{"id":9307,"date":"2010-08-19T07:53:45","date_gmt":"2010-08-19T07:53:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9307"},"modified":"2010-08-19T07:53:45","modified_gmt":"2010-08-19T07:53:45","slug":"samesweringsteoriee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9307","title":{"rendered":"Samesweringsteorie\u00eb"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die afgetrede Kubaanse diktator, Fidel Castro, het pas weer begin o\u00eb wys, of hy begeef hom weer op die terrein van omstredenheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n pas-verskene skrywe spreek hy die mening uit dat die Bilderbergkonferensie \u2018n sameswering is om die w\u00eareld in \u2018n kernuitwissingsoorlog te dompel. Hy skryf die bestaan van die konferensie toe as \u2018n nalatenskap van Hitler.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bilderbergkonferensie is \u2018n informele instansie wat in 1954 in Nederland tot stand gekom het met die doel om trans-Atlantiese betrekkinge te verbeter. Dit was na kommer ontstaan het oor sterk anti-Amnerikaanse sentimente wat in Europa posgevat het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand kan betwis dat die Bilderbergkonferensie se eie styl grootliks vir die samesweringsoersepsies verantwoordelik is nie. Dit bestaan uit 130 invloedryke lede wat uitgenooi word, en die jaarlikse konferensies is nie oop vir die media of die publiek nie. Mediaverklarings oor waaroor besin is, is so skaars soos hoendertande.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat wel bekend is, is dat daar \u2013 in die laaste tyd minstens \u2013 geen resolusies bespreek of geneem word nie. Geen stemmings word gehou nie. Die gedagte dat dit \u2018n w\u00eareldregering voorstaan, is deur \u2018n jarelange lid as oordrewe maar nie heeltemal ongegrond nie, beskryf. In \u2018n seldsame mediaverklaring is verduidelik dat di\u00e9 konferensie maniere probeer vind om te voorkom dat oorlo\u00eb, veral kernoorlo\u00eb plaasvind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Castro, van alle mense, hom oor die Bilderbergkonferensie uitspreek is pikant, om die minste te s\u00ea. Castro het immers self \u2018n internasionale krisis veroorsaak deur Russiese kernwapens op die VSA se voorstoep te ontplooi, en dit is eers verwyder na \u2018n oorlog gedreig het. Trouens, met die Bilderbergkonferensie in 2008 was \u2018n kernvrye w\u00eareld een van die hoofbesprekingspunte naas sake soos kuberterrorisme, proteksionisme, Afganistan, Afrika, die Islam en Iran.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Castro self was deel van die w\u00eareldkommunistiese ryk, en die doelstellings van w\u00eareldoorheersing was kwalik bedek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat hy uitgesluit gevoel het van \u2018n instansie wat nouer samewerking tussen die demokrasie\u00eb weerskante van die Atlantiese Oseaan bevorder het, is te verstane. Sy ondergrawing van demokrasie, nie net in sy eie land nie maar as Rusland se soldaat met afstandbeheer in lande soos Ethiopi\u00eb en Angola, kan darem nie op die demokrasie\u00eb se brood gesmeer word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat sommige mense floreer op samesweringsteorie\u00eb sal die w\u00eareld nooit daarsonder wees nie. Intussen is Suid-Afrika ingetrek in \u2018n veel meer sigbare samesweringsteorie van sy eie \u2013 die georkestreerde aanslag teen die media, die publiek se reg op vrye uitdrukking en dus die wese van die demokrasie. Dit oorheers ons dagblaaie nou so, dat ander nuus, veral saakmakende nuus uit die buiteland wat die land se toekoms op ander wyses raak as moontlike sameswerings, skaars is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is goed dat die bedreiging van uitdrukkingsvryheid baie aandag kry, maar ook nie tot die punt dat dit tot selfopgelegde kennis-isolanisme lei nie. Daar is lewe buite ons landsgrense.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bet casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgetrede Kubaanse diktator, Fidel Castro, het pas weer begin o\u00eb wys, of hy begeef hom weer op die terrein van omstredenheid. In \u2018n pas-verskene skrywe spreek hy die mening uit dat die Bilderbergkonferensie \u2018n sameswering is om die w\u00eareld in \u2018n kernuitwissingsoorlog te dompel. Hy skryf die bestaan van die konferensie toe as \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9307\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Samesweringsteorie\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10313,10312,21107,21093,10311],"class_list":["post-9307","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bildenberg","tag-fidel-castro","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-samesweringsteoriee"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9307","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9307"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9307\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9307"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9307"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9307"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}