{"id":9296,"date":"2010-08-16T14:37:50","date_gmt":"2010-08-16T14:37:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9296"},"modified":"2010-08-16T14:37:50","modified_gmt":"2010-08-16T14:37:50","slug":"taalregte-en-groepregte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9296","title":{"rendered":"Taalregte en groepregte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die GRA-herdenking is verskeie uiteenlopende menings oor Afrikaans gelig. Die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen, meen die stand van Afrikaans is baie goed, terwyl nog \u2018n akademikus, prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, meen die debat het teen Afrikaans gedraai, en spesifiek ten opsigte van Maties.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan al twee reg wees?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oud-politikus, ds. Cassie Aucamp, het terwyl hy in die parlement was gereeld daarop gewys dat die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe meer regte as net taal-, godsdiens- en kultuurregte impliseer. Argumente dat di\u00e9 kommissie dan met Pansat, wat na taalregte kyk, sou oorvleuel is dus nie heeltemal reg nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regeringswoordvoerders maak egter gereeld uitsprake wat daarop dui dat hul vertolking daarop neerkom dat hierdie gemeenskappe as sodanig net taal-, godsdiens-, en kultuurregte kan geniet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar is groepregte werklik so beperk?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter wille van politieke korrektheid word die term minderheidsregte ingespan. Minderheidsregte het volkeregtelik baie wye neerslag, ook staatkundig. Maar eerstens is dit nodig om te kyk na hoe minderheidsregte in die Suid-Afrikaanse grondwet ondervang word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter aanvang, maak die opstellers van die grondwet en onderhandelaars soos Roelf Meyer dit duidelik dat geoordeel is kollektiewe regte sou ten beste ondervang word deur te fokus op individuele regte. Dit is duidelik dat sensitiwiteit oor apartheid ruim daartoe bygedra het daartoe dat die fokus eerder op die regte van die individu val, as op die groep waarbinne die individu sy individuele regte kan opeis en uitdruk. Dit is fundamenteel \u2018n liberale benadering, in teenstelling met bv die Christelike Volkseie en Christen-demokrasie, soos byvoorbeeld deur die Duitse Christen-Demokratiese Unie onderskryf word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderskeid word miskien ten beste weerspie\u00ebl in die benaming van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, teenoor die naam van die Afrikakommissie vir Mense- en Volksregte, soms ook die Kommissie vir Mense- en Groepregte genoem. Ook die statuut of handves van die Afrikakommissie maak ruim voorsiening vir groepregte naas individuele regte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 235 van die Grondwet maak wel vir selfbeskikking voorsiening van groepe wat op grond van taal of kultuur \u2018n kollektief vorm. Di\u00e9 artikel maak nie vir volkome staatkundige afskeiding voorsiening nie, hoewel die Volkereg onder sekere omstandighede daarvoor voorsiening maak, en ook onlangs in die Kosovo-saak deur die Internasionale Geregshof bevestig is. Ingevolge die Europese Unie se handves het volke soos die Baske en Kataloni\u00ebrs selfbeskikking gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om na \u2018n alledaagse voorbeeld te verwys, dui hoe ineengestrengel taalregte en die regte van taalgemeenskappe kan wees. Is die reg om tot op tersi\u00eare vlak onderrig in Afrikaans te ontvang, \u2018n blote taalreg, of die reg van die Afrikaanse gemeenskap? Die verskil raak egter meer duidelik as die Afrikaanse gemeenskap die reg sou verwerf dat hulle deur \u2018n statut\u00eare liggaam self die beheer en bestuur van Afrikaanse skole kon opneem, en dat daardie deel wat Afrikaanssprekendes deur belasting vir onderwys opdok, spesifiek aangewend word vir die skole en universiteite onder di\u00e9 Afrikaanse statut\u00eare liggaam se beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdeur word beweeg in die rigting van korporatiewe selfbeskikking of selfs federalisme, wat van die meer bekende geografiese voorbeelde verskil. Die Maori-kongres, of parlement, is moontlik die bekendste voorbeeld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te verwys na hoe goed dit met Afrikaans gaan in terme van boeke wat die lug sien, kultuurkonserte en so meer, sonder om te kyk na die statut\u00eare begronding waarin die regte, insluitend taalregte uitgedruk word, is volstruispolitiek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kort antwoord is dalk dat Afrikaans wel presteer, ongeag, nie danksy die statut\u00eare omgewing nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/\">decorations<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens die GRA-herdenking is verskeie uiteenlopende menings oor Afrikaans gelig. Die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen, meen die stand van Afrikaans is baie goed, terwyl nog \u2018n akademikus, prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, meen die debat het teen Afrikaans gedraai, en spesifiek ten opsigte van Maties. Kan al twee reg wees? Die oud-politikus, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9296\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taalregte en groepregte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[167,10291,21092,4832,10290],"class_list":["post-9296","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrikaans","tag-groepregte","tag-rubrieke","tag-taalregte","tag-taalregte-en-groepregte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9296","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9296"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9296\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}