{"id":9281,"date":"2010-08-13T15:24:01","date_gmt":"2010-08-13T15:24:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9281"},"modified":"2010-08-13T15:24:01","modified_gmt":"2010-08-13T15:24:01","slug":"die-kat-kom-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9281","title":{"rendered":"Die kat kom weer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Jaguar van voor\" alt=\"Jaguar van voor\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/jaguar_aansig.jpg\" width=\"251\" \/>Dink \u2018n mens aan Jaguars dan sien jy waanbeelde van oumanskarre met lang slap neuse en hangsterte. Jaguar is ook een van die tradisionele vervaardigers wat \u2018n eeu oue motorsporttradisie en ouw\u00eareldse sjarme en styl by die hope ronddra.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het onlang die <st1:state><st1:place>kans<\/st1:place><\/st1:state> gekry om een van die nuwe generasie Jaguars onder hande te neem. Met die eerste oog opslag vat die motor jou na \u2018n plek waar jy gedink het net Duitse rygoed die pad ken. Sagte vloeiende lyne met skerp aksente op die sportiewe en \u2018n bre\u00eb forse profiel is alles kenmerke wat meer met Europese motors as Britse rygoed geassosieer word. Die nuwe Jaguar XF lyk soos geen ander Jaguar van voorheen nie; inteendeel, hy lyk soos geen ander motor op die pad nie. Ja daar is hier en daar \u2018n Ford-lyn of dalk \u2018n Volvo-lyn te bespeur, maar dit vertel maar net \u2018n klein deeltjie van waar die Jag vandaan kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die model wat ons gery het is die XF S; hy bevind himself so in die middel van die XF-modelreeks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot kat word aan gedryf deur \u2018n seepgladde 3-liter- V6-diesel enjin met twee turboaanjaers. Dit is sommer \u2018n klomp goed in een asem wat nie werklik by \u2018n Jaguar pas nie. Diesel? Ja, hoe dan nou anders, hierdie dieselenjin word ook gebruik in die Land Rover Discovery 4. Die XF S-weergawe wat ons onder hande gehad het, ontwikkel 202 Kw en wag daarvoor, \u2018n enorme 600 Nm se wringkrag. Die eenheid is seepglad en sag. Die krag voel eenvoudig net onophoudelik. Jy sal nie agterkom hierdie is \u2018n diesel as jy dit nie weet nie, want daar is geen geluid wat dit verraai nie: hy klink en trek net soos \u2018n baie sterk V8. Jaguar het dan ook gebruik gemaak van twee paralelle turbo\u2019s wat die XF S tot by 100km\/u in slegs 6,4 sekondes <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> laat versnel. Die eintlike rede vir die dieselkragbron is om meer krag teen minder uitlaatgasse en laer verbruik te behaal. Wel, Jaguar kry dit uitstekend reg met die XF S; die kat pomp slegs 179g\/km se koolstof die lug in en het \u2018n brandstofverbruik van 6,8 l\/100km. Hierdie syfers onderstreep Jaguar se strewe na volmaaktheid en bring die hele Jaguar-reeks sommer tot reg langs die drie Duitsers wat die segement vir eklusiewe missiele oorheers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Binneruim<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die binneruim straal ouw\u00eareldse sjarme uit\" alt=\"Die binneruim straal ouw\u00eareldse sjarme uit\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/jaguar_binneruim.jpg\" width=\"251\" \/>In egte Jaguar-tradisie is die binneruim deurspek met stylvolle dog sportiewe fokuspunte. Groot deure wat wyd oop maak en baie leer wat tesame met die allumuniuminsetsels jou binne nooi. Die XF is baie laag en sy daklyn vloei ook kwaai skuins na agter,maar daar is hope spasie binne. Dit is werklik misleidend hoeveel kop- en beenspasie beskikbaar is. Die instrumentpaneel is baie modern met groot maklik leesbare syfers en alles voel of dit net op die regte plek sit. Een van die mees indrukwekkende eienskappe van die XF se binneruim is die luginlate op die voorpaneel wat outomaties oopskuif wanneer die enjin aangeskakel word. Daar is ook nie \u2018n rathefboom op die middelste konsole nie, net so \u2018n groot ronde knop wat ook outomaties uitskuif uit die konsole uit wanneer die aansitterknop gedruk word. Die Jaguar het dan ook sleutellose toegang wat beteken dat jy net die sleutel in jou sak moet h\u00ea om die deure oop te sluit of die motor aan te skakel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Op die pad<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jaguar spog nou in die XF met hulle \u201cAdaptive Dynamic\u201d stelsel. Hierdie stelsel is uitsluitlik in die S-weergawe van die XF beskikbaar. Lesse is geleer uit die XFR wat natuurlik die warm weergawe van die XF is. Die stelsel is baie gevorderd en verstel die onderstel om volgens die padoppervla optimaal te werk. Die stelsel ontleed die bestuurder se insette asook die beweging van die