{"id":9182,"date":"2010-07-29T10:47:15","date_gmt":"2010-07-29T10:47:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9182"},"modified":"2010-07-29T10:47:15","modified_gmt":"2010-07-29T10:47:15","slug":"praag-verwerp-tutu-se-boikot-teen-israel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9182","title":{"rendered":"PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Dan Roodt voor die Klaagmuur in Jerusalem\" alt=\"Dan Roodt\" width=\"251\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories3\/dan_klaagmuur2.jpg\" class=\"caption\" \/>Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus     aartsbiskop Tutu se oproep om &#8216;n internasionale boikot van Israelse     produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek.<\/p>\n<p> Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in     Israel verkeer, het ges\u00ea: &#8220;Tutu is skynheilig, want terwyl hy     Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking     en Afrikanerregte in Suid-Afrika vertrap en daaroor swyg hy in alle     tale.&#8221;<\/p>\n<p> Volgens PRAAG was &#8220;ekonomiese sanksies teen die vorige     Afrikanerregering wat deur Tutu en die Statebondsleiers bepleit is,     slegs die voorspel tot die stukturele volksmoord wat daar tans teen     die Afrikanervolk gepleeg word&#8221;. Roodt het Tutu getipeer as &#8220;&#8216;n     pro-Arabiese, anti-Semitiese propagandis wat die vernietiging van     Israel en die Joodse volk in die oog het&#8221;.<\/p>\n<p> Roodt meen dat sowel Tutu as die Anglikaanse kerk &#8216;n sleutelrol     gespeel het in die proses om die Afrikanervolk van sy soewereiniteit     en vryheid te ontneem en hy wil dieselfde strategie nou teen Israel     herhaal.<\/p>\n<p> Hy het &#8216;n beroep op Afrikaners gedoen om Israel sigbaar in sy     huidige oorlewingstryd te onderskraag, terwyl hy insgelyks die     Joodse gemeenskap in Johannesburg gevra het om die Afrikaner se     stryd om die herstel van sy regte en soewereiniteit in Suid-Afrika     op tasbare wyse te ondersteun.<\/p>\n<p> &#8220;Sedert die tyd van Paul Kruger, het die Afrikanervolk nog altyd in     harmonie en broederskap met Jode saamgeleef en gedurende die     twintigste eeu was Israel een van ons getrouste bondgenote. Ons wil     ons solidariteit en vriendskap met Israel bevestig, asook die reg     van Jode op hul voortreflike en vooruitstrewende volkstaat.&#8221;<\/p>\n<p> Roodt het gister &#8216;n besoek aan die oustad van Jerusalem, waaronder     die Tuingraf en die Klaagmuur, gebring. Sy besoek geniet wye     mediadekking in die Heilige Land en benewens &#8216;n onderhoud met die     Israelse staatsradio in spitstyd en &#8216;n Russiestalige TV-kanaal wat     in die land en in Europa uitsaai, is personderhoude steeds aan die     gang. Hy sal vandag in Tel Aviv verdere TV-onderhoude voer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/avtomatika-dlya-nasosov_2\/shkafy-upravleniya\">\u0448\u043a\u0430\u0444 \u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om &#8216;n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek. Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het ges\u00ea: &#8220;Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}