{"id":9315,"date":"2010-08-23T06:55:07","date_gmt":"2010-08-23T06:55:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9315"},"modified":"2010-08-23T06:55:07","modified_gmt":"2010-08-23T06:55:07","slug":"groenskrif-oor-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9315","title":{"rendered":"Groenskrif oor grond"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gevaarligte flikker helder rooi as berigte oor die voorgenome groenskrif oor grondhervorming enigsins in die kol is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Opsigtelike probleem, luidens \u2018n berig in Rapport, is dat die groenskrif steeds van die veronderstelling uitgaan dat slegs 13 % van die grond in swart besit is, en 87 % in wit besit. Dit het blykbaar betrekking op alle grond in privaat besit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe die regering by so \u2018n sommetjie kan kom sonder \u2018n grondoudit, wat deur georganiseerde landbou versoek maar volstrek deur die regering geweier word, is onverstaanbaar. Verskeie opnames dui daarop dat die prentjie aansienlik anders daaruit sien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bewoording klink verdag baie na \u2018n blaps enkele maande gelede toe die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, in Rapport geskryf het dat met die aanbreek van die nuwe bedeling, dieselfde persentasies grond in wit aan die een kant, en swart, bruin en Indi\u00ebr aan die ander kant, se besit was. Sy is in verskeie artikels reggehelp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 syfers is opsigtelik ontleen van die ou persentasies waaruit die tuislande saam 13 % van die oppervlak beslaan het, en die res 87 %. Hierdie syfer kan kwalik as vertrekpunt gebruik word, onder meer oor die ligging van die land se dro\u00eb dele, die feit dat die meeste natuurparke soos die Kruger Wildtuin en Kalahari-Gemsbokpark&nbsp; ook in die 87 % gele\u00eb is, en dat staatsgrond, soos staatsplase en weermaggronde, dorpsmeente en vele meer kwalik na 1994 by sogenaamde blanke grond gereken kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om bruin grondbesit by die 13 % in te reken is moedswillig foutief. Bruin landelike gebiede soos die Richtersveld, Mier, Ebenhaeser, die Oppermansgronde en talle kleiner areas soos Thaba Patchoa, Genadendal en sowat 30 ander beslaan saam honderde duisende hektaar. Die groter gebiede is ook in dro\u00ebr gebiede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik handel dit nie werklik oor \u2018n paar persent hier en \u2018n paar persent daar nie, dit handel oor die wyse waarop persepsies as feite opgedis word, en sodoende \u2018n vraagteken plaas oor ander gegewens wat die beplande groenskrif gebruik. Is dit werklike onkunde \u2013 wat moeilik is om te glo nadat meer betroubare feite al soveel kere onder die regering se aandag gebring is \u2013 of blote moedswilligheid?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is dat as daar eers onversigtig met \u2018n stel feitefoute omgegaan word, erodeer dit die vertrouensposisie wat nodig is om die proses enigsins sinvol op die tafel te kan plaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meningsvormers uit die liberale dampkring, soos Max du Preez en dr. Piet Croucamp, stel dit periodiek dat die kommersi\u00eble landbou dalk baie tot \u2018n ontspanne klimaat oor grondhervorming kan bydra deur nie vir die regering te wag nie, en self in so \u2018n program die leiding te neem. Die werklikheid is dat dit al verskeie kere probeer is, en selfs ge\u00efmplementeer is, maar by die regering die koue skouer, of hoogstens lippediens gekry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Sinvolle beginpunt sou dalk wees om politieke retoriek en propaganda links te laat en met feite te werk.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u043f\u0440\u043e\u0444\u0435\u0441\u0441\u0438\u043e\u043d\u0430\u043b\u044c\u043d\u043e\u0435 \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u043e\u0435 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0431\u0438\u043b\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gevaarligte flikker helder rooi as berigte oor die voorgenome groenskrif oor grondhervorming enigsins in die kol is. \u2018n Opsigtelike probleem, luidens \u2018n berig in Rapport, is dat die groenskrif steeds van die veronderstelling uitgaan dat slegs 13 % van die grond in swart besit is, en 87 % in wit besit. Dit het blykbaar betrekking &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9315\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Groenskrif oor grond&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10323,9625,4946,21107,4111,21093],"class_list":["post-9315","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-groenskrif-oor-grond","tag-grond","tag-grondhervorming","tag-c33-hoofartikels","tag-landbou","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9315","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9315"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9315\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9315"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9315"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9315"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}