{"id":9286,"date":"2010-08-16T06:43:00","date_gmt":"2010-08-16T06:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9286"},"modified":"2010-08-16T06:43:00","modified_gmt":"2010-08-16T06:43:00","slug":"godsdienstige-fundamentalisme-sal-ons-einde-beteken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9286","title":{"rendered":"Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is teleurstellend dat Christo Landman nog nie op Thys Human se navrae gereageer het rakende of Landman en die teokratiese beweging die Kenmekaarkonferensie gekelder het nie. Immers het Human hom (Landman) die kans gegee om te bevestig of Landman, en die teokratiese beweging, van die Kenmekaarkonferensie ontrek het omdat \u2018n hulle nie aan gesprekke sal deelneem tensy dit nie vooraf aanvaar word dat \u2018n volkstaat \u2018n teokrasie sal wees nie.&nbsp; Wat is die doel van gesprekke dan vra ek? Die teokratici en hul mede-fundamentaliste sal ons ondergang beteken. Laat ek verduidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele &nbsp;Afrikaner-emigrante wat na die Anglo-Boereoorlog &nbsp;nie onder Britse bewind wou leef nie, het Argentini\u00eb toe getrek. Hulle is deur die Argentynse owerhede in Patagonie gevestig. Die Argentyne se idee was dat die Afrikaners hierdie&nbsp; ylbevolkte deel van Argentini\u00eb sou bevolk. Ons kan alleen vermoed dat as dit \u2018n suksesvolle kultuuroorplanting was, Afrikaans vandag in Patagoni\u00eb sou gedy. Wie weet, miskien sou selfs meer Afrikaners dan soontoe trek, ook diegene wat in latere jare van die ANC-regime sou vlug. Patagoni\u00eb sou dalk selfs \u2018n soort Afrikaner-Quebec, binne Argentini\u00eb, kon word. Dalk sou dit die volkstaat kon word, maar helaas nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rede is eenvoudig en bekend aan Afrikaners. Kort n\u00e1 die vestiging van die Afrikaners in Patagoni\u00eb het kerklike tweespalt uitgebreek. Die gevolg van hierdie godsdienstige onmin was dat daar nooit eenheid in die Argentynse Afrikanergemeenskap ontwikkel het nie. Die onenigheid het daartoe gelei dat hulle as kultuurgemeenskap verbrokkel het. Ironies vir die puriteinse hardkoppiges van ouds is hul verspaansde afstammelinge vandag uitgelewer aan die druk van verkatolisering. Hierdie is \u2018n klassieke voorbeeld van hoe Afrikaners se godsdienstige fundamentalisme en gepaardgaande hardkoppigheid tot hul eie ondergang gelei het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem met godsdienstige fundamentalisme is dat dit in \u2018n stel absolute idees glo. Daar is geen ruimte vir kompromie of buigsaamheid nie, want afwyking van hierdie absolute &#8220;waarhede&#8221; sal lei daartoe dat die siel in die ewige foltering beland. Dis dus beter om die prys van onwrikbaarheid te betaal as om van die absolute godsdienstige &#8220;waarhede&#8221; af &nbsp;te sien. Nodeloos om te verklaar bestaan hierdie &#8220;waarhede&#8221; slegs in die gelowige se gedagtegang, want volgens die rasionele vereistes van enige wetenskap, is geloof geen vorm van kennis nie, in elk geval nie in die empiriese sin van die woord nie. Geloof is en bly net d\u00edt, nl geloof, onwetenskaplike kennis of idees waarvoor daar geen bewyse bestaan nie, &nbsp;gepaardgaande met die vaste oortuiging dat dit die waarheid is. As die gelowige dus s\u00ea dat \u201cEk weet God bestaan, want ek sien Sy hand in my lewe\u201d dan moet die aanhoorder dit maar met \u2018n knippie sout neem, want eintlik pas die word &#8220;weet&#8221; glad nie in daardie sin nie. Die gelowige se woorde sou meer akkuraat wees as hy sou s\u00ea \u201cEk glo dat God bestaan, want sekere dinge in my lewe lyk vir my na Sy werk.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik is die gelowige en die ate\u00efs ewe irrasioneel en dikwels ook ewe hardkoppig. Immers is dit net so onwetenskaplik en onbuigsaam om te s\u00ea \u201cEk weet daar is geen god nie.\u201d Hoe kan enigiemand so iets s\u00ea as jy dit nie kan bewys nie, dis immers nie Kersvader of die Paashaas waarvan ons praat nie, maar \u2018n baie meer abstrakte konsep? Wanneer die agnostikus dus s\u00ea \u201cEk weet nie of daar \u2018n god is nie, dalk is daar, dalk is daar nie\u201d dan is dit die mees rasionele verklaring. Tog, die vrees wat reeds tydens die kinderjare ingeprent word, maak dit ontmoontlik vir die meeste gelowiges om ooit die rasionele standpunt in te neem. Deels om daardie rede, asook die hoop dat daar iets beter as hierdie lewe moet wees, is baie, ook die uwe, &nbsp;gelowig. Geloof het dikwels bittermin met liefde vir God te make en baie meer met vrees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke eksistensi\u00eble vrese is meer waarskynlik by mense wat reeds in \u2018n omgewing leef waar \u2018n eksistensi\u00eble krisis beleef word, soos tans met die Afrikaner die geval is. Wanneer ons voorgeslagte ook sulke krisisse beleef&nbsp; het, soos die Bosoorlog, die 1976-onluste, die twee Vryheidsoorlo\u00eb, Bloukrans, Bloedrivier, Dingaanskraal, die Oos-Grensoorlo\u00eb en nog vele ander konflikte, kan godsdiens die kulturele verstekpunt raak om krississe op die geestelike vlak te hanteer. Binne \u2018n groter gebalanseerde benadering is dit nie verkeerd nie. Die vrees vir die goddelikheid, vrees vir eie mortaliteit ens. kom by meeste gelowiges voor, en dis normaal, maar by sommiges raak dit oorheersend. By diegene waar die gesonde