{"id":9298,"date":"2010-08-17T07:33:08","date_gmt":"2010-08-17T07:33:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9298"},"modified":"2010-08-17T07:33:08","modified_gmt":"2010-08-17T07:33:08","slug":"korrupsie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9298","title":{"rendered":"Korrupsie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Laat in die Thabo Mbeki-era het die ANC met \u2018n veldtog begin om \u2018n saak uit te maak dat dit eintlik die vorige bedeling was wat korrup was. Feitlik niks of niemand nie, van Anglo-American tot die Afrikanerbond, is ontsien nie. Dit het ook die kern uitgemaak van die destydse adjunk-minister van Landbou en Grondsake, Dirk du Toit, se toespraak by \u2018n drie-in-een-landboukonferensie in Bloemfontein. Volgens du Toit kon die korrupsie binne die nuwe bedeling nie opweeg van dit wat onder die oue plaasgevind het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard was daar korrupsie onder die ou bedeling. \u2018n Voormalige minister het tronkstraf uitgedien en nog een se aspirasies vir eersteministerskap het in die stof gebyt toe transaksies rondom besproeiingskemas aan die lig gekom het. Die lys is langer, en nie almal het aan die pen gery nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die bewindaanvaarding van pres. Jacob Zuma \u2013 eintlik van hy tot leier van die ANC verkies is, word gereeld ander geluide gehoor. Daar is klaarblyklik \u2018n groter mate van erkenning van die korrupsieprobleem tydens die Mbeki-era. Van tyd tot tyd maak Zuma sterk geluide teen korrupsie, en soms doen van sy senior ondersteuners dit ook \u2013 al word daar dan vir hulle gelag. Soms is skynbaar \u2018n bietjie volstruispolitiek hieroor gespeel soos tydens Zuma se staatsrede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussen die uitsprake en die gevolge was daar egter \u2018n groot verskil. Waar kaders w\u00e9l in die slag gebly het, is hulle gewoon herontplooi, of het reuse skeidingspakette ontvang, of beide.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas is \u2018n paar reuse ondersoeke aangekondig waar miljarde rande genoem word. Dit sny oor verskeie staatsdepartemente en provinsies. Dit klink na goeie nuus, maar verskeie staatsdepartemente en veral provinsies wat luidens berigte maar ewe wild met andermansgoed omgaan, is nie op die lysie wat ondersoek word nie. Die Openbare Beskermer het pas \u2018n verslag voltooi waarin \u2018n minister by tenderpreneurskap ge\u00efmpliseer word maar daar is geen teken dat di\u00e9 minister enige teenspoed te wagte kan wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop dryf die ANC nou verskeie maatre\u00ebls wat die gevaar inhou om Suid-Afrika van sy grondwetlike mediavryheid te stroop, en sodoende die mees potente middel om korrupsie aan die kaak te stel in die slag kan laat bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minstens is daar nou uitsprake oor korrupsie. Die jongste is die minister van Behuising, Tokyo Sexwale, wat meen dit het endemiese afmetings aangeneem \u2013 \u2018n term wat baie kenners lank reeds gebruik.&nbsp; Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het gewaarsku dat Suid-Afrika binne die volgende vyf jaar soos die korrupte gemeenskappe van Angola of soos Nigeri\u00eb sal word as korrupsie nie binnekort hokgeslaan word nie.&nbsp; Hy meen dit gaan uitloop op \u2018n toestand \u201cwaarin daar net een manier is om te oorleef:&nbsp; Om \u2018n posisie in die staat te kry waar jy ook uit die krippie kan eet.\u201d&nbsp; Jay Naidoo, eerste hoofsekretaris van Cosatu en latere minister van telekommunikasie, het ges\u00ea:&nbsp; \u201cHierdie is roofdier-vuilgoed wat \u2018n kanker in ons gemeenskappe is en wat die korrupsie in ons land aandryf.&nbsp; Dit is k\u00earels wat rondloop met sakke vol geld wat die stemme in konferensies koop.&nbsp; Hulle steel lisensies en verkoop tenders.&nbsp; Dit is mense wat van skoolvoedingsprogramme steel en toelaes steel wat bedoel is vir oumense en bejaardes.&nbsp; Dit vernietig die maatskaplike weefsel van ons gemeenskap.&nbsp; Die werklike vyand in ons land vandag is hierdie verdomde elites wat militante taal gebruik, maar vir wie dit net gaan om nog krippe te skep waar hulle kan gaan vreet en ons regte steel.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Zuma egter self nooit sy dag in die hof gekry het nie, sal die vermoede altyd bestaan dat daar selektief met die probleem omgegaan sal word. Indien dit die geval is, is die aanslag teen korrupsie prinsipieel ook korrup.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/rasshiritelnye-dlya-otopleniya\">\u0432\u0430\u043a\u0443\u0443\u043c\u043d\u044b\u0439 \u0440\u0430\u0441\u0448\u0438\u0440\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439 \u0431\u0430\u0447\u043e\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat in die Thabo Mbeki-era het die ANC met \u2018n veldtog begin om \u2018n saak uit te maak dat dit eintlik die vorige bedeling was wat korrup was. Feitlik niks of niemand nie, van Anglo-American tot die Afrikanerbond, is ontsien nie. Dit het ook die kern uitgemaak van die destydse adjunk-minister van Landbou en Grondsake, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9298\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Korrupsie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,6723,2300,21093,2254],"class_list":["post-9298","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-jacob-zuma","tag-korrupsie","tag-s7-menings","tag-thabo-mbeki"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9298","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9298"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9298\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9298"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9298"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9298"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}