{"id":9266,"date":"2010-08-12T06:21:33","date_gmt":"2010-08-12T06:21:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9266"},"modified":"2010-08-12T06:21:33","modified_gmt":"2010-08-12T06:21:33","slug":"oor-godsdiens-en-politiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9266","title":{"rendered":"Oor Godsdiens en Politiek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" \/>Ek het nog altyd &#8216;n ho\u00eb agting vir oudpresident Ronald Reagan se aardse wyshede gehad, en wil enkeles daarvan vir die Afrikaanse idioom aanpas om &#8216;n punt te wil staaf:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kan jy jou voorstel hoe die Tien Gebooie daar sou uitgesien het as PRAAG-lesers dit moes opstel?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of ook: &#8220;Die probleem met die meeste godsdienskenners is dat hulle so baie van dinge weet wat nie so is nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En: &#8221; Die die ANC-regering is soos &#8216;n baba \u2013 hy bestaan uit &#8216;n aliment\u00eare kanaal met &#8216;n groot aptyt aan die een kant en geen sin vir verantwoordelikeid aan die ander kant nie.&#8221;  (&#8216;n Aliment\u00eare kanaal is die afvoerstelsel van die mond tot waar dit uiteindelik agter uitkom.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En laastens: &#8220;Iemand het eendag ges\u00ea dat die De Klerk-regering die tweede oudste professie in die geskiedenis bedryf het.  Ons het sedertdien geleer dat daar &#8216;n sterk ooreenkoms met die oudste professie bestaan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige debatvoering op verskeie Afrikaanse webwerwe is &#8216;n teken dat baie Afrikaners begin omgee wat op die politieke front om hulle aangaan. Vir my is dit &#8216;n verblydende teken, wat ek as politieke herontwaking wil tipeer.  Die internet word ingespan om mense weer politiek te laat praat, om hul politieke swaarmoedigheid af te skud en om standpunt in te neem vir die verkryging van &#8216;n beter toekoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommiges geniet dit om mekaar af te kraak, of om ongetoetsde opinies as feite te verkondig.  Solank dit alles binne die perke van fatsoenlikheid plaasvind, is elkeen sekerlik geregtig op sy eie mening, hoe goed of swak ingelig dit ookal mag wees.  Dit is hierdie werklike krag van spraakvryheid wat die onvrye gedrukte media onrelevant gemaak het vir internet lesers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat daar soveel onenigheid tussen debatvoerders heers moet ook nie vertolk word dat samewerking tussen Afrikaners nooit sal kan plaasvind nie.  Hoewel die vlak van debatvoering dikwels baie te wense oorlaat, moet mens nie  daardeur ontstig word nie.  Wat belangrik is, is dat Afrikaners weer politiek begin praat en hul s\u00ea onbevange begin s\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit is ook duidelik dat sommige lesers nog in droomland verkeer waar hul politieke sienswyses met hul godsdiensoortuigings verwar word.  Die politiek is die harde werklikheid van die dag, nie die saligmakende vooruitsig van die hiernamaals nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander wil weer &#8216;n volkstaat gaan stig soos mens &#8216;n gemeente stig. Dan raak hulle rooi in die gesig en begin mekaar uitkryt as liberaliste, verraaiers, as mens die teenoorgestelde standpunt huldig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie lesers besef werklik nie dat, net soos godsdiens nie in die Blou Bulle Rugby Unie se grondwet tuishoort nie, dit ook nie in die tennisklub of rolbalklub tuishoort nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit maak ook geen sin om van die kansel te predik dat Bakkies Botha onbillik behandel word nie, of om van die kansel te beweer dat die ANC se nasiebouproses die wil van die Here is en dat ons daaraan moet meewerk om van die ANC-regering &#8216;n sukses te maak nie.  Politiek hoort gewoon net nie in die kerk nie.  Daardeur het baie kerke reeds hul geloofwaardigheid ingeboet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies net so hoort kerksake ook nie in sekul\u00eare organe tuis nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is dus skeiding tussen kerksake, en politiek en rugbysake.  Die een is &#8216;n sekul\u00eare orgaan van die burgerlike samelewing, terwyl die kerk die geesteswelsyn van die gemeente bearbei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die AO  dus gestig is, dan sal twee derdes van die afgevaardigdes sy grondwet moet goedkeur.  