onderstel 500 keer elke sekonde en pas dan die ritgehalte daarby aan. Dit gebeur alles outomaties, hoor. Die gevolg hiervan is dat jy altyd teen optimale gerief en optimale stabiliteit oor die aarde vlieg. Daar is ook die \u201cAerodynamic Pack\u201d wat die XF se reeds aggresiewe voorkoms nog meer opkikker. Die voorste gaasdraadsierrooster is nou swart, die voorste lugskorte is&nbsp; nou laer en daar is \u2018n ry klein liguitstralende diodes of \u201cLED\u201d-liggies, soos dit oor die algemeen bekendstaan, gemonteer. Dit laat die reeds aggresiewe voorkoms van die XF nog meer uitstaan. Die ligte werk dan sommer ook as dagryligte. Die pakket sluit ook syskorte aan die onderkant van die deure in wat baie subtiel maar tog \u2018n groot verskil aan die voorkoms van die XF S maak. Die gevolg van al die bykomstighede is dat die XF S doelgerig voel. Dis \u2018n groot motor wat laag op die pad hurk, maar hy hanteer vlugvoetig en skerp. Die stuurterugvoer is uitstekend en rondomsig, ten spyte van die lae daklyn, is baie goed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Mededingers<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Van agter\" class=\"caption\" title=\"Van agter lyk hy ewe swierig\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/jaguar_vanagter.jpg\" width=\"251\" \/>Jaguars was nog altyd motors wat eintlik met hulself meegeding het. Dit het dan ook veroorsaak dat daar in byne 40 jaar slegs vier modelveranderings was. Dink jy aan luukse motors wat tradisionele styl met sportiwiteit en ouw\u00eareldse kwaliteit kombineer, is daar slegs \u2018n handjie vol vervaardigers wat daaraan voldoen. Name soos Bentley, Rolls Royce en Maybach rol onwillekeurig voor jou geestesoog, maar oor die afgelope 15 jaar het ander vreemde vervaardigers soos Lexus, Infinity en selfs van die Amerikaanse ouens soos Caddilac ook aanspraak op hierdie titel begin maak. Daar is egter drie Duitse vervaardigers wat die naaste daaraan kon kom, en nou praat ons van Audi, BMW en Mercedes met Volvo wat so amper-amper daar is. So teen wie het Jaguar dan die XF gemik? Wel, ons sou s\u00ea die drie Duitsers is beslis die teiken, Mercedes Benz se E-Klas is vir seker die XF se naaste teenstaander en met die nuwe E plaaslik beskikbaar, sien ons \u2018n groot kopstamp op die horison. BMW se nuwe 5-reeks is ook strate beter as enige iets voor hom en <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> dalk net \u2018n ernstige titelaanspraakmaker wees. Die feit bly egter staan dat nie een van die twee Duitsers werklikwaar met die styl van die XF <st1:state><st1:place>kan<\/st1:place><\/st1:state> kompeteer nie. Teen \u2018n verkoopprys van R672 000 vir die Jaguar XF S Premium is die kat dan ook \u2018n hele R40 000 duurder as die Mercedes E350 CDI en R42 000 duurder as die BMW 530d, maar dit is \u2018n Jaguar, iets anders as die Duitse drie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Jaguar bly \u2018n Jaguar. Hy het nie \u2018n Mercedes of \u2018n BMW se gevorderde tegnologie nie. Hy het ook dalk nie dieselfde werkverrigting nie en hy word ook nie in Duitsland vervaardig nie. Wat \u2018n Jaguar wel het, is styl, individualisme en baie ouw\u00eareldse sjarme. Mercedes en BMW is nuwe status, nuwe sukses; Jaguar is ou styl, ou status, ou sukses. En, sou jy hom met \u2018n Bentley of Rolls vergelyk, wat eintlik die enigste twee ander ouw\u00eareldse vervaardigers is, is hy teen die prys \u2018n ware winskoop.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u043f\u0440\u043e\u0442\u0435\u0437\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432 \u0444\u043e\u0440\u0443\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dink \u2018n mens aan Jaguars dan sien jy waanbeelde van oumanskarre met lang slap neuse en hangsterte. Jaguar is ook een van die tradisionele vervaardigers wat \u2018n eeu oue motorsporttradisie en ouw\u00eareldse sjarme en styl by die hope ronddra. Ons het onlang die kans gekry om een van die nuwe generasie Jaguars onder hande te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9278,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[10284,10285,21102,7727],"class_list":["post-9281","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse","tag-die-kat-kom-weer","tag-jaguar-xf-s","tag-s28-motors","tag-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9281","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9281"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9281\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9278"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9281"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9281"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9281"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}