{"id":9212,"date":"2010-08-03T07:22:14","date_gmt":"2010-08-03T07:22:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9212"},"modified":"2010-08-03T07:22:14","modified_gmt":"2010-08-03T07:22:14","slug":"tweede-ontgroeningsvideo-maak-opslae-op-kovsie-kampus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9212","title":{"rendered":"Tweede ontgroeningsvideo maak opslae op Kovsie-kampus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Tweede ontgroeningsvideo het aan die Universiteit van die Vrystaat opgeduik, hierdie keer met wit studente as die &#8220;slagoffers&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit toon vier wit studente by die oorwegend swart Villa Bravado-manskoshuis op wie water gegooi word. Hulle word aanges\u00ea om op een been te staan en later as vloerlappe deur swart studente op die vloer rondgetrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Studente het vroe\u00ebr vanjaar die video onder die universiteitsbestuur se aandag gebring, en hulle het &#8220;met ontsteltenis&#8221; kennis geneem van die ontgroening, het die universiteit gister in &#8216;n verklaring ges\u00ea. Die video is in Oktober 2009 gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dekaan van studentesake, Rudi Buys, het die primarius van die koshuis, Chris Nthakeni, geskors. Dissiplin\u00eare maatre\u00ebls is ook teen die koshuishoof vir sy beweerde betrokkenheid ingestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die UV het ges\u00ea hy glo dat dit nie &#8216;n geval was van swart studente wat teen die wit studente opgetree het nie, aangesien swart lede van die huiskomitee dieselfde inisiasie ondergaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidsfront Plus Jeug aan die UV veroordeel die universiteit se hantering van die saak, gegewe sy &#8220;ekstreme&#8221; reaksies in die verlede jeens sulke gevalle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;[Dit] toon dubbele standaarde,&#8221; het die woordvoerder van die VF + Jeug, Wouter Wessels, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die UV-rektor Jonathan Jansen het gewaarsku dat hy sal optree teen studente wat deelneem aan ontgroeningsaksies, en wou weet hoekom stappe &#8220;in die geheim&#8221; teen Nthakeni geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nthakeni is nie, soos in ander gevalle, uit die universiteit of die koshuis geskors nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit toon nie deursigtigheid nie,&#8221; s\u00ea Wessels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die geval van die Reitz-video, is die studente onmiddellik geskors en die koshuis gesluit verklaar. Die vier voormalige UV-studente, wat &#8216;n vernederende video met vier swart universiteitswerknemers by die Reitz-koshuis gemaak het, is verlede week met R20 000 beboet nadat hulle skuldig bevind is aan crimen injuria in die Bloemfonteinse landdroshof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wessels het ges\u00ea dat die hele koshuiskomitee van Armentum in 2009 geskors is n\u00e1 ontgroenings. In dieselfde jaar is &#8216;n student in die Karee-koshuis ook geskors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die verklaring het Jansen ges\u00ea hy hoop die Villa Bravado-geval was die laaste van ontgroenings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die UV kommunikeer duidelik en gereeld aan studente dat ontgroenings streng verbode is.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/cleopatra\/\">free slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Tweede ontgroeningsvideo het aan die Universiteit van die Vrystaat opgeduik, hierdie keer met wit studente as die &#8220;slagoffers&#8221;. Dit toon vier wit studente by die oorwegend swart Villa Bravado-manskoshuis op wie water gegooi word. Hulle word aanges\u00ea om op een been te staan en later as vloerlappe deur swart studente op die vloer rondgetrek. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9212\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tweede ontgroeningsvideo maak opslae op Kovsie-kampus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,21089,4972,10268,10269],"class_list":["post-9212","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-nuus","tag-reitz","tag-tweede-ontgroeningsvideo-maak-opslae-op-kovsie-kampus","tag-villa-bravado"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9212","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9212"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9212\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}