My voorspelling is dat die aanhef dit uitdruklik sal stel dat die God van die Bybel deur die AO aanvaar sal word as die allerhoogste mag wat oor die heelal heers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou daar afgevaardigdes wees wat dit nie wil onderskryf nie, en wat  onverbiddelik eis dat dit uit die grondwet geskrap word, dan staan dit hulle vry om &#8216;n ander politieke heenkome te soek. Die AO se vergaderings sal daarna waarskynlik met skriflesing en gebed geopen word, en diegene wat daarteen is sal aan &#8216;n meerderheid wat dit so verkies hul verdraagsaamheid moet toon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My voorspelling is dat hulle dit as gegewe sal aanvaar, omdat &#8220;Projek Selfbeskikking&#8221; nie oor godsdiens gaan nie, maar oor vryheid.  Net soos nie-gelowiges verwag dat hul standpunt ten opsigte van ate\u00efsme deur gelowiges gerespekteer word, net so sal gelowiges se soeke na hulp van Bo verdra moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens &#8216;n besoek wat ek in 1995 aan Eupen, die Belgiese hoofstad van die Duitssprekende Belge, gebring het en in hul vergadersaal met &#8216;n Owerheidsafgevaardigde gepraat het, vra ek hom:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Julle is direk grensend aan Duitsland en jy s\u00ea dat julle saans na Duitse TV programme kyk.  Waarom sluit julle nie liewer by Duitsland aan nie?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy antwoord was baie veelseggend:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In Belgi\u00eb is ons Katoliek, terwyl die Duitsers oorkant die grens hoofsaaklik Protestante is.  Verder het ons &#8216;n eie parlement, en geniet ons selfbeskikking op eerste vlak, wat ons met Vlaandere en Waloni\u00eb federaal deel.  Ons geniet soveel selfbeskikking as wat ons finansi\u00ebel kan beskostig, hoewel ons slegs 86,000 siele uitmaak.  Die ander Belge aanvaar ons vryheidsdrang as legitiem en gun ons ons vryheid van geloof, kultuur, en taal.  Watse wins sal daar vir ons wees om &#8216;n derdevlak munisipaliteit binne Duitsland te wees en aan die veel harder wetgewing van Duitsland onderhewig te wees?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sleutel is vryheid.  Vryheid om jou eie taal en kultuur te beoefen. Vryheid om jou eie skool &#8212; en eie universiteitskurikulering te doen asook vryheid om jou eie geloofsoortuigings uit te lewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het voorheen geskryf dat godsdiens die potensiaal bevat om &#8216;n volk te vernietig.  Maar nou wil ek byvoeg dat dit ook die potensiaal bevat om &#8216;n volk te verenig, mits daar wederkerige respek en verdraagsaamheid vir mede Afrikaners se vryheid van geloof bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil s\u00ea, om vry te wees om in jou God te glo of nie aan enige god te glo nie, soos jy self wil, sonder om dwang of skande te ervaar as jy wil bid of nie wil bid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As dit vir eers deur albei partye aanvaar word, dan is ons sterk op pad na vryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;Socialism only works in two places: Heaven where they don&#8217;t need it and hell where they already have it.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/307\">boost post on instagram<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het nog altyd &#8216;n ho\u00eb agting vir oudpresident Ronald Reagan se aardse wyshede gehad, en wil enkeles daarvan vir die Afrikaanse idioom aanpas om &#8216;n punt te wil staaf: &#8220;Kan jy jou voorstel hoe die Tien Gebooie daar sou uitgesien het as PRAAG-lesers dit moes opstel?&#8221; Of ook: &#8220;Die probleem met die meeste godsdienskenners [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7517,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-9266","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9266","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9266"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9266\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9266"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9266"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9266"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}