{"id":9322,"date":"2010-08-24T11:15:12","date_gmt":"2010-08-24T11:15:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9322"},"modified":"2010-08-24T11:15:12","modified_gmt":"2010-08-24T11:15:12","slug":"herrie-se-kerrie-afrikaans-toor-met-staak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9322","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Afrikaans toor met staak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaans is \u2018n wonderlike taal \u2013 dit kan dinge darem baie beter as die Rooi Taal beskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neem nou maar die woord \u201cstaak.\u201d Dan word werksaamhede ge-\u201cstaak&#8221;. Dienste word gestaak. Maar die Engelse woord is \u201cstrike\u201d wat darem erg misleidend is. Dit impliseer iets word gedoen \u2013 deur daarop toe te slaan. \u2018n \u201cStrike Force\u201d wat \u2018n vyandige land inval met die idee om te \u201cstaak\u201d gaan darem gou op sy baadjie kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit het die goewerment nou van hul voortrekkery van die Queen se taal. Nou word ge-\u201cstrike\u201d in plaas van gestaak. Soos met elke \u201cstaking\u201d wanneer vullisdromme omgekeer word, vreeslik gemors word, optogte gehou word, ander werkers \u2013 ja, daar is mense wat nie wil staak nie \u2013 wat ge\u00efntimideer word, teaterpersoneel wat in die middel van operasies uit teaters gesleep word. Ja, daar word op die nie-stakers ge-\u201cstrike.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie was vlak in die ho\u00ebrskool toe hy mooi die verskil tussen staak en \u201cstrike\u201d beleef het. Wat die rede was dat die standerd 9\u2019s gestaak het kan Herrie nie onthou nie, net hoe hulle di\u00e9 dag op die skietbaan gaan sit het, en ten aanskoue van die kopskuddende onnies dampies geslaan het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ieder geval, na klein pouse het die klasse met die onnies wat die hardste kon slaan sonder leerkragte gesit. Hulle is opgeroep om die skoolhoof te gaan bystaan met siep-sop uitdeel. Die hele standerd 9-klas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So het Herrie agtergekom, die leerders het gestaak, en die onnie het ge-\u201cstrike.\u201d Elke staker is ses keer ge-\u201cstrike.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te \u201cstrike\u201d het die nadeel vir die stakers dat die publiek simpatie met hulle en hul saak verloor, ongeag die meriete van die staking. Dan is daar natuurlik ook die kwessie van \u2018n vreeslike groot deel van die potensieel werkende bevolking wat elke jaar meer as 100 persent verhogings kry. Dis nou die mense wat glad nie werk en dus \u2018n inkomste het nie. \u2018n Verhoging van 100 persent op niks is steeds niks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n land waar soveel mense onder die broodlyn leef, maar die besluitnemers hulself skatryk maak deur verhogings, \u201cmeriete\u201d-bonusse, tenderpreneurskap en vreemde SEB-transaksies, en dieselfde uitgelese groepie oor en oor reggestel word, is dit eintlik te wagte dat die soustrein se dog box-ryers nie as inflasiebuffers gebruik wil word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as die mense wil \u201cstrike,\u201d slaan toe op die stembusse en stem diegene uit wat so milddadig slag aan die hennetjie wat die goue eiers l\u00ea. Nie op die mense wie se simpatie hulle nodig het nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\">\u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaans is \u2018n wonderlike taal \u2013 dit kan dinge darem baie beter as die Rooi Taal beskryf. Neem nou maar die woord \u201cstaak.\u201d Dan word werksaamhede ge-\u201cstaak&#8221;. Dienste word gestaak. Maar die Engelse woord is \u201cstrike\u201d wat darem erg misleidend is. Dit impliseer iets word gedoen \u2013 deur daarop toe te slaan. \u2018n \u201cStrike Force\u201d [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8017,10338,21092,9606,5704],"class_list":["post-9322","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-herrie-se-kerrie","tag-herrie-se-kerrie-afrikaans-toor-met-staak","tag-rubrieke","tag-staak","tag-strike"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9322","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9322"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9322\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9322"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9322"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9322"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}