{"id":9228,"date":"2010-08-05T06:50:22","date_gmt":"2010-08-05T06:50:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9228"},"modified":"2010-08-05T06:50:22","modified_gmt":"2010-08-05T06:50:22","slug":"die-afrika-renaissance-se-rekening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9228","title":{"rendered":"Die Afrika-renaissance se rekening"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die nuus dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers sowat &#8216;n miljard rand moes opdok vir oud-pres. Thabo Mbeki se Afrika-renaissancedroom, kom as &#8216;n skok.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die begrip van die Afrika-renaissancedroom is daar stellig niks verkeerd nie, mits die visie op die regte pluspunte, naamlik ontwikkeling gefokus bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrika het immers die oudste Christenstaat ter w\u00eareld \u2013 &#8216;n pluspunt wat Ethiopi\u00eb blykbaar met Armeni\u00eb deel. Die groot kerkleier, Augustinus, het ook uit Afrika gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lank hiervoor het die Kartagers &#8216;n florerende beskawing gehad, maar weliswaar ook menslike offers aan Baal gebring, en daarvoor die Egiptenare, met aanduidings van selfs nog ouer beskawings in die teenswoordige Soedan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die biblioteek in Alexandri\u00eb is skynbaar net deur di\u00e9 van die Asteke oortref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrika-renaissance wat oud-president Mbeki in gedagte gehad het, se fokus was egter anders \u2013 dit het in effek gehandel oor meganismes om Afrika \u2013 waarvan groot dele nie &#8216;n sigbare beskawingsvorm geken het nie \u2013 met die Weste te laat saamgesels, en so ver moontlik uit eie middele ekonomies onafhanklik van buite die kontinent te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het wel ook &#8216;n rasmotief ingesluit, soos die uitreik na Ha\u00efti, en wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler steeds rojaal vir die afgesette president Aristide moet pa en ma staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou blyk dit dat die belastingbetaler ruim moes opdok vir die droom. Dit waarin die fondse gedompel is laat veral die wenkbroue lig. Zimbabwe se hulp het hoofsaaklik na die landbou gegaan \u2013 vermoedelik na daardie deel van die bedryf wat weens grondgrype vernietig is. Die ironie is dat die Suid-Afrikaanse Grondeisekommissie kla dat dit onderbefonds word. Boonop is Zimbabwe se onderwysstelsel in &#8216;n beter toestand as di\u00e9 van Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die berigte in nog geld onder meer aangewend om Guinee se hoofstad reg te ruk. Guinee gaan na verwagting binnekort by sy bure, Guinee-Bissau en Ekwatoriaal-Guinee kers vashou as olieprodusent.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen verteer slaggate en ander verval bykans elke dorp en stad in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulp aan Zimbabwe, in enige vorm, sal omstrede bly. Die Europese Unie se hulp word juis nie na die Zimbabwiese regering gekanaliseer nie, maar na nie-regeringsorganisasies om te probeer keer dat dit ook in &#8216;n bodemlose put beland. Suid-Afrika blyk egter daar te bereid te wees om Robert Mugabe se politieke lewe, en dus die ramp vir sy land, so lank as moontlik uit te rek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie soort renaissance herinner aan Jackie Selebi se broer se kritiek op die hofsaak waarin die oud-polisiehoof tronk toe gestuur is. Die hof is as apartheidshof, met &#8216;n wit regter en &#8216;n wit regstelsel beskryf. Die werklikheid is dat die Romeins-Hollandse regstelsel en onafhanklike regbank &#8216;n reuse toevoeging tot enige inheemse beskawings se regstelsels is. Die volgende dag het &#8216;n gemeenskap vermeende kabeldiewe vasgetrek, voor &#8216;n boendoehof gedaag en die verdagtes saam met hul bakkie verbrand, &#8216;n onheilspellende proesel as die Romeins-Hollandse verdag gemaak word..<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net so, as die Afrika-renaissance verstaan word as die veer van die neste van despote wat hul lande leegstroop, of sit selfs net in daardie rigting ontaard is, is &#8216;n Afrika-renaissance iets waarsonder die kontinent, en beslis die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, ruim kan klaarkom.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/hamams\/\">\u0445\u0430\u043c\u0430\u043c \u043a\u0430\u0440\u0442\u0438\u043d\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers sowat &#8216;n miljard rand moes opdok vir oud-pres. Thabo Mbeki se Afrika-renaissancedroom, kom as &#8216;n skok. Met die begrip van die Afrika-renaissancedroom is daar stellig niks verkeerd nie, mits die visie op die regte pluspunte, naamlik ontwikkeling gefokus bly. Afrika het immers die oudste Christenstaat ter w\u00eareld \u2013 &#8216;n pluspunt &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9228\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Afrika-renaissance se rekening&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9228","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9228","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9228"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9228\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9228"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9228"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9228"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}