{"id":9295,"date":"2010-08-16T14:21:42","date_gmt":"2010-08-16T14:21:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9295"},"modified":"2010-08-16T14:21:42","modified_gmt":"2010-08-16T14:21:42","slug":"die-struggle-en-boere-mistiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9295","title":{"rendered":"Die struggle- en Boere-mistiek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een hiervan is die ANC se Marxistiese <em>struggle<\/em>-mistiek. Volgens hierdie legende is die <em>struggle <\/em>\u2018n hero\u00efese stryd waartydens goed teen die bose gese\u00ebvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was en is onkorrigeerbaar boos. Die swart helde, die kaders wat aan die <em>struggle <\/em>deelgeneem het, en veral die <em>exiles<\/em>, is daarenteen&nbsp;amper Messiasse, wat tot geen kwaad in staat is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bostaande mistiek, naamlik di\u00e9 van die ewig-onkreukbare <em>struggle<\/em>-held, het mens duidelik gesien met die siek spektakel van Tony Yengeni wat op die skouers van sy kamerade tronk toe gedra is, n\u00e1dat hy aan korrupsie skuldig bevind is. As teenwig vir die soldate van die <em>struggle<\/em> wat bo alle blaam verhewe is, is alles wat tydens die vorige, blanke bewind daargestel is, boos. Maak nie saak dat Bantoe-onderwys duidelik beter was as die huidige, mislukte onderwysstelsel nie; dit is noodwendig van die bose omdat dit onder \u2018n blanke regering plaasgevind het. Diegene wat hulself teen hierdie mistiek verset, weer eens kodespraak vir blankes, moet getransformeer word sodat hulle ook die <em>struggle<\/em>-mistiek hul eie maak, en ook die Xhosa-godjie, Mandela, as \u2018n heilige beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum vind mens die Boere-mistiek. Baie soos die ANC se Struggle-mistiek, het die Boere-mistiek \u2018n element van waarheid daarin, maar is dit, baie soos die ANC se <em>struggle<\/em>-mistiek, heeltemal te simplisties, word dit uit verband toegepas en is dit helaas ook uitgedien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Daar is verskeie elemente aan die Boere-mistiek, waarvan een van die belangrikstes die Gelofte by Bloedrivier was. Laasgenoemde word allerwe\u00eb beskou as \u2018n sekere aanduiding daarvan dat God steeds vandag aan die Boere se kant is. Om egter 1838 se Gelofte na die huidige politieke situasie van Afrikaners te probeer ekstrapoleer, is kennelik \u2018n voortbouery wat nie heeltemal inpas by wat eintlik op 16 (of moontlik 7 of&nbsp;9) Desember 1838 gebeur het nie. Die Gelofte was naamlik bloot \u2018n belofte aan God dat die Voortrekkers se nageslagte di\u00e9 dag sou herdenk, as God hulle die oorwinning &nbsp;oor die Zoeloes sou gee op daardie spesifieke dag&nbsp;in Desember 1838. Die bewoording van die Gelofte self het dan ook geen melding gemaak van \u2018n permanente oorwinning wat God die Voortrekkers se&nbsp;nageslagte&nbsp;oor hul opponente ook in die toekoms sou gee nie; dit het slegs oor daardie dag se veldslag&nbsp;gegaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>&#8216;n Verdere komponent van hierdie mistiek handel oor die Anglo-Boereoorlog. Maak nie saak dat daar nie streng-gesproke destyds slegs een Boerevolk was nie, maar eintlik \u2018n paar verskillende Boererepublieke wat aan die ABO deelgeneem het nie. Maak nie saak dat die Vrystaters aanvanklik nie baie entoesiasties oor die oorlog was nie. Dit maak eweneens nie \u2018n verskil aan hierdie mistiek dat daar heelwat Kaapse Afrikaners nie aan die ABO deelgeneem het nie, en dat daar sedertdien \u2018n oor-en-weer getrekkery tussen die noorde en die Weskaap was nie. Maak nie saak dat die ou Boererepublieke ontbind is en ingesluk deur die Unie van Suid-Afrika van 1910 nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En, die mees fatale een vir hierdie spesifieke komponent van die Boere-mistiek: Maak nie saak dat die Boere die oorlog verloor het nie, en dat hulle inderdaad nooit op die lange duur&nbsp;\u2018n kans gestaan het teen destyds die magtigste ryk op aarde nie. &nbsp;Die mistiek bly steeds voortleef. Ek sou dit beter kon begryp as die Boere nie uiteindelik verslaan is nie, maar weer eens: hulle het die oorlog uiteindelik verloor, mense! Kan dit \u2018n soort G\u00f6tterd\u00e4mmerung-versugting wees, hierdie? &#8220;Ons w\u00e9\u00e9t ons gaan verloor teen \u2018n swart oormag, maar ons gaan minstens op glorieryke wyse verloor.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In terme van hierdie mistiek, is daar steeds \u2018n Boerevolk. G\u2019n mens weet egter of iemand wie se oer-oupa in die ABO geveg het, maar sy oer-ouma \u2018n Kapenaar was, steeds \u2018n Boer is nie. Niemand kan met sekerheid s\u00ea of \u2018n linkse Afrikaner soos Max du Preez, \u2018n boorling van die Vrystaat, wel \u2018n Boer sou wees nie, en \u2018n v\u00earregse Kaapse Afrikaner nie een is nie, want volgens sommige definisies kan Vrystaters wel Boere wees, maar Kapenaars nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord van die dissipels van hierdie mistiek sou natuurlik wees dat die verskil tussen \u2018n Boer en die res van die Afrikaners gaan oor \u2018n bepaalde soort verwantskap met God. As \u2018n blanke Afrikaner sy volk