteit; \u2018n begrip wat een van die hoekstene van die volkereg is. Die vraag is dus: weeg die reg van eksterne selfbeskking van \u2018n minderheidsvolk, in die een pool, swaarder as die beginsel van territoriale integriteit van \u2018n staat, in die ander pool?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 22 Julie vanjaar het die Internasionale Hof bevind dat Kosovo se eensydige onafhanklikheidsverklaring van Februarie 2008 die internasionale reg nie oortree het nie en het ten gunste van Kosova besluit in sy geskil teen Serwi\u00eb.&nbsp; Die uitspraak is egter nie bindend nie, want meer as \u2018n 100 state moet Kosova se soewereiniteit erken voordat dit lid van die VN kan word.&nbsp; Eers dan kan die Kosovare hulle op eksterne selfbeskikking beroep.&nbsp; Tans het hulle die steun van nagenoeg 68 lande en het nog \u2018n ent om te gaan voordat Kosova deur alle state as \u2018n soewereine staat erken sal word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking word as \u2018n fundamentele mensereg beskou wat onder die volkereg sorteer en wat universeel op dieselfde wyse toegepas moet word en kan dus nie deur \u2018n land se grondwet gekortwiek word nie. In regsterme staan dit as <em>erga omnes<\/em> bekend wat universeel vir alle volke en state geld. Die bepaling in Hoofstuk Twee van die Suid-Afrikaanse Grondwet dat Suid-Afrika een onverdeelde land is, is dus slegs \u2018n huishoudelike politieke bepaling en verhoed die land se volke nie om hul eie onafhanklikheid eensydig te verklaar nie.&nbsp; Om die NSA-regering se goedkeuring daarvoor te kry, skryf die Grondwet \u2018n bepaalde prosedure voor wat gevolg moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionale protokolle verwys na \u2018peoples\u2019 oftewel volke aan wie se lede die kollektiewe reg op selfbeskikking verleen word en wat deur die vrye wil van lede van so \u2018n volk uitgeoefen mag word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter haas geen land wat nie deur veelvoudige volke bewoon word nie.&nbsp; In die meeste lande word dieselfde&nbsp; grondgebied deur verskillende volke bewoon wat hulle teoreties dan mag opeis; \u2018n absurde toestand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die doeleindes van eksterne selfbeskikking word \u2018n Volk gedefini\u00eber as<strong> <\/strong>\u201cal die inwoners van \u2018n bepaalde territoriale eenheid wat hul eie grondgebied opeis\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om \u2018n volkstaat te probeer opeis oor \u2018n gebied wat nie deur die eisers beset is nie, is dus onwerklik, onwerkbaar, onprakties en strydig met die volkereg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VN resolusies rakende eksterne selfbeskikking sluit dus nie verspreide etniese groepe in wat nie gebiedsgebonde volke is nie, want \u2018n volk word beskou as die hele bevolking van die gebied wat opge\u00ebis word. Binne hierdie verband kan Afrikaners, wat \u2018n verspreide&nbsp; etniese groep is, dus nie sesessie pleeg nie; ook nie hul eksterne selfbeskikkingsreg opeis tensy hulle \u2018n meerderheid binne \u2018n bepaalde gebied is en die meerderheid sou wou afstig.&nbsp; Hoewel die Franssprekende Quebec op sesessie aandring en welliswaar \u2018n groot meerderheid in Quebec is, kon hulle nog nie daarin slaag om \u2018n meerderheid tydens referendums te verkry nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die internasionale gemeenskap en die volkereg verskaf dus min ruimte vir eksterne selfbeskikking, aangesien die term \u201cVolk\u201d van toepassing is op al die inwoners van die gebied wat onder dispuut is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense wat my goed ken weet dat ek nie vat kan kry aan die idee dat \u2018n stuk grond afgebaken en opsy gesit moet word waarheen Afrikaners kan trek om eers \u2018n volk te stig, en waar daar hopelik oor \u2018n dekade of vyf \u2018n volkstaat geproklameer kan word nie.&nbsp; Voor 1994 sou soiets nog moontlik gewees het, maar daana is dit bykans onmoontlik.&nbsp; Daardie toekomsbeeld kan dus nie as prakties uitvoerbaar beskou word nie.&nbsp; Daarom deel ek ook nie dieselfde entoesiasme as mede-afrikaners daarvoor nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorbeeld van die Groot Trek word as model voorgehou, waar die Voortrekkers deur durf en daad die Boererepublieke in le\u00eb gebiede gestig en bevolk het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die Groot Trek was die situasie egter heeltemal anders.&nbsp; Die binneland was betreklik leeg met \u2018n bevolking van minder as twee miljoen swartes in die hele subkontinent.&nbsp; Die totale swart bevolking van Suid-Afrika was veel minder as \u2018n kwart van Soweto se inwonertal vandag.&nbsp; Verswarting was dus nie \u2018n probleem gewees nie.&nbsp; Buitendien was die meeste swart stamme hoofsaaklik om hul eie kultuurgebiede gekonsentreer.&nbsp; Hul onderlinge gevegte en endemiese siektes het hul getalle waarskynlik ook laag gehou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag sit die NSA met \u2018n swart bevolking van meer as 40 miljoen.&nbsp; Vandag kan jy in jou viertrek bakkie die verlatenheid inry en kamp opslaan en binne 24 uur sal swartes daar opdaag op soek na werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het vantevore geskryf dat \u2018n nuwe volkstaat in \u2018n le\u00eb gebied ekonomies gedrewe moet wees, en dat dit soos \u2018n reusagtige eiendomsontwikkelings projek ontwikkel sal moet word.&nbsp; Plekke in Kaapland was as voorbeelde uitgewys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met enkele uitsonderings na was die reaksie daarop verstommend negatief. Die rede was waarskynlik dat ek tot die kern van die probleem deurgedring het.