{"id":9282,"date":"2010-08-14T06:36:50","date_gmt":"2010-08-14T06:36:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9282"},"modified":"2010-08-14T06:36:50","modified_gmt":"2010-08-14T06:36:50","slug":"brink-se-hatige-strydskriffie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9282","title":{"rendered":"Brink se hatige strydskriffie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Vandag is GRA-dag en ons almal vier die amptelike ontstaan van Afrikaans as kultuurtaal 135 jaar gelede toe die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Van die begin af is daar ywerig letterkunde in Afrikaans voortgebring. Van 1994 af het die Afrikaanse letterkunde gekwyn en word dit gekenmeer deur &#8216;n ideologiese beheer van die staat soos in Sowjet-Rusland, met die groot uitgewers wat hoofsaaklik polities korrekte boeke, dikwels in geradbraakte Afrikaans, publiseer.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Op 14 Junie het ek die volgende brief op LitNet gepubliseer, in repliek op &#8216;n uiters bevooroordeelde resensie wat Andr\u00e9 P. Brink in Rapport oor my roman Moltrein geskryf het. Toevallig het ek nou weer daarop afgekom en vind dit gepas om dit vandag, &#8216;n dag waarop verskeie Afrikaanse organisasies mense aanmoedig om boeke in ons taal te koop, weer te publiseer.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Andr\u00e9 P Brink het op Sondag 6 Junie 2004 \u2019n bevooroordeelde tirade in plaas van \u2019n resensie oor my boek <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/boek.moltrein.htm\"><em>Moltrein<\/em><\/a> geskryf. Ek kon glad nie my roman in sy uitbarsting herken nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brink het nog altyd \u2019n erg moralistiese streep gehad. As hy hom reeds in sy mees onlangse roman, <em>Anderkant die stilte<\/em>,  belaglik gemaak het met sy gepreek oor kolonialisme en die wreedheid  van alle blanke Duitse mans, bereik hy hier nuwe hoogtes as hy my arme  klavierspeler van \u201cmanlike chauvinisme\u201d beskuldig op grond van een re\u00ebl  wat in sy skokkende glorie as bewysstuk uitgestal word. Brink gaan met  my boek om soos die destydse Aksie Morele Standaarde met Leroux se <em>Magersfontein<\/em> gemaak het: hy het \u2014 lyk dit my \u2014 deur die hele boek geblaai op soek  na, enersyds, lelike woorde en andersyds \u2019n gebrek aan politieke  korrektheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kennelik is dit gedoen om my roman te diskrediteer, om dit aan te bied  as een of ander sensasionele katalogus van erotiese tonele wat hulself  een na die ander onsamehangend afspeel. Wat my egter verbyster, is die  infantiele en selfs vulg\u00eare manier waarop Brink, wat homself daarop roem  dat hy \u2019n kenner van letterkunde is, hierdie aspek benader. Dit is nie  eens studentikoos nie; dit is net ordin\u00eare swak smaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brink het hom nou al meermale onderskei as iemand wat dit moelik vind om  by die onderwerp te hou. As hy nie tydens \u2019n lesing oor Van Wyk Louw,  soos verlede jaar by RAU, \u2019n hele kwartier aan Jackie Nagtegaal se  kreatiewe taalgebruik afstaan of as \u2019t ware skuimend om die mond teen  George W Bush lostrek nie, lei hy sy reeks stommiteite oor my roman in  met \u2019n \u201cstorietjie oor die cockney, so \u2019n Andy Capp-mannetjie\u201d wat \u2019n  motor wil koop. \u2019n Mens sou \u2019n hele Freudiaanse analise kon doen oor  Brink se verklaring dat hyself deur my boek, soos hy dit stel, \u201cgefok\u201d  voel, sy dit dan sonder passie, maar ek wil vra: van wanneer af is  \u201cpassie\u201d \u2019n liter\u00eare maatstaf?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beskik Brink oor enige maatstawwe behalwe sy manie oor \u201cmanlike  chauvinisme\u201d en \u2019n skoolvosserige vitterigheid oor my taalgebruik? Om  darem te beweer dat ek \u201cbelangeloosheid gebruik wanneer ek  \u2018onbelangstellendheid\u2019 bedoel\u201d is gewoon verkeerd wanneer die vierde  uitgawe van die HAT, Perskor 2000, altwee betekenisse van \u201cbelangeloos\u201d,  dws \u201csonder betaling, sonder eie voordeel\u201d, maar ook \u201csonder  belangstelling\u201d, erken. Ek het reeds voorheen gedreig om Brink se <em>Donkermaan<\/em> weer \u2019n keer deur te lees weens die irritasie van sy vele anglisismes,  om van die lukrake invoeging van Engelse woorde nie te praat nie, want  dit lyk my ons letterkunde wat in die verlede darem debat oor \u2019n paar  idees of beginsels toegelaat het, behels deesdae \u2019n heksejag oor mekaar  se \u201cskryffoute\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waaraan \u2019n mens jou nog meer verwonder, is dat Brink, die taalkundige  libertyn en apologeet vir Nagtegaal se \u201closlit-, losmaag- en  oopgulp-Afrikaans\u201d, om Kas Landman se tipering te gebruik, nou skielik  sy liniaal uitgehaal het om letterlik die lengte van my sinne te meet en  selfs \u2019n verkeerde gebruik van die verlede tyd bespeur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar uiteindelik weet ons albei waaroor dit gaan: dit is veel minder \u2019n  kwessie van grammatika of gebrekkige passie as twee w\u00earelde in botsing.  