{"id":9255,"date":"2010-08-11T07:07:22","date_gmt":"2010-08-11T07:07:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9255"},"modified":"2010-08-11T07:07:22","modified_gmt":"2010-08-11T07:07:22","slug":"sport-in-politiek-of-handskoenkamerade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9255","title":{"rendered":"Sport in politiek of handskoenkamerade?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Nadat oud-Polisiekommissaris Jackie Selebi 15 jaar gevangenisstraf opgel\u00ea is, is in sommige kringe sinies opgemerk sy grootste oordeelsfout was om gesien te word as iemand wat hom in die Mbeki-kamp bevind.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die land nie meer Mbeki se oordeel vertrou nie, het Selebi se doppie geklink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou word berig dat ANC-parlementslede woedend is omdat SASKOK oorweeg om die vorige atletiekbaas, Leonard Chuene, en sy meelopers, strafregtelik en sivielregtelik te vervolg oor hoe hulle Suid-Afrikaanse atletiek bestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor in die koor is heel voorspelbaar die voorsitter van die parlement\u00eare sportkomitee, Buthana Komphela.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Komphela se argument is dat Chuene, soos hy dit stel, nog nooit kans gehad het om sy kant van die saak te stel nie. Die teenargument is uiteraard dat toe Chuene w\u00e9l die vloer gehad het, is so met die waarheid omgegaan dat die media en die meeste mense sy weergawe met &#8216;n stywe knippie sout sal neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Getuienis dat dokumentasie en elektroniese data inderhaas vernietig is en &#8216;n ondersoek genoodsaak het, weeg skynbaar nie swaar genoeg op dat &#8216;n gevalle comrade nie te hulp gesnel moet word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Komphela se argument kry wel bietjie stukrag deurdat dit amptelik voorkom asof die Caster Semenya-sage dadels opgelewer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede kwessie wat aan die bod kom, is politieke inmenging in sport. Bykans alle internasionale sportliggame, soos die Internasionale Olimpiese Komitee, verbied politieke inmenging is sport en rassisme. Veral Fifa het ten opsigte van politieke inmenging &#8216;n streng beleid, en lande soos Iran, Griekeland en Kenia is al oor hierdie rede geskors. Selfs Brasili\u00eb is al by geleentheid op terme geplaas. Toe Nigeri\u00eb so swak vaar in die afgelope W\u00eareldbekertoernooi in Suid-Afrika, en die Nigeriese regering sy eie span &#8216;n tyd lank internasionale deelname as straf onts\u00ea, is di\u00e9 land &#8216;n tweede keer op terme geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot dusver het die internasionale sportliggame egter ook dubbele standaarde toegepas, en Suid-Afrika is een van die lande wat telkemale &#8216;n lang lootjie getrek het. Komphela is nie al politikus wat oor hierdie kwessie op Avbob se stoep speel nie, en ook nie skroom om by herhaling die noodlot te tart nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe lank Suid-Afrika se politici nog op sentimente van die verlede sal kan teer om straffeloos uitsprake te maak wat internasionale sportkodes oortree, sal die tyd leer. Komphlea se lawwe dreigement oor die terugtrek van die Springbokke se paspoorte wat hulle deelname aan die vorige Rugby-w\u00eareldbeker sou onts\u00ea, is immers nie minder politieke inmenging as wat Nigeri\u00eb nou gedoen het nie, en Komphela het boonop die rassewa ingespan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Chuene betref: Die deursnee Suid-Afrikaner het veel meer vertroue in die Suid-Afrikaanse regstelsel as wat hulle in Chuene se onkreukbare integriteit het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit dan te veel gevra dat die gereg sy verloop moet neem? Of meen Komphela en meelopers dat Chuene hom, soos Selebi se broer dit uitgedruk het, uitgelewer kan bevind aan &#8216;n apartheidsregter en -regstelsel?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is Chuene, soos sommige ander Comrades, gewoon bo die reg verhewe?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\/stomatologicheski-klinika\">\u0441\u0442\u043e\u0438\u043c\u043e\u0441\u0442\u044c \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat oud-Polisiekommissaris Jackie Selebi 15 jaar gevangenisstraf opgel\u00ea is, is in sommige kringe sinies opgemerk sy grootste oordeelsfout was om gesien te word as iemand wat hom in die Mbeki-kamp bevind. Toe die land nie meer Mbeki se oordeel vertrou nie, het Selebi se doppie geklink. Nou word berig dat ANC-parlementslede woedend is omdat SASKOK &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9255\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sport in politiek of handskoenkamerade?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9255","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9255"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9255\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9255"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9255"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}