{"id":9152,"date":"2010-07-26T09:38:55","date_gmt":"2010-07-26T09:38:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9152"},"modified":"2010-07-26T09:38:55","modified_gmt":"2010-07-26T09:38:55","slug":"ig-verklaar-kosovo-wettig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9152","title":{"rendered":"IG verklaar Kosovo wettig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dit is &#8216;n welbekende feit dat die volkereg (internasionale reg) die selfbeskikkingsreg van volke erken. Hoekom is die uitspraak op 22 Julie 2010 van die Internasionale Geregshof in den Haag oor Kosovo se reg op onafhanklikheid dan van soveel belang? Veral as dit &#8216;n nie-bindende uitspraak was?<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belang l\u00ea ten eerste veral daarin dat dit &#8216;n wetlike status aan &#8216;n eensydige verklaring van onafhanklikheid verleen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitspraak sal wel eers nog met &#8216;n fyn kam deurgegaan moet word om te bepaal watter nuwe volkereg geskep is \u2013 met ander woorde \u2013 aan watter kriteria moet voldoen word om eensydige onafhanklikheidsverklaring wettig te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten tyde van die uitspraak het 69 lande Kosovo se onafhanklikheid erken, waar die gewone norm &#8216;n 100 state is. Die VSA, een van die state wat vroe\u00ebr reeds die onafhanklikheid erken het, het na die uitspraak die hoop uitgespreek dat nog state sy voorbeeld gaan volg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kosovo het deel uitgemaak van die ou Joegoe-Slawi\u00eb, en na di\u00e9 Balkanstaat uitmekaar gespat het, deel van Serwi\u00eb. Die meerderheid inwoners is Albanese, met minderhede Serwi\u00ebrs en ander groepe. Serwi\u00eb se onwilligheid om Kosovo onafhanklikheid te laat kry spruit daaruit dat die hartland van Serwi\u00eb eens in die huidige Kosovo gesetel was. Boonop vrees die Serwi\u00ebrs \u2013 meestal Ortodokse Christene &#8211; dat die Kosovare \u2013 meestal Moslems &#8211; weerwraak kan neem weens die etniese suiweringspoging onder die leiding van oud-pres. Slobodan Milosovic van Joegoe-Slawi\u00eb. Navo moes ingryp om die volksmoord te stuit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland, wie se Slawiese bevolking baie nou aan die Serwi\u00ebrs verwant is, steun Serwi\u00eb se weerstand teen Kosovo se onafhanklikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twis is in 2008 deur die VN se Algemene Vergadering na die Internasionale Geregshof verwys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Internasionale Hof het bevind dat daar in die Internasionale Reg niks is wat Kosovo se onafhanklikheidreg beletsel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarnemers het dadelik daarop gewys dat daar &#8216;n groot verskil is tussen die reg om onafhanklik te wees, maar ook om die w\u00eareld se politieke harte hiermee te wen. Hoewel dit versigtig nie uitgespel word nie, is dit duidelik dat die geskiedenis met Suid-Afrika se voormalige tuislande nou as &#8216;n klip in die maag bly l\u00ea. Voorts, sal staatsmanskap nou aan die dag gel\u00ea moet word, soos hoe om nou met die minderhede in Kosovo om te gaan. In wese hoe meer &#8216;n minderheid onderdruk word, hoe groter word die mate van outonomie waarop die volk of groep geregtig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die politieke speelbal gaan nou interessant wees. Waarnemers was gou om uit te wys dat groepe wat na selfbeskikking of onafhanklikheid streef, bepaald kennis gaan neem van hierdie uitspraak. Volke wat genoem word is die Koerde, die Baske en die Tibettane, maar die berigte maak dit duidelik dat daar nog &#8216;n horde ander in Asi\u00eb en Afrika is. Spanje, wat met die Baskiese en Kataloniese kwessies te make het, is byvoorbeeld een van die min Europese lande wat Kosovo se onafhanklikheid teenstaan. China, wat nog met Tibet en Taiwan soos klippe in die maag leef, is ook gekant teen die onafhanklikheid, en Indi\u00eb, &#8216;n etniese federasie, is self taai in die bek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die Suid-Afrikaanse media skaars hieroor, en nie baie entoesiasties hieroor berig het nie, val moontlik in dieselfde dampkring van denke \u2013 die uitspraak kan ook hier as inspirasie vir bestaande en sluimerende selfsbeskikkingsreg dien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die interessantheid is dat Rusland en ander lande se teenkanting kan veroorsaak dat die VN nie &#8216;n mosie in ooreenstemming met die hof aanneem nie, al is die kwessie deur die algemene vergadering na die Internasionale Geregshof verwys. Rusland het reeds aangedui dat hy so &#8216;n mosie in die veiligheidsraad sal veto, en dit lyk of ander state met minderhede sal volg.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">clue classic online game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is &#8216;n welbekende feit dat die volkereg (internasionale reg) die selfbeskikkingsreg van volke erken. Hoekom is die uitspraak op 22 Julie 2010 van die Internasionale Geregshof in den Haag oor Kosovo se reg op onafhanklikheid dan van soveel belang? Veral as dit &#8216;n nie-bindende uitspraak was? Die belang l\u00ea ten eerste veral daarin dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9152\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;IG verklaar Kosovo wettig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9152","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9152","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9152"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9152\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}