Jare lank is ek en ander eintlik verhoed om te skryf deur die groteske  stereotipes en karikature van Afrikaners en apartheid wat deur Brink,  Gordimer et al die w\u00eareld ingestuur is. Soos Talleyrand ges\u00ea het, \u201cTout  ce qui est exag\u00e9r\u00e9 est insignifiant\u201d (Alles wat oordrewe is, is  onbenullig.) Hierdie oordrewe geskrifte noem hulle \u201cSefefrikin  Litritjur\u201d. Dit wat Brink so ontstig in my boek, is juis die  oneerbiedige hantering van al die politieke clich\u00e9s wat by die jaart uit  die koloniale woordverwerkers gestroom het. Oor en oor in <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/boek.moltrein.htm\"><em>Moltrein<\/em><\/a> gebruik ek die term \u201capartheidsland\u201d, byvoorbeeld, in \u2019n  verestetisering van die woord en uiteindelike weerwraak van die kuns op  die politiek. Omtrent elke sin in die boek is ironies, maar dit het  Brink nie agtergekom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2019n hele klomp verwysings, van die ooglopendes na Proust en  Balzac tot die onaangekondigdes, maar tog nie minder blatant nie, soos  byvoorbeeld die gedeeltes oor die <em>passages<\/em> wat leen by Walter Benjamin se <em>Passagenwerk<\/em>. Brink se hatige strydskriffie in <em>Rapport<\/em> maak geen melding daarvan nie. Uiteraard was Benjamin ook \u2019n Paryse  balling, wat in 1940 op die Spaans-Franse grens selfmoord gepleeg het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEendimensionele\u201d voorstelling van Parys? Dan het Brink seker nog nie  vir Berberowa of Nabokof oor die stad gelees nie, veral eersgenoemde se <em>Le laquais et la putain<\/em>.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2019n hele klomp idees in die boek, ook politieke idees. As Anton  du Preez niks van politiek weet nie, is Brink se eie insigte op die  amoebavlak. Onder andere sien die karakter die Suid-Afrikaanse revolusie  van 1994 as die laaste stuiptrekking van die modernistiese  gelykheidsideaal en wys op die paradoks van \u2019n oorname deur selferkende  kommuniste hier by ons terwyl Europa hulle verwerp. Sover ek weet is die  koppeling van Boerehaat en Jodehaat nie \u201cholruggery\u201d of \u201cafgesaag\u201d nie  en sy siening van die Verligting as tegelyk rasioneel en irrasioneel, is  nie net \u2019n eerste in Afrikaans nie, maar selfs binne \u2019n Europese  konteks hoogs oorspronklik, al moet ek dit self s\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brink verraai, soos Gordimer, sy koloniale bewussyn as hy in gewyde  terme na Houellebecq en Catherine Millet se onlangse werke verwys wat  \u201cgegrond is op \u2019n indrukwekkende filosofie.\u201d Hulle is mos darem van  \u201coorsee\u201d en dus beter. Houellebecq is \u2019n kuriositeit en dikwels  interessant, maar in sy uitbeelding van Westerse dekadensie het hy die  klok gehoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie. Ek verkies my eie  sienings bo di\u00e9 van Houellebecq.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2019n groot behoefte aan saaklike en insiggewende resensies om  Afrikaanse romans vir \u2019n bre\u00eb publiek toeganklik te maak. Op een stadium  in die goeie ou dae het Brink dit tog in die einste <em>Rapport<\/em> reggekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy huidige styl pas egter meer by \u2019n kougomkouende tiener as by \u2019n  afgetrede professor van Engelse letterkunde. Dit is iemand van sy  leeftyd nie waardig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">* * *<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot sover my stuk wat aan Rapport gestuur is. Hier volg nou verdere  kommentaar wat nie direk op die resensie betrekking het nie, maar  miskien tog wel daarmee verband hou:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir \u2019n geruime tyd reeds beskou ek prof Andr\u00e9 P Brink as irrelevant vir  die openbare en intellektuele debat in Afrikaans. Iemand s\u00ea nou die dag  vir my dat Brink en Gordimer \u201cgeteer het op die pornografie van  apartheid.