{"id":9294,"date":"2010-08-16T09:36:34","date_gmt":"2010-08-16T09:36:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9294"},"modified":"2010-08-16T09:36:34","modified_gmt":"2010-08-16T09:36:34","slug":"china-steek-japan-verby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9294","title":{"rendered":"China steek Japan verby"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Na drie dekades van skouspelagtige groei, het China daarin geslaag om Japan in die tweede kwartaal verby te steek en die w\u00eareld se tweede grootste ekonomie n\u00e1 die Verenigde State te word volgens syfers wat Maandag vrygestel is..<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 mylpaal, al lank verwag, is die mees ooglopende bewys nog dat China se opkoms &#8216;n feit is en dat die res van die w\u00eareld rekening sal moet hou met &#8216;n nuwe ekonomiese supermag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die erkenning is vroeg Maandag deur Tokio gedoen wat ges\u00ea het dat Japan se ekonomie ter waarde van ongeveer $1 280 000 000 000 in die tweede kwartaal effens onder China se $1 330 000 000 000 is. Japan se ekonomie het gegroei met 0,4% in die kwartaal, aansienlik minder as die skattings. Dit dui daarop dat China se ekonomie Japan s&#8217;n vir die volle jaar gaan verbysteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kenners meen Japan &#8211; en die afgelope jaar ook Duitsland, Frankryk en Groot-Brittanje &#8211; onderstreep China se groeiende invloed en voorspel dat China die Verenigde State as die w\u00eareld se grootste ekonomie so vroeg as 2030 sal inhaal. Amerika se bruto binnelandse produk was ongeveer $14 000 000 000 000 in 2009.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit het &#8216;n enorme belang,&#8221; s\u00ea Nicholas R. Lardy, &#8216;n ekonoom by die Peterson Institute for International Economics. &#8220;Dit herbevestig wat gebeur het vir die beter deel van &#8216;n dekade: China het Japan ekonomies uitgestof. Vir almal in China se omgewing, is die land nou die grootste handelvennoot, eerder as die VSA of Japan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Japan, waarvan die ekonomie stagneer al vir meer as &#8216;n dekade, toon die syfers &#8216;n afname in ekonomiese en politieke mag. Japan was die w\u00eareld se tweede grootste ekonomie vir &#8216;n groot deel van die laaste vier dekades, volgens die W\u00eareldbank. En gedurende die 1980&#8217;s, was daar selfs sprake dat Japan se ekonomie di\u00e9 van die Verenigde State sal ore aansit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar terwyl Japan se ekonomie volwasse is en sy bevolking vinnig verouder, is China in die greep van verstedeliking en onderontwikkel, s\u00ea ontleders, wat beteken dat dit &#8216;n veel laer standaard van lewe het, sowel as baie meer ruimte om te groei. Net vyf jaar gelede, was China se bruto binnelandse produk ongeveer $2 300 000 000 000, ongeveer die helfte van Japan s&#8217;n.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie land het min of meer dieselfde landmassa as die Verenigde State, maar dit is belas met &#8216;n vyfde van die w\u00eareld se bevolking en onvoldoende hulpbronne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die per kapita inkomste is meer op &#8216;n gelyke voet met di\u00e9 van arm lande soos Algeri\u00eb, El Salvador en Albani\u00eb &#8211; naby aan $3 600 &#8211; terwyl di\u00e9 van die Verenigde State oor die $46 000 is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China is reeds &#8216;n groot dryfveer vir w\u00eareldwye groei. Die land se leiers het meer selfvertroue op die internasionale toneel en het begin om &#8216;n groter invloed in Asi\u00eb, Afrika en Latyns-Amerika uit te oefen, met dinge soos spesiale handelsooreenkomste en multimiljard hulpbronprojekte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het &#8216;n groot invloed uitoefen op die werking van die globale ekonomie en is steeds dominant in Asi\u00eb,&#8221; s\u00ea Eswar S. Prasad,&#8217; n professor in handelsbeleid aan Cornell en die voormalige hoof van die Internasionale Monet\u00eare Fonds se China-afdeling. &#8220;Daar is baie ander ekonomie\u00eb in die streek wat hoofsaaklik ry op China se rokspante, en dit is merkwaardig vir &#8216;n ekonomie met &#8216;n lae inkomste per kapita.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Japan, is die stemming een van aanvaarding. Japan het voordeel getrek uit &#8216;n vinnig groeiende China, aanvanklik deur besighede wat produksie daarheen geskuif het om voordeel te trek uit die laer lone en, soos plaaslike inkomste gestyg het, deur &#8216;n groot en toenemende winsgewende mark vir Japannese goedere.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beijing wil ook die globale dialoog oor die dollar wat moet uitgefaseer word as die w\u00eareld se prim\u00eare reserwegeldeenheid, be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En terwyl die Verenigde State en die Europese Unie sukkel om te groei in die nasleep van die ergste ekonomiese krisis in dekades, het China voortgegaan om &nbsp;te klim om in die ekonomiese liga van swaargewigte te kom deur te bel\u00ea in infrastruktuur en &#8216;n $586 000 000 000-stimulusplan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China se ekonomie sal na skatting ongeveer met 10% groei hierdie jaar &#8211; &#8216;n merkwaardige drie-dekade lopie van dubbelsyfer groei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is net die begin,&#8221; s\u00ea Wang Tao, &#8216;n ekonoom by UBS in Beijing. &#8220;China is nog &#8216;n ontwikkelende land. Daarom is daar baie ruimte om te groei. En China het die grootste impak op kommoditeitspryse &#8211; in Rusland, Indi\u00eb, Australi\u00eb en Latyns-Amerika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is groot uitdagings in die toekoms, alhoewel. Ekonome s\u00ea dat China se ekonomie ook baie afhanklik van uitvoer en beleggings is en dat dit groter binnelandse verbruikersbehoeftes behoort aan te moedig &#8211; iets wat China gesukkel het om te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State, die Europese Unie en ander beskuldig Beijing dat hulle die Sjinese geldeenheid, die renminbi, kunsmatig laag hou om uitvoere te bevorder &#8211; wat lei tot &#8216;n groot handelsoorskot vir China, en aansienlike bilaterale handelstekorte vir die Verenigde State en die Europese Unie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeag, China se vinnige groei dui daarop dat dit sal voortgaan om fel mee te ding met die Verenigde State en Europa vir natuurlike hulpbronne, maar bied ook groot geleenthede vir maatskappye wat gretig is om die mark te tap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, s\u00ea Lardy by die Peterson Instituut, gee die land ongewone krag. &#8220;China is al die prim\u00eare determinator van die prys van byna elke belangrike kommoditeit,&#8221; volgens hom.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/66-nastol-nye-lampy\">\u043b\u0430\u043c\u043f\u044b \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/13.10.2017\/prokuratura_utverdila_obvinenie_harkovskomu_zastroyschiku\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na drie dekades van skouspelagtige groei, het China daarin geslaag om Japan in die tweede kwartaal verby te steek en die w\u00eareld se tweede grootste ekonomie n\u00e1 die Verenigde State te word volgens syfers wat Maandag vrygestel is.. Di\u00e9 mylpaal, al lank verwag, is die mees ooglopende bewys nog dat China se opkoms &#8216;n feit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9294\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;China steek Japan verby&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-9294","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9294","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9294"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9294\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9294"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9294"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9294"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}