{"id":9325,"date":"2010-08-25T06:45:17","date_gmt":"2010-08-25T06:45:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9325"},"modified":"2010-08-25T06:45:17","modified_gmt":"2010-08-25T06:45:17","slug":"wat-beteken-selfbeskikking-in-die-praktyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9325","title":{"rendered":"Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die volgende klink na \u2018n dom vraag: Waarom moet Afrikaners  selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie  waar nie? Dit is omdat Afrikaners \u2018n soewereine volk is, en omdat daar  \u2018n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot  te kan beskik. <\/p>\n<p>Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so  voor-die-hand-liggend nie. Daar was byvoorbeeld min mense wat in die  vorige bedeling geagiteer het vir \u2018n skeiding tussen Engelssprekende  blankes en Afrikaners. Ons was skynbaar heel gelukkig om ons land met  die Engelssprekendes te deel. Dit sou moeilik wees om te argumenteer dat  \u2018n Engelssprekende blanke Suid-Afrikaner deel van ons volk is. Miskien  is blote nasionalisme nie &#8216;n volledige verklaring vir die drang om oor  onsself te kan beskik nie. <\/p>\n<p>So ook het daar reeds sedert 1994 \u2018n  miljoen blankes, waaronder sekerlik \u2018n halfmiljoen of meer Afrikaners,  na lande soos die Verenigde Koninkryk, Australi\u00eb en Nieu-Seeland  ge\u00ebmigreer. Vir hierdie halfmiljoen Afrikaners was hul volksstatus  skynbaar van sekond\u00eare belang, omdat hulle hulself meestal in  Engelssprekende lande gaan vestig het, wat \u2018n heel verskillende kultuur  en taal het. <\/p>\n<p>Die sleutel l\u00ea in die term \u201coor hul eie lot te kan  beskik.\u201d Wat beteken dit in die praktyk, en waarom voel baie van ons dat  ons daardie reg verloor het in 1994? Hunker ons byvoorbeeld na die ou  bedeling se gedagtebeheer, klem op Christelik-Nasionale onderwys of na  klein apartheid? Wil ons volkspele en jukskei op die TV sien? Soek ons  na die tradisionele, behoudende waardes van ons ouers, toe die  Broederbond en NG Kerk oppermagtig was? <\/p>\n<p>Dit lyk nie so nie. Die  halfmiljoen emigrante het immers nie na Orania (slegs 700 inwoners),  Amisj-gemeenskappe in Pennsylvani\u00eb of na Iran gestroom nie, maar na  moderne, Westerse lande wat bykans sonder uitsondering sekul\u00eare liberale  demokrasie\u00eb is. Die gedeelde kenmerk van Australi\u00eb, die VK,  Nieu-Seeland, die VSA en Kanada is wel dat blankes \u2018n meerderheid daar  is, en hier is ons eerste leidraad. Die emigrante het wel gehunker  daarna om tussen mense van hul eie velkleur te verkeer. <\/p>\n<p>Waarom  sou dit wees? Is hierdie halfmiljoen verloopte Afrikaners almal gebore,  onkorrigeerbare rassiste? Haat hulle swartmense? Dit vind ek moeilik om  te glo, omdat die religie van nie-rassigheid en politieke korrektheid  hoogty vier in die lande waarheen hulle vertrek het. Nee; dit is omdat  die emigrante instinktief besef het dat die belange van swartes en  blankes eenvoudig onversoenbaar is. Miskien het hulle dit nie verwoord  nie, maar mens kan di\u00e9 botsende belange selfs verder vereenvoudig: Die  grondliggende rede waarom hulle ge\u00ebmigreer het, is belasting, en  spesifiek die mag om te bepaal hoe die belasting wat ek betaal, spandeer  word. <\/p>\n<p><strong><em>Belasting<\/em><\/strong> is die rede waarom ons selfbeskikking moet verkry. <\/p>\n<p>Dis  \u2018n vreemde gedagte, nie waar nie? Dit stuit jou amper teen die bors om  te dink dit gaan oor belasting. Wat dan van ons kultuur, taal en al  daardie mooi dinge? Ja, hulle is belangrik, maar sonder die seggenskap  oor ons eie belasting, is ons kultuur en taal in ieder geval gedoem. In  Suid-Afrika betaal ons belasting maar die regime gebruik ons eie  belasting om hofsake teen Ho\u00ebrskool Ermelo te voer, ten einde ons taal  te vermoor. Standerton se ANC-stadsraad het die blankes se belasting  gebruik om \u2018n monument, ons kulturele erfenis, op die dorp te vernietig.  