\u201d Van Wyk Louw het gepraat van die \u201cnuttige dollar\u201d wat mens  in die buiteland kon verdien deur Suid-Afrika af te kraak. Vir \u2019n lang  tyd was dit net te maklik om nog \u2019n roman oor \u201cliefde oor die kleurgrens  heen\u201d of \u201cdie hardvogtige mynbaas wat die werkers uitbuit\u201d of \u201cdie  selflose vryheidsvegter\u201d of \u201cdie revolusie is op hande\u201d of dergelike te  skryf terwyl die hele problematiek van hierdie land ge\u00efgnoreer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae kan mens nog steeds fasiel wees, maar dit raak natuurlik  moeiliker. Elke dag word ons deur die koerantvoorblaaie herinner watter  gewelddadige chaos daar in Suid-Afrika heers, die Hobbesiaanse  natuurstaat wat onder die mooiklinkende term \u201cdemokrasie\u201d aangebied  word. Die keiser is kaal, maar niemand durf dit s\u00ea nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig geld dieselfde naaktheid ook vir Andr\u00e9 P Brink, Nadine Gordimer et al. Vanaf <em>Kennis van die aand<\/em> het Brink sy hele oeuvre gewy aan die politiek korrekte verguising van sy eie mense. Omdat ek in <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/boek.moltrein.htm\"><em>Moltrein<\/em><\/a> begin torring aan die stereotipes wat jare lank in die buiteland \u2014 in  die media, maar ook in die letterkunde \u2014 oor ons versprei is, kan Brink  reeds die gevaarligte sien flikker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2019n sekere sin bevind Brink, Gordimer et al hulself in dieselfde  posisie as die kommunistiese skrywers wat tydens Stalin se bewind en  daarna die Sowjet-Unie as \u2019n utopie opgehemel het en die Weste as \u2019n  fascistiese diktatuur voorgestel het. Toe die krake in hierdie  voorstelling eers begin verskyn, het hulle soos tiere baklei om die hele  bankrot tradisie, asook hul eie boeke, van ondergang te red.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien sou daar nog iewers vir Brink \u2019n plek gewees het as \u2019n soort  doyen van die Afrikaanse letterkunde, gegewe sy internasionale  bekendheid. Die feit dat hy egter nou vorendag kom met onbesonne  ideologiese kritiek op enigiets wat nie met sy eie opvattinge strook  nie, maak so \u2019n ererol eintlik onmoontlik. Trouens, vir die Afrikaanse  letterkunde en denke om vooruitgang te maak, sal ons nie rondom Andr\u00e9 P  Brink kan beweeg nie, maar bo-oor sy lyk, figuurlik gesproke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe dat Brink se kleinlike moralismes en sjiek-radikalisme vir my  afskuwelik is, koester ek, anders as hy teen my, geen wrok jeens die man  nie. Soos Joan Hambidge egter iewers al vir Dirty Harry aangehaal het: <em>Go ahead, make my day<\/em>.  Brink se klein provokasie mag my dalk net inspireer om finaal met die  gemors wat die afgelope dekades deurgegaan het vir politieke prosa en  die anti-apartheidsroman af te reken. Daar is destyds gepraat van  \u201coopskryf\u201d; dit is nou tyd vir afskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die afgelope tyd was daar eintlik te veel retoriek en etikettering,  en te min werklike intellektuele argumentering in Afrikaans. Miskien is  dit tyd om die hele debat rondom politiek en letterkunde weer in o\u00ebnskou  te neem, terwyl ons die <em>Tendenzliteratur<\/em> van Brink, Gordimer et  al ontleed, om nie te praat van hul politieke en filosofiese idees \u2014 of  gebrek daaraan \u2014 wat onder vernaamklinkende titels gebundel is nie. Nog  nooit vantevore is soveel fasiliteit en domheid met soveel fanfare  aangebied nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sodra ek \u2019n paar dae grasie het, mag ek dalk \u2019n korterige opstel  produseer rondom die tema van iets soos \u201cApartheidspornografie: die  stereotipes van Brink, Gordimer et al.\u201d Niks sal my groter plesier  verskaf as om die hele benouende tradisie onder die soeklig te plaas, en  die wortels daarvan in die Stalinistiese literatuurteorie bloot te l\u00ea  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2019n manier het die Berlynse muur nog nie in Suid-Afrika geval nie. Kom  ons gryp \u2019n paar tienpondhamers en pak hierdie broodnodige werkie aan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u044b \u043c\u0435\u0442\u0430\u043b\u043b\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0434\u0440\u043e\u0432\u044f\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag is GRA-dag en ons almal vier die amptelike ontstaan van Afrikaans as kultuurtaal 135 jaar gelede toe die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Van die begin af is daar ywerig letterkunde in Afrikaans voortgebring. Van 1994 af het die Afrikaanse letterkunde gekwyn en word dit gekenmeer deur &#8216;n ideologiese beheer van die staat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9282","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9282","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9282"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9282\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9282"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9282"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9282"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}