&nbsp; Verreweg die meeste Afrikaners is nie bereid om vir \u2018n nuwe volkstaat te werk of te stry nie. Baie soek na \u2018n leier wat dit namens hulle sal doen. Daar sal wel enkeles wees wat bereid is om te skiet, maar dan raak hulle verstrengel in die kompleksiteit daarvan: Die die vraag, wie die vyand werklik is, bly onbeantwoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor \u2018n lang tydperk beywer ek my reeds vir \u2018n Afrikanerowerheid (AO), wat die pad na vryheid moet ondersoek en plaaslik en internasionaal leiding sal gee.&nbsp; Deurdat die volkereg vereis dat \u2018n volk&nbsp; die meederheid van \u2018n bepaalde territorium moet uitmaak voordat daar eers aan eksterne selfbeskikking gedink kan word, wil ek nou \u2018n alternatiewe opsie behandel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekende en voorheen goed beredeneerde opsies was (a) om die gebied rondom Pretoria Noord en Oos op te eis en (b) om \u2018n kraaknuwe volkstaat in die Noordwes Kaap te gaan stig waar \u2018n nuwe volk eers gestig sal moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2018n ook derde opsie.&nbsp; Ek sal dit \u2018n Kantonale Federasie noem.&nbsp; Van die drie opsies wil dit vir my voorkom dat dit dalk \u2018n werkbare model vir Afrikaners se staatkundige ontwikkeling kan wees, beide vanuit \u2018n politieke&nbsp; en ekonomiese oogpunt.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitgangspunt is dat Afrikaners nie na \u2018n nuwe gebied sal trek nie en dat hulle ook nie die finansi\u00eble vermoe\u00eb het om vir die huise en nuwe&nbsp; infrastruktuur te betaal nie.&nbsp; Derhalwe bly hulle net waar hulle is, neem die plaaslike bestuur de facto oor,&nbsp; Daarna kan hulle derdevlak dienste verskaf wat deur eie belastingsgeld befonds word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die ongeveer 285 munisipaliteite in die land doen bykans&nbsp; 230 dit dus reeds.&nbsp; Deur middel van erkende hofprosedures, wat deur die plaaslike belastingbetalersverenigings (BBV) gere\u00ebl word, word \u2018n dispuut met die munisipaliteit verklaar en erfbelastings weerhou en in \u2018n trustfonds gestort. Daarna&nbsp; word die werk deur ervare en behoorlik opgeleide mense verrig wat deur daardie belastrings befonds word.&nbsp; Die bestek van die werk word algaande uitgebrei om ook beveiliging, skole, hospitale ens. in te sluit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans is die fokus van BBV op derdevlak dienslewering, veral mbt water en riolering.&nbsp; Soos hulle legitimiteit en erkenning verkry, kan \u2018n tradisionele wit dorp as \u2018n Kanton beskou word, wat algaande sy staatkundige ontwikkeling tot wasdom deurgaan.&nbsp; Interne selfbeskikking word dan \u2018n harde werklikheid.&nbsp; Die swart dorpe binne \u2018n Kanton sal dan as NSA-protektorate beskou word, want die landelike gebiede rondom die wit dorpe is die&nbsp; Kanton se tradisionele hinterland.&nbsp; Vir dienslewering aan daardie swart dorpe kan die Konton op \u2018n agentskapsbasis deur die staat befonds word, want die huidige munisipailteite is almal so te s\u00ea bankrot en kan nie veel langer so aangaan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n federatiewe wyse skakel die Kantonne dus aanmekaar deur \u2018n Afrikanerowerheid wat deur afgevaardigdes vanuit die kantonne op \u2018n kiesafdelingsbasis beman word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voordeel van hierdie stelsel is dat die bestaande bates van Afrikaners behoue sal bly, dat die dorpe nie tot niet gaan nie, dat daar nou met die plaaslike swart bevolking geskakel word en dat vooruitstrewende Kantons vinniger hul selfbeskikking sal kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee verdwyn die struwelinge oor \u2018n bestemde grondgebied.&nbsp; Afrikaners word op voetsoolvlak gemobiliseer, deur \u2018n&nbsp; werkbare plan&nbsp; wat trapsgewys hul vryheid sal verseker en hul omgewing weer leefbaar sal maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nadeel is dat hulle steeds burgers van die NSA sal bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ons moet onthou dat die ANC nie vir baie dekades gaan regeer nie, want die toekoms is nie \u2018n reglynige voortsetting van die&nbsp; hede nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Kantonfederasie is dalk nie so \u2018n slegte idee nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/blog\">\u043e\u0431\u044a\u0435\u043c\u043d\u044b\u0439 \u0434\u0435\u043a\u043e\u0440 \u0441\u0442\u0435\u043d \u0441\u0432\u043e\u0438\u043c\u0438 \u0440\u0443\u043a\u0430\u043c\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verwoesting en verlies aan menselewens tydens die Tweede W\u00eareldoorlog het die internasionale gemeenskap gedwing om sekere maatre\u00ebls in te stel wat op alle lande van toepassing sal wees om \u2018n herhaling van WO2 se menseslagtings te voorkom. Die selfbeskikkingsbegrip het as internasionale norm sy beslag gekry om vrede en stabiliteit in multi-etniese state te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[10349,10350,5167,21092,4784,2242],"class_list":["post-9328","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-die-kantonfederasie","tag-kantons","tag-konfederasie","tag-rubrieke","tag-selfbeskikking","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9328","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9328"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9328\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9328"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9328"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9328"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}