{"id":9245,"date":"2010-08-10T09:54:43","date_gmt":"2010-08-10T09:54:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9245"},"modified":"2010-08-10T09:54:43","modified_gmt":"2010-08-10T09:54:43","slug":"mediavryheid-twee-kante-van-die-munt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9245","title":{"rendered":"Mediavryheid: Twee kante van die munt"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201c \u2018n Mens kan nie wen teen hulle wat hul ink by die konka aanskaf nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n afgetrede regter se woorde wat sy ongelukkigheid met \u2018n plaaslike koerant \u201cbesleg\u201d het deur maar die strydbyl te begraaf. Sy stille protes is om nie meer die koerant te koop nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pen is magtiger as die swaard, veral as die pennevrug van die rolpers af gerol kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit net ter inleiding om te toon dat daar ook \u2018n<em> bona fide-<\/em>element in die versugting kan wees om die media as verantwoordelike media te laat optree.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak vir mediavryheid is egter oorweldigend groot. Die Belgiese politikus Yves Leterne, het terwyl hy premier was opgemerk dat die media die vierde been van die demokrasie uitmaak, weliswaar \u2018n nie-statut\u00eare been.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rol van \u2018n vrye media is nie net om as waghond teen korrupsie en magsmisbruik op te tree nie, maar om die bevolking genoegsaam ingelig te hou om ingeligte keuses by die stembus te kan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Instansies soos Verslaggewers sonder Grense se jaarlikse persvryheidsindeks is uiters belangrik, en het ook \u2018n invloed op ander indekse soos die korrupsiepersepsieindeks en die beleggersvertroueindeks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die media in Suid-Afrika nuwe wetgewing en \u2018n moontlike mediatrunaal in die gesig staar, en \u2018n joernalis gearresteer is, is Ysland se onlangse nuwe mediawetgewing as gids vir mediavryheid voorgehou. Ysland, wat reeds op die voorpunt van die persvryheidsindeks was, het nuwe wetgewing gekry nadat die banksektor bestaande wetgewing wou inspan om berigte oor di\u00e9 land se banksektor se ineenstorting te keer. Aan die ander kant van die munt het Itali\u00eb se joernaliste, wat hul premier se sekskapeds aan die groot klok gehang het, \u2018n dag lank gestaak om teen nuwe beperkende maatre\u00ebls protes aan te teken. Itali\u00eb, soos Suid-Afrika, word nou op Freedom House se lys as lande aangedui waar die media net gedeeltelik vry is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe gebeur dit dat \u2018n land waarvan die grondwet nie net die reg op uitdrukking waarborg nie, maar een van die min grondwette is wat pers- en ander mediavryheid pertinent daarby voeg (art. (16) (1) (a)), op \u2018n indeks as \u201cgedeeltelik vry\u201d beskou word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos alle ander menseregte wat in die grondwet vervat is, kan ook hierdie reg deur onder meer maatre\u00ebls en ander wette beperk word, maar hierdie beperkings mag nooit so wees dat dit die oorspronklike reg effektief vernietig nie. By die uitleg van wette bepaal die grondwet self ook (art 233) dat voorkeur gegee moet word aan enige redelike uitleg wat in ooreenstemming met internasionale reg is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer state die mediavryheid begin beperk, word gewoonlik in terme van \u2018n veiligheidsbedreiging geargumenteer. Vroe\u00ebr vanjaar het die Nederlandse veiligheidsdiens vir \u2018n ligte Watergate gesorg deur \u2018n koerant en spesifiek \u2018n joernalis se kommunikasie af te luister. Die staat het aangevoer dat dit nodig was weens die veiligheidsrisiko wat di\u00e9 joernalis se beriggewing veroorsaak het terwyl die Dalai Lama op besoek aan die land was. Die staat het verloor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is tog nodig om \u2018n oomblik stil te staan by hoe \u2018n terreurbedreiging en die media \u2018n wisselwerking op mekaar kan h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terreur word dikwels as propaganda van die daad beskryf. Dit is \u2018n vorm van kommunikasie, en wil \u2018n boodskap by die teiken uitkry. Die w\u00eareld is die gehoor, en die terroris wil h\u00ea baie mense moet kyk en hoor, nie noodwendig baie mense dood h\u00ea nie. Van die skrywers wys daarop dat dit dikwels baie makliker sou wees om \u2018n stad se waterwerke te vergiftig as om \u2018n bom in \u2018n straat te laat ontplof. Die bom bied egter \u2018n veel beter \u201cteater\u201d wat hom in die sitkamers van mense dwars oor die w\u00eareld afspeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lande gebruik dikwels terreurgroepe om oorlog deur afstandbeheer teen ander lande te voer. Beide die VSA en Israel vaar op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidindeks veel beter binnelands, as in gebiede met veiligheidsprobleme wat beset word. Die VSA behaal binnelands die 20ste posisie maar in die buiteland (bv Irak) neem dit die 108ste posisie in. Israel behaal binnelands die 93ste plek, en in besette gebiede die 150ste. Die Palestyne owerheid vaar nog swakker, met die 161ste plek. Suid-Afrika, eens die mees persvrye land in Afrika, l\u00ea nou in die 33ste posisie na onder meer Ghana en Mali. In 2006, toe daar sprake van soortgelyke wetgewing was, het Suid-Afrika tot die 44ste plek teruggesak. In 2003 was Suid-Afrika nog in die 21ste posisie en die mees persvrye land in Afrika waaroor die regering se kommunikasieliggaam groot gewag gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veiligheidskonteks was ook in die vroe\u00eb tagtigs die grondslag van die destydse Erasmuskommissie van ondersoek na mediavryheid. Toe ook het die media gemeen bestaande wetgewing het reeds meer as voldoende beskerming gebied. \u2018n Senior joernalis het op die integriteit van die media gewys, deur te meld dat elke beduidende koerant in sy l\u00eaers genoeg inligting het om \u2018n regering te sink, maar dit weens integriteit nie gebruik nie. Later twee rektore in dieselfde stad gelyktydig skelmpies gehad wat buitengewoon bevorder is, maar dit het nie die media gehaal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Speel veiligheidsoorwegings nou \u2018n bepalende rol in planne om die media in die bek te ruk?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeremy Cronin, prominente SAKP-lid en adjunk-minister van Vervoer, meen byvoorbeeld \u2018n regstelling agterna, ontdaan nie die skade wat in die eerste plek deur foutiewe beriggewing aan \u2018n persoon aangerig is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-jeugliga se leier, Julius Malema, het onder meer die voorgestelde beperkings as nodig beskryf omdat die media nie die rewolusie genoegsaam ondersteun nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, uit die ANC-geledere kom nie \u2018n goed genoeg gesinchroniseerde boodskap om die argwaan teen die media mooi in \u2018n neutedop te kan saamvat nie. Die implikasies van die voorgestelde wetgewing is egter duideliker: Dit gaan dit vir die regering makliker maak om korrupsie toe te smeer. Dit word byvoorbeeld as onwaarskynlik beskou dat oud-polissiekommissaris Jackie Selebi ooit suksesvol vervolg sou kon word as die voorgestelde wetgewing reeds in plek was. Dit kan ondersoekende joernalistiek onmoontlik maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die voetsoolvlak in die ANC-dampkring word onder meer die volgende gereeld gehoor:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die media berig net oor die slegte, en \u201cnooit\u201d oor prestasies van ANC-beheerde rade of die regering nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die media is nie voldoende getransformeer nie, en misdaad teen blankes kry nie soveel dekking soos wanneer swart mense die slagoffers is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die huidige persombudsman beteken dat die pers oor homself polisieman speel en as regter optree. Dit moet deur \u2018n \u201conafhanklike\u201d liggaam gedoen word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Daar is slegs twee groot pershuise, en beide steun nie die ANC \/ regering nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die laaste bewering betref, moet in gedagte gehou word dat geen politieke party ooit genoeg en nog minder te veel mediadekking kan kry. Oud-Minister Blaar Coetzee het by geleentheid ges\u00ea vir \u2018n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net publisiteit. Sy party het egter later, te midde van die Inligtingsdebakel, die Citzen met staatsfondse opgerig omdat die destydse Engelse pers min of meer die geledere teen die regering gesluit het. Bykans elke politieke party in die land doen groot moeite om \u2018n behoorlike media-arm te h\u00ea, en hul mediaverklarings so verbruikersvriendelik as moontlik by die media te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die media se kant word nuuswaardigheid egter nie net deur die inhoud bepaal nie, maar die grootte van die party wat dit uitreik, en hoeveel steun so \u2018n party min of meer by die lesers het. Koerante het egter ook hul eie verklaarde waardestelsels, en hoe meer \u2018n party se beleid daarmee ooreenstem, hoe gunstiger nuusdekking kan dit verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens die tegnologie en finansi\u00eble faktore, en die opkoms van gemeenskapsmedia, is al hoe meer mense vir hul nuus afhanklik van media wat nie \u2018n span joernaliste het nie. Dit wat persklaar na die media kom, kry gewoon voorkeur bo dit waar die media moet kostes aangaan om na nuuskonferensies te ry, en in die proses dikwels \u2018n nuuskantoor onbeman laat. Sommige partye \u201cvrek\u201d egter oor mediakonferensies, en kla dat sommige media doodeenvoudig nie daarby kan uitkom nie, al wil hulle hoe graag. (En dan begin dit gereeld laat wat beteken dat joernaliste wat hul tyd fyn moet sny dikwels moet vertrek voor die nuuskonferensie begin het).