as God se uitverkorenes beskou, in die nasionalistiese sin van die woord, sou hy volgens sommiges \u2018n Boer wees. Weer eens word die aanvanklike, eenvoudige betekenis van die Gelofte vir die doeleindes hiervan dikwels verdraai, en word Boere (wie hulle ook al sou wees) gesien as lede van die Geloftevolk. Die eenvoudige Gelofte by Bloedrivier word dus aangepas en verdraai om die stigting van \u2018n nuwe volk op daardie dag in 1838 te verteenwoordig. Gaan lees egter gerus weer die teks van die Gelofte, want dis nie wat daar ges\u00ea is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan, natuurlik, om die Boere-mistiek tot sy logiese uiteinde te voer, volg dit die antwoord op die benarde politieke situasie waarin Afrikaners hulself bevind, is vir Afrikaners (askies, Boere) om onsself bloot te verootmoedig, en terug te keer na ons verbond met God, of dan &#8216;n nuwe Gelofte met God&nbsp;te sluit. Eenvoudig, n\u00e8? Dikwels word Ou-Testamentiese Bybelverse soos 2 Kronieke 7:14 in hierdie verband aangehaal, met die implikasie dat Boere God se uitverkorenes sou wees, en die ander volke \u2013 die swartes \u2013 per implikasie ni\u00e9.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot probleem met hierdie simplistiese siening kom uiteraard daarmee dat dit moeilik is om op streng Bybelse gronde, soos mens by Bloedrivier kon maak, te argumenteer dat dit die Christen-Boere teen die heidense swartes is. Swart Christene se getalle is vandag waarskynlik tien maal groter as Afrikaner-Christene s\u2019n. Dit geld ook vir die ANC se kiesers. Dit sou uiters riskant wees om te probeer argumenteer dat die Boere die ware Christenskap aanhang, en die swartes nie. Werklik? Is \u00e1l die dertig miljoen plus swart Christene in Suid-Afrika op \u2018n dwaalspoor, teenoor slegs die Boere wat die \u201cware\u201d geloof in pag het?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien is dit tyd vir ons as Afrikaners, en veral diegene wat die Boere-mistiek aankleef, om \u2018n stappie terug te neem en \u2018n bietjie nederigheid te toon. Afrikaners is nie meer \u2018n belangrike volk in internasionale terme nie. Daar is ses of sewe maal meer Hollanders as wat daar Afrikaners is, en Holland is nou nie juis een van die belangrikste lande op aarde nie. Minder as een uit elke twintig mense in Suid-Afrika is deesdae Afrikaners. Op Skriftuurlike gronde weet ek nie van enige rede waarom \u2018n Christen-Afrikaner, eerder as \u2018n Christen-Xhosa, God se uitverkorene sou wees nie. Dit is veral \u2018n non-sequitor dat die blote verootmoediging deur die volk noodwendig sou lei tot \u2018n verbetering van ons politieke situasie, weer eens omdat daar geen rede is om te dink dat \u2018n ANC-Christen meer spesiaal in God se o\u00eb is as \u2018n Afrikaner-Christen nie, of andersom. Gaan die Nuwe Testament eweneens nie juis oor die individue van \u00e1lle nasies se ewige saligheid nie, in teenstelling met die nasionalistiese fokus op Israel in die Ou Testament nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts is dit totale wensdenkery dat meer as \u2018n handjievol Afrikaners ooit sal terugkeer na die waardes wat die Boere kwansuis destyds aangekleef het (wat di\u00e9 ook al was.) Al wat \u2018n Westerling is, ook Afrikaners, raak toenemend minder gelowig. Ek is bevrees dit gaan slegs enkele Afrikaners wees wat hul Westerse leefstyle gaan heroorweeg en terugkeer na wat ook al die mistiek van hulle vereis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is selfs diegene, myself inkluis, wat meen dat hierdie soort mistiek, wensdenkery en simplistiese versugting na verootmoediging, \u2018n soort meganisme is om die realiteit te vermy. Dit verteenwoordig magiese denke. Afrikaners hoef in terme van hierdie magiese denke slegs te bid en op geestelike gebied terug te keer na die mistieke verlede, en dan sal daar \u2018n wonderwerk soos by Bloedrivier plaasvind, en is ons ontslae van die dwingelandy van die ANC.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Was dit maar net so eenvoudig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/interer-gostinoj-komnaty\/\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u044c\u0435\u0440 \u0433\u043e\u0441\u0442\u0438\u043d\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef. Een hiervan is die ANC se Marxistiese struggle-mistiek. Volgens hierdie legende is die struggle \u2018n hero\u00efese stryd waartydens goed teen die bose gese\u00ebvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9295\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die struggle- en Boere-mistiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[6359,227,5583,4948,10289,21092],"class_list":["post-9295","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-abo","tag-anc","tag-anglo-boereoorlog","tag-boere","tag-die-struggle-en-boere-mistiek","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9295","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9295"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9295\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9295"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9295"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9295"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}