{"id":9283,"date":"2010-08-16T06:31:15","date_gmt":"2010-08-16T06:31:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9283"},"modified":"2010-08-16T06:31:15","modified_gmt":"2010-08-16T06:31:15","slug":"politieke-huwelik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9283","title":{"rendered":"Politieke huwelik"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die nuus dat die DA en die ID volgende jaar onder die DA-vaandel saam aan die landswye munisipale verkiesing gaan deelneem kom vir niemand as verrassing nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangse meningspeilings het effektief die doodsklok vir die ID gelui, en daarmee saam het die persoonlike euforie wat Patricia de Lille sedert haar bedanking uit die PAC gevolg het, verdamp. Dit het na \u2018n ewigheid gelede geklink sedert iemand soos Rhoda Kadalie verklaar het dat sy graag De Lille as die land se eerste vrouepresident wou sien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte van hewige verliese tydens elke oorloopperiode, het die party met elke verkiesing weer danksy haar charisma veld teruggewen. Nou het die boom uit die meningspeilings getuimel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook nou verklaar die twee partye dat hulle beleid en beginsels deel, en daarom een behoort te wees. Die ID was egter wat beleidloosheid betref, Cope \u2018n paar jare voor, voordat die ID homself uiteindelik tot \u2018n sosiaal-demokratiese partye verklaar het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder word verklaar dat die twee partye nou al in verskeie munisipaliteite goed saamgewerk het, dat eenwording dus nie \u2018n probleem is nie. Ook hier klink dit opportunisties aangesien die ID-raadslede onlangs nog met die ANC-raadslede saamgespan het om \u2018n DA-munisipale bewind in die stof te laat byt. Veral in die Suid-Kaap en die Overberggebied is dit nie ongewoon dat die ID en die DA in rade haaks is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die politiek is een plus een nie altyd twee nie, soos verskeie koalisiepogings ook al geblyk het. Die DA self is egter op hierdie gebied \u2018n uitsondering, en di\u00e9 party sal stellig voel dat dit die resep gevind het en steeds sal kan gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog is sake vir die DA nie heeltemal eenvoudig nie. Die krimp van die ID beteken dat daar baie huidige en aspirerende ID-verteenwoordigers is wat sal hoop om via die DA op sagte kussings te beland. Baie dikwels gaan die nominasiestryde nou sterk rasselyne volg en sake baie kompleks maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die DA op nasionale vlak nie baie verbaal oor plaasaanvalle was nie, is wel in sommige provinsies voor in die koor gesing om dit te veroordeel. Nou begeef die DA hom in die politieke speelveld waar hierdie soort kwessies binne \u2018n ander persepsie geanker is. Zille se onlangse voorstelle oor 50 % aandeelhouding tussen boere en hul werkers het juis \u2018n groot onrustigheid in die DA losgemaak en \u2018n spesiale memorandum moes omgestuur word om gemoedere te probeer kalmeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant het die Afrikanerbond in sy jongste elektroniese nuusbrief verskeie bladsye afgestaan aan \u2018n nuwe erns om die minderheidsregte van die Afrikaner aan te spreek. Die AB het ook \u2018n gesprek met die VF Plus oor die kwessie gevoer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is dus \u2018n billike vraag dat nou vrae gevra word oor die DA se vermo\u00eb om sy wye spektrum steun onder dieselfde kombers te kan toemaak. Die vraag is veral relevant teen die agtergrond van, soos Rapport dit al uitgedruk het, die probleem van regse Afrikaners in die party. Di\u00e9 vraag sal moontlik nog meer relevant word wanneer die pogings verskerp word om beduidende swart steun te ontgin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos sake nou staan, reik die DA reeds bykans nooit meer mediaverklarings in iets anders as Engels uit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die potensiaal is dus daar dat die DA deur \u2018n kortbroekskuif verras kan word, waar die NNP by die ANC aangesluit het maar gevind het die oorgrote meerderheid lede het in die DA agtergebly. Dit is juis hierdie groep wat deur Rapport as probleem ge\u00efdentifiseer is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"Account Advertising\">to advertise<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus dat die DA en die ID volgende jaar onder die DA-vaandel saam aan die landswye munisipale verkiesing gaan deelneem kom vir niemand as verrassing nie. Onlangse meningspeilings het effektief die doodsklok vir die ID gelui, en daarmee saam het die persoonlike euforie wat Patricia de Lille sedert haar bedanking uit die PAC gevolg &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9283\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politieke huwelik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7599,10287,5484,10286,6879],"class_list":["post-9283","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-da","tag-de-lille","tag-id","tag-politieke-huwelik","tag-zille"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9283","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9283"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9283\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9283"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9283"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9283"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}