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cronin verwys na wat hy as die sukses van die Openbare Beskermer in \u201conafhanklike\u201d beregtiging noem. Sy keuse van om hierdie liggaam as voorbeeld te gebruik, veral onder die leiding van die vorige hoof, Lauwrence Mushwana, was waarskynlik \u2018n ongelukkige keuse. (Waar Cronin kla dat \u2018n regstelling agterna \u2013 veral as dit minder prominent geplaas is as die oorspronklike berig \u2013 nie die skade aan \u2018n persoon regstel nie, sit die Openbare Beskermer al meer as tien jaar op \u2018n verslag wat iemand wat na 1994 onregmatig benadeel is, skoon verklaar, maar dit gewoon nie uitreik nie, ten spyte daarvan dat die OB by pres. Zuma se tolvrye nommer verkla is, en ook by die VN se Menseregteraad).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar \u2018n geldigheid oor die ANC se besware teen die bestaande persombudsman?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens een van die Reitz-4 se hofverskynings het die landdros die media en politici gewaarsku om nie die hof se bevindinge vooruit te loop nie. In die volgende uitgawe van Rapport verskyn egter \u2018n brief waarin onder meer na die Reitz-4 as misdadigers verwys word. \u2018n Klag by die Persombudsman lewer niks op nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die RSG-besprekingsprogram, Kommentaar, is op die probleem van onervarendheid van joernaliste gewys, en wat tot baie blapse onder meer op die regstegniese terrein lei. (dan wil \u2018n mens nie eens na die invloed van Engels op Afrikaanse beriggewing wys nie waar wetsatikels gereeld \u201cseksies\u201d word, en \u201csetels\u201d gereeld \u201csitplekke.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die \u201cgoeie ou dae\u201d was dit \u2018n redelik algemene praktyk om beginner-joernaliste \u2018n ruk lank as hofverslaggewwers te laat werk om hulle vertroud te maak met absoluut akkurate verslaggewing. Na dit onder die knie gekry is, kan na ander meer gesogte \u201cbeats\u201d soos landbou en die politiek beweeg word. W\u00eareldwyd is daar egter \u2018n neiging tot verjonging in die redaksiekantore met die gevolglike verlies aan kundigheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tegnologie speel ook \u2018n belangrike rol. Waar verslaggewers in die \u201cou dae\u201d mediaverklarings wat per teleks of per faks ingekom het, nog moes oortik, leen goed-saamgestelde mediaverklarings wat per e-pos ontvang is hulle daartoe dat elektronies \u201cgeknip\u201d en \u201cgeplak\u201d kan word. Sonder \u2018n redelike kennis oor die onderwerp waaroor die verklaring handel, kan foute deurglip. Is dit oorgetik, is twyfelagtighede uitgelaat of opgevolg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opsommend: Die media kan plek-plek meer doen om te verhinder dat soveel foute gemaak word. Of \u2018n voorhamer nodig is om dit te vermag is egter \u2018n ander vraag. \u2018n Mank demokrasie is \u2018n duur prys om vir \u2018n pynlik korrekte media te betaal wat nie kan waag om iets te bevraagteken nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino gaming<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201c \u2018n Mens kan nie wen teen hulle wat hul ink by die konka aanskaf nie.\u201d Dit is \u2018n afgetrede regter se woorde wat sy ongelukkigheid met \u2018n plaaslike koerant \u201cbesleg\u201d het deur maar die strydbyl te begraaf. Sy stille protes is om nie meer die koerant te koop nie. Die pen is magtiger as &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9245\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediavryheid: Twee kante van die munt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10281],"class_list":["post-9245","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-mediavryheid-twee-kante-van-die-munt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9245","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9245"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9245\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9245"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9245"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9245"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}