{"id":9244,"date":"2010-08-09T06:23:12","date_gmt":"2010-08-09T06:23:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9244"},"modified":"2010-08-09T06:23:12","modified_gmt":"2010-08-09T06:23:12","slug":"herrie-se-kerrie-planne-met-inbrekers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9244","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Planne met inbrekers"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Herrie lees van die vele voorvalle van inbrake by huise en ondernemings in Bethlehem waar die skelms toegang deur die dak gekry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig voorvalle, en nie afvalle nie, na aanleiding van die inbreker in Amerika wat deur die plafon geval het en toe \u2018n suksesvolle eis teen die huiseienaars ingestel het vir die beserings wat hy opgedoen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan wil Herrie tog ook maan teen die eienaars wat so video-kameras vir sekuriteitstoerusting inspan. Video-opnames, so blyk dit, is in Suid-Afrika groot moeilikheid. Dit kan maklik tot eise van \u2018n miljoen rand of so in die gelykheidshof lei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gebruik liewer \u2018n polaroid-kamera. Los een in die huis. Suid-Afrikaanse diewe het \u2018n onblusbare voorliefde om mekaar met kameras af te neem, en as die foto\u2019s dan wit uitkom, word dit net daar gelos. Wanneer die huismense tuis kom, kry hulle die mooi klaar ontwikkelde foto\u2019s in hul geplunderde huis. Die diewe met bre\u00eb glimlagte op hul bakkies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar terug na Amerika. Dis kan soms regsgewys \u2018n vreemde plek wees. Soos die ouens wat uitgevang word dat hulle regsaanspreeklikheidsversekeri<wbr><\/wbr>ng uitneem, en hulself dan \u201cper ongeluk\u201d beseer. Dan stel hulle eise teen hulself in, en die regsaanspreeklikheidsversekeri<wbr><\/wbr>ng moet opdok. Een het so ver gegaan om homself met \u2018n boemerang raak te gooi. Of die versekeraar hiervoor geval het, kan Herrie nou nie onthou nie. Herrie meen di\u00e9 eis het geboemerang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of \u2018n inbreker wat deur die dak inkom, en deur muis- en rotvalle wat in die plafon gestel is gevang word, \u2018n eis teen die eienaar kan instel weet Herrie nou nie. Normaalweg word ges\u00ea iemand wat \u201cmet vuil hande\u201d (onregmatig) optree, nie \u2018n eis kan instel as hy seerkry nie. Veiligheidshalwe, moet dan tog maar nie bokant die plafon gaan skoonmaak nie. Dan het daai inbreker vir seker baie vuil hande.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan raak dit nogal \u2018n speletjie om te dink watter soort teenspoed \u2018n mens alles daar bo in die plafon vir die inbrekers kan voorberei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot Herrie meen dit kan nogal werk as daar skielik \u2018n laken soos \u2018n spook \u201copstaan\u201d as die teenwig versteur word, maar Mev. Herrie meen dit kan dalk veroorsaak dat die inbreker hom oop skrik, en dan is skoonmaak \u2018n noodsaaklikheid as \u2018n mens in die huis wil huishou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En as die leser dalk meen van die bloeddorstige voorstelle wat gemaak word is bietjie wreed, of nog erger, \u2018n skending van die arme inbreker se regte soos vervat in die Handves van Menseregte, dan s\u00ea Herrie daai een het nog nie die gevoel ervaar om in sy geplunderde huis te kom nie. Daai ervaring van \u2018n skending van \u2018n mens se privaat ruimte is onbeskryflik. Dan dink mense wrede goed uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot Herrie en \u2018n maatjie het kleintyd ook om die Herries se huis allerlei strikke vir skelms gestel. Dit het klaarblyklik gewerk, want Groot Herrie het \u2018n liederlike knop teen sy kop gehad toe dit getoets is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die tannie wat by die polisie gekla het dat iemand haar saans oor die kop slaan as sy om die huis gaan kyk of alles in orde is. Die sersant kom kyk, en toe hy terug in die huis kom vra die tante of hy kon agterkom wat aangaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, die tweede keer toe ek om die huis loop het ek ook op die hark getrap.\u201d<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/malyshi-do-goda\/odezhda\">\u043c\u0435\u0431\u0435\u043b\u044c \u0434\u043b\u044f \u043d\u043e\u0432\u043e\u0440\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u043d\u044b\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Herrie lees van die vele voorvalle van inbrake by huise en ondernemings in Bethlehem waar die skelms toegang deur die dak gekry het. Gelukkig voorvalle, en nie afvalle nie, na aanleiding van die inbreker in Amerika wat deur die plafon geval het en toe \u2018n suksesvolle eis teen die huiseienaars ingestel het vir die beserings &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9244\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Planne met inbrekers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10278,10277,10280,21092,10279],"class_list":["post-9244","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrikaanse-humor","tag-herrie-se-kerrie-planne-met-inbrekers","tag-inbrekers","tag-rubrieke","tag-videokameras"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9244","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9244"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9244\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9244"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9244"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9244"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}