dosis vrees deur \u2018n oormaat daarvan vervang word, word hul geloof, opsigself, daardeur omvorm. Hulle raak obsessief oor die letter van die Woord en wil alles om hulle daarby maak inpas. Soos met enige obsessie verloor hulle kontak met die werklikheid. In ekstreme gevalle word \u2018n hele land deur so \u2018n bestel oorgeneem, dus \u2018n teokrasie. Iran is \u2018n voorbeeld van so \u2018n rampspoedige implementering van godsdienstige obsessie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geloof opsigself is nie die probleem nie. D\u00edt, tesame met gesonde verstand, kan selfs die oplossing wees. Bloedrivier is \u2018n uitstekende voorbeeld van hoe gesonde verstand en geloof ons tot redding gebring het. Die probleem is wanneer gelowiges se absolutisme oorheersend raak, waanneer daar geen buigsaamheid rondom enige konsepte meer bestaan nie. Laasgenoemde is die obsessie waarna in die vorige paragraaf verwys is. Die godsdienstige absolutisme begin dan elke aspek van hul&nbsp; gedagtew\u00eareld oorneem, tot die punt dat selfs die politiek daarvolgens in die vorm van \u2018n teokrasie bestuur moet word. Dikwels hou dit ook verband met persoonlikheidstipes. Hierdie persoonlikheidstipe gedy veral in regse politiek, en soos reeds met die Argentynse ervaring bewys is, kan dit tot \u2018n volk se ondergang lei as hulle die oorhand verkry. Afrikaners het deur hul geskiedenis \u2018n oormaat aan hierdie tipes. Immers stam ons tot groot maat uit sulke mense, die Hollanders wat vir dekades lank teen die Spanjaarde geveg het, die Hugenote, ens. Die voordeel van hierdie persoonlikheidstipes is dat hulle meer geredelik teen \u2018n onderdrukkende regime sal rebelleer. Die nadeel is dat hulle onder ekstreme druk moet verkeer voordat hulle as \u2018n eenheid saamwerk, dikwels te laat. Hulle onenigheid met hul volksgenote kan handeling in die wiele ry met \u2018n gevolglike oorwinning vir die vyand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hul harkoppigheid, soos met die Argentynse Afrikanersetlaars, en dus hulle onvermo\u00eb om aanpassings terwille van eenheid te maak, ru\u00efneer die kanse op oorlewing as \u2018n kultuur. Hulle is soos die Amerikaanse spreekwoordelike <em>floo floo bird<\/em>, wat gepas deur WA de Klerk as die &#8220;vlie-vlie-vo\u00ebl&#8221; vertaal is. Die vlie-vlie-vo\u00ebl wat alewig agteruit vlieg is \u2018n metafoor vir die een wat so ingekeer op sy eie idees is, dat hy geensins kan uitreik na diesulkes wat anders as hy dink nie. Aan die einde het die vlie-vlie-vo\u00ebl se agteruitvlie\u00ebry so erg geraak dat hy met sy kop deur sy agterent gevlieg het. Dit is \u2018n gedagtegang wat tot selfvernietiging lei. Is dit waarmee die Afrikaner- teokratiese beweging besig is?&nbsp; Is mense soos Christo Landman se fundamentalisme en hardkoppigheid besig om Afrikanereenheid en dus kultuuroorlewing in die wiele te ry? Dink die teokratiese beweging werklik dat Afrikaners bereid sal wees om in \u2018n godsdienstige diktatuur te leef? S\u00ea daarvan wat jy wil, maar niemand kan ontken dat Afrikaners sekere menseregtelike vryhede in die NSA gesmaak het wat hulle nie onder die NP-bewind gehad het nie. Of, is Christo Landman en die res van die teokratiese beweging deel van die ekstremistiese Israelvisietipes wat glo dat mense nie regte het nie, maar net verantwoordelikhede teenoor God? Glo my, Afrikaners sal eerder in die haglike NSA bly, of na Australi\u00eb emigreer, voordat hulle by sulke sektariese malligheid sal inkoop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teokratiese beweging moet nou aan Afrikaners verklaar of hulle te onbuigsaam is om met Afrikaners van verskillende geloofs- en filosofiese sieninge saam te werk. Wil hulle ons volk in \u2018n Calvinistiese weegawe van Iran indwing? Indien dit die geval is, is hulle deel van die probleem en nie deel van die oplossing nie. Sulke verkramptheid sal ons volk se ondergang kos. In ons krisis is onbuigsaamheid \u2018n vorm van selfmoord. Uiteindelik sal ons nes die Afrikaners in Argentini\u00eb in die volksvreemde massa verdwyn, maar ek glo dat dit vir die teokratiese fundamentaliste \u2018n beter opsie is, as om buigsaam teenoor volksgenote &nbsp;te wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d\u044b \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u0435\u043a \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is teleurstellend dat Christo Landman nog nie op Thys Human se navrae gereageer het rakende of Landman en die teokratiese beweging die Kenmekaarkonferensie gekelder het nie. Immers het Human hom (Landman) die kans gegee om te bevestig of Landman, en die teokratiese beweging, van die Kenmekaarkonferensie ontrek het omdat \u2018n hulle nie aan gesprekke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9286\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[10288],"class_list":["post-9286","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-godsdienstige-fundamentalisme-sal-ons-einde-beteken"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9286","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9286"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9286\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9286"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9286"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9286"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}