{"id":9309,"date":"2010-08-20T06:01:21","date_gmt":"2010-08-20T06:01:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9309"},"modified":"2010-08-20T06:01:21","modified_gmt":"2010-08-20T06:01:21","slug":"gatgrawery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9309","title":{"rendered":"Gatgrawery"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die regering maak steeds groot gewag van wat hy die opwelling van nasietrots gedurende die w\u00eareldbekersokkertoernooi noem, en klop homself hiervoor op die skouer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het egter in \u2018n radioprogram die skep van die sokkereuforie aan die media toegeskryf, en meen dit is reggekry ondanks, en nie danksy die regering nie. Reg of verkeerd, dit blyk dat die media hiervoor \u2018n prys betaal het. In \u2018n vroe\u00ebre uitgawe van dieselfde program is gemeld dat die media as gevolg van sy sokkerdekking \u2018n twintig persent daling in sirkulasie beleef het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ook al die werklike feite, die punt is skynbaar dat die regering die myle wat dit uit die w\u00eareldwye sokkereuforie kon kry, hopeloos oorskat het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eindfluitjie het skaars geblaas, of die regering skop die media wat minstens \u2018n baie belangrike rol in die sokkereuforie gespeel het met allerlei muilbandplanne in die tande. Die media reageer, en kort voor lank het die buitelandse media ook saam in die koor teen die regering begin sing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaasaanvalle, wat periodiek vir Suid-Afrika baie skadelike publisiteit sorg, is na \u2018n kort onderbreking voortgesit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe breek die staakseisoen aan, en die regering maak rug styf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werkers wat nou met die rug-styfmakery die spit afbyt, is die werkers wat aan die regering se versoeke gehoor gegee het om nie die sokkertoernooi te gebruik om groot verhogings af te dwing nie. Die stakers wat hulle aan die versoek afgevee het, het min of meer gekry wat hulle deur afpersing vermag het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is verskeie redes waarom die mense wat nou staak rede het om ongelukkig te wees. Behalwe dat hulle hul staking uitgestel het soos die regering versoek het, en nou daarvoor gepenaliseer word, word van hulle verwag om veel kleiner verhogings te aanvaar as wat die reeds oorbetaalde besluitnemers gekry het. Teen die agtergrond dat die soustreinryers groot verhogings kry, en hulle veel kleiner, is \u2018n verwere dat daar nie geld is nie, of dat dit inflasionisties is, water op die eend se rug. \u2018n Mens kan immers nie sosialisme predik, en kapitalisties uitvoer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop sien die en lees die stakers dat reeds bemagtigdes oor en oor die lang lootjies van SEB-bevoordeling trek. Fabelagtige bedrae word genoem in \u2018n land waar baie mense ver onder die broodlyn leef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook dit haal die buitelandse media, en die regering is tereg bekommerd en onthuts oor die slegte buitelandse publisiteit. Boonop kan die regering di\u00e9 keer op min simpatie in die buitelandse media staatmaak, aangesien die einste media solidariteit betoon met die media in Suid-Afrika wat \u2018n aanslag op mediavryheid in die gesig staar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter ook so dat die buitelandse media die lakens begin uitdeel het voor die huidige staking die elemente van geweld begin toon het. Hef aan in slegte publisiteit l\u00ea voor. Die regering is tereg bekommerd oor die geweld wat met die staking gepaard gaan, maar die vraag kan ook gevra word wat die regering eintlik verwag het sou gebeur om so sagkens met die verbale diarree van Julius Malema en ander om te gaan?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie distels saai, sal dorings maai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig gaan almal op die dorings trap.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u043f\u043d\u0435\u0432\u043c\u0430\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die regering maak steeds groot gewag van wat hy die opwelling van nasietrots gedurende die w\u00eareldbekersokkertoernooi noem, en klop homself hiervoor op die skouer. Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het egter in \u2018n radioprogram die skep van die sokkereuforie aan die media toegeskryf, en meen dit is reggekry ondanks, en nie danksy die regering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9309\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gatgrawery&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10316,21107,21093,21133,6714],"class_list":["post-9309","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-gatgrawery","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-c115-sokker","tag-wereldbeker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9309","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9309"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9309\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9309"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9309"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9309"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}