Aapstat se ANC-stadsraad gebruik eweneens my as inwoner se  belastinggeld om my historiese erfenis uit te wis en Pretoria na \u2018n  imagin\u00eare stamhoof te herdoop. <\/p>\n<p>Dit is ook nie so vreemd as mens  in ag neem dat een van die sleutelfaktore wat aanleiding gegee het tot  die Amerikaanse Rewolusie belasting was. Die Bostonse Teepartytjie, \u2018n  voorspel tot di\u00e9 rewolusie, het oor Amerikaners se belasting wat aan \u2018n  vreemde volk, die Britte, gegaan het, plaasgevind. Vandag is daar weer  burgerlike verset in die VSA teen die regering, en hierdie verset gaan  oor\u2026ja, reg geraai \u2013 belasting. Die Amerikaners is kwaad vir die  Obama-regering en wat hulle sien as sy verkwisting van hul  belastinggeld. Die versetbeweging noem homself die Tea Party-beweging.  Sarah Palin, wat baie as &#8216;n fundamentalistiese Christen sou sien, is  polities-intelligent genoeg om die belang hiervan in te sien, en haar by  die Tea Party-beweging te skaar. <\/p>\n<p>Dit is presies om hierdie rede  dat verdere deelname aan die Nuwe Suid-Afrika vir Afrikaners nie  wenslik is nie: Diegene wat die meerderheid belasting betaal en die  staat befonds, ons, die blankes, het geen seggenskap oor hoe dit  spandeer word nie, omdat ons demografies verswelg word deur diegene wie  se belange lynreg met ons s\u2019n bots. Die naamverandering van Pretoria is  nie in my belang nie maar eerder in die ANC en sy kiesers s\u2019n. <\/p>\n<p>Dit  is waarom die halfmiljoen emigrante na lande soos Australi\u00eb uitgewyk  het: Omdat hul belange versoenbaar is met die ander blanke Australi\u00ebrs  s\u2019n; omdat die belasting wat \u2018n immigrant daar betaal, op s\u00fd en mense  soos sy, die ander blankes in daardie lande, se belange bestee word, en  nie op \u2018n massa vreemdes se belange nie. <\/p>\n<p>Daardie reg om te  bepaal hoe ons eie belasting spandeer word, is myns insiens die sleutel  tot selfbeskikking. Kry ons dit terug, verdwyn al die ander probleme wat  ons tans beleef grootliks soos mis voor die son. As Afrikaners ons eie  belasting op ons belange kan spandeer, sal ons \u2018n polisiemag kan skep  wat misdaad uit ons gebiede kan hou. Die taalstryd by die Universiteit  van Stalinbos sal nie meer \u2018n faktor wees nie, want ons sal met ons  belasting ons eie universiteite kan stig. <\/p>\n<p>Die stryd om  selfbeskikking beteken in die praktyk \u2018n stryd om die reg om te bepaal  hoe ons eie belasting spandeer word, terug te kry.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/plombirovanie-kornevyh-kanalov\/\">\u043f\u0430\u0441\u0442\u044b \u0434\u043b\u044f \u043f\u043b\u043e\u043c\u0431\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f \u043a\u043e\u0440\u043d\u0435\u0432\u044b\u0445 \u043a\u0430\u043d\u0430\u043b\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otzovikoff.ru\/object\/kompaniya-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die volgende klink na \u2018n dom vraag: Waarom moet Afrikaners selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie waar nie? Dit is omdat Afrikaners \u2018n soewereine volk is, en omdat daar \u2018n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot te kan beskik. Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so voor-die-hand-liggend &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9325\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[7290,21092,4784,10345],"class_list":["post-9325","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-belasting","tag-rubrieke","tag-selfbeskikking","tag-wat-beteken-selfbeskikking-in-die-praktyk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9325","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9325"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9325\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9325"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9325"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9325"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}