{"id":922,"date":"2007-09-27T17:08:38","date_gmt":"2007-09-27T17:08:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=922"},"modified":"2007-09-27T17:08:38","modified_gmt":"2007-09-27T17:08:38","slug":"die-untouchables","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=922","title":{"rendered":"Die &#8216;untouchables&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<div align=\"justify\">Vanwaar die groot belangstelling in hierdie departement wat eintlik algehele outoriteit behoort te geniet en heel onafhanklik behoort te funksioneer om sukses te waarborg? Hulle moet nou egter in die skadu van die SAPS dien, wat die mees destruktiewe aksie ooit is. Met sulke belaglike verwagtinge binne ons regsstelsel het die Skerpioene absoluut geen doel nie en kan laasgenoemde maar ontbind word. <\/div>\n<div align=\"justify\">Vroeg in hierdie eenheid se leeftyd het sekere parlementari&euml;rs en ander gesigsloses die Skerpioene se outoriteit en jurisdiksie begin bevraagteken wat die uiteindelike ontslag van Regter Heath beteken het. Hierna het die rustelose jare voortgeduur en was blatante inmenging vanaf regeringskant so opsigtelik dat &#39;n blinde dit met sy stapstok kon aanvoel. <\/div>\n<div align=\"justify\">Ngucka het vinnig uitgevind hoe ongewild &#39;n persoon in sy pos kan raak as hy begin krap in die duistere sake van die verkose &quot;rainbow&quot; elite wat die soustrein lankal veruil het vir die straler. Daar word mildelik gevlieg en onthaal as mens net kyk na hoe sekere staatsdepartemente se reis-en onthaalkostes gestyg het. <\/div>\n<div align=\"justify\">Die DA is juis besig om vrae in di&eacute; verband te vra wat natuurlik weer &#39;n geliegery van die eerste water sal ontlok. Sheik en sy vriend Maharaj het alles in hulle vermo&euml; gedoen om Ngucka as sogeaamde spioen van die vorige bestel uit te maak. Alles pogings om hom te sink sodat hy nie hulle skelmstreke kon blootl&ecirc; nie. Sheik sit darem in die tronk, of sit hy nog? Laas wat ons gehoor het was hy besig om as &#39;n baie siek man &#8211; sy bors trek blykbaar toe in die tronk &#8211; by sy verpleegsters aan te l&ecirc;.<\/p>\n<p>Met Mbeki se afdanking van Pikoli wys dit weereens dat laasgenoemde op iemand se tone trap en die irritasie nie meer verduur kan word nie. Beatrice is blykbaar nie genoeg deur Pikoli geraadpleeg nie. Laat ons nou nie doekies omdraai nie. Ons almal weet wie Selebi se vriende is en wat sy pos is. Net twee weke terug het &#39;n kennis wat in die Polisie is en intens met gewapende rooftogte handel sy kommer teenoor my uitgespreek ten opsigte van hulle persoonlike veiligheid as gevolg van &quot;impimpis&quot; binne die mag. <\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">As hulle &#39;n suksesvolle aksie wil loods en een verkeerde individu kom in besit van die inligting, is die operasie &#39;n ramp. Van die rowers is dan self polisiebeamptes en die vraag kan net gevra word wie is hulle &quot;baas&quot;. Hoe kan &#39;n spesialis eenheid soos die Skerpioene aan die SAPS ondergeskik wees? In Amerika rapporteer die FBI nie aan die polisi&euml;ringseenheid (precinct) in die area waar die ondersoek plaasvind nie. So ons maak eintlik maar hier vir wolf die skaapwagter.<\/p>\n<p>Nou as &#39;n man van ons president se statuur dit nie kan besef nie, dan dui dit op &#39;n groot brand in die enjinkamer. Ons skep &#39;n liggaam en gee hulle &quot;magte&quot; om te bevraagteken, ondersoek en te vervolg&#8230;..en dan trek ons hulle tande. Ek dink die w&ecirc;reld lag vir ons, &#39;n sirkus met &#39;n klomp korrupte narre. <\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">Die Selebi-ondersoek het klaarblyklik &#39;n gewisse dood gesterf, so ook die een na een van sy generaals, McBride. Hulle gee nuwe betekenis aan die terme &quot;the untouchables&quot;. Wonder wie gaan nou aan die stuur gesit word aangesien dit lyk of hulle nog nooit &#39;n aanstelling gemaak het wat nie maklik manupileerbaar is nie. Dit s&ecirc; iets oor hulle personeelafdeling<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free slots no download no registration with bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die onlangse ontslag van Vusi Pikoli, Hoof van die NPA,&nbsp;deur die Staatspresident mag op die oog af voorkom as &#39;n heel normal aksie uitgeoefen vanuit die stoel van die hoogste gesag in die land. Tog is dit nie so eenvoudig nie en spreek dit boekdele. <\/div>\n<div align=\"justify\">Dit behoort ook alarms met flikkerende ligte in die buiteland en veral by ons eerstew&ecirc;reldse beleggers te aktiveer omdat dit dui op oorverhitting van ons regsmasjien. Is hierdie nie &#39;n onbetwisbare vorm van &#39;n man wat sy gesag misbruik en&nbsp;&#39;n geordende en regverdige&nbsp;proses gruwelike kaap en sy eie ding doen nie?<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096],"class_list":["post-922","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=922"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}