{"id":9145,"date":"2010-07-25T06:30:14","date_gmt":"2010-07-25T06:30:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9145"},"modified":"2010-07-25T06:30:14","modified_gmt":"2010-07-25T06:30:14","slug":"om-by-n-volkstaat-uit-te-kom-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9145","title":{"rendered":"Om by \u2018n volkstaat uit te kom (2)"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" \/>In <a href=\"johann-wingard-magazine-419\/8554-om-by-n-volkstaat-uit-te-kom.html\">die vorige artikel<\/a> het ek op die vraag gefokus:&nbsp; Wat is ons opsies vir selfbeskikking?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag vra ek: Hoe lyk die pad vorentoe? Vra vir \u2018n politikus, en jy kry \u2018n politieke droom vir \u2018n antwoord.&nbsp; (WAT) Vra vir \u2018n akademikus, en jy hoor \u2018n diepgaande ideologiese begronding vir selfbeskikking (WAAROM).&nbsp; Vra vir \u2018n nyweraar, en hy vra onmiddellik na die logistiek, dws die HOE?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sal nou fokus op die HOE.&nbsp; Na sestien jaar se wroeging, verdagmakery, en swartsmeerdery onder mekaar moet ons nou in die woorde van adv Ben Pieters SA vra:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe sit jy \u2018n verbrokkelde geheel soos Hompe Kedompie, weer aanmekaar nadat&nbsp; hy van die muur afgeval het?\u201d&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe rekonstrueer mens weer \u2019n volk wat uit tientalle brokstukke bestaan en wie se volkskap deur \u2018n groot persentasie van daardie volk as \u2018n hersinskim bespot word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is op hierdie punt waarop die te stigte Afrikanerowerheid moet inskerp om die leierskapsvakuum, wat deur die magsoorgawe gelaat is, te vul.&nbsp; Daar is reeds genoeg hieroor geskryf en wil ek graag aangaan na ander vrae soos:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel gaan dit kos om \u2018n nuwe staat te stig en waar gaan die geld vandaan kom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gestel die AO sou besluit dat die skepping van \u2018n nuwe staat in \u2018n le\u00eb gebied polities die mees haalbare opsie vir territoriale selfbeskikking is, en gestel die AO omlyn die bestemde gebied sodat alle volkstaatgesindes daarin sal kan bel\u00ea, dan kan mens \u2018n paar somme maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gestel verder dat die AO sou aanbeveel dat nuwe dorpe uitgemeet word wat elk ongeveer 4 000 gesinne sal huisves, en gestel dat 4 000 gesinne jaarliks bereid sal wees om na die volkstaat te trek om \u2018n nuwe begin te gaan maak, dan sal daar 4 000 nuwe huise per jaar benodig word teen \u2018n koste van R1,6 miljard per jaar.&nbsp; Hiervoor begroot mens dan vir baie beskeie huise teen R400 000 elk. Dan is daar nog die koste van die erwe, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koste van opslaanhuise wat deur die eienaar self gemonteer word kon dalk die bedrag met die helfte verminder en langsamerhand kan die huise \u2018n meer permanente struktuur kry. Net die vervaardiging van die modul\u00eare huise alleen sal reeds \u2018n massiewe ekonomiese inspuiting vir die gebied wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Nuwe bougenootskap sou geld in die finansi\u00eble markte kon leen en verbande aan voornemende kopers toestaan.&nbsp; Namate die maandelikse kontantvloei uit paaiemente groei, verminder die bedrag wat op die markte geleen moet word.&nbsp; Die probleem gaan kom by die skep van die nodige finansi\u00eble instrumente wat die mark sal tevrede stel en hier sou oorsese instansies dalk \u2018n bydrae kon lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die infrastruktuur vir elke nuwe dorp vir 4 000 inwoners sal waarskynlik \u2018n verdere R500 miljoen bedra, wat op sy beurt deur die volkstaat se belastingbetalers gedra sal moet word. Ons praat dus van \u2018n jaarlikse koste van ongeveer R2 miljard wat van \u00earens moet kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens sonkrag, waarvan die kapitale koste nog baie hoog is, is daar sterk aanduidings dat \u2018n vorm van aardgas uit die skalieformasies van die Karoo voorkom en Sasol het aangekondig dat hy saam met vennote \u2018n eksplorasieprogram van stapel gaan stuur.&nbsp; Elektrisiteit kan deur gekombineerde siklus- (GS-) turbines opgewek word en wat deur daardie gas as brandstof gebruik kan word. GS-turbines gebruik baie min water en het \u2018n ho\u00eb nuttigheidsgraad, sodat krag redelik goedkoop gelewer kan word.&nbsp; Investering sal stapsgewys vir elke dorp kan plaasvind en reusagtige kragstasies en duur netwerke vermy word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Dorp van 4000 huise sal ongeveer 40 Mwe krag benodig.&nbsp; Hiervoor is klaar gemonteerde turbines op die mark beskikbaar.&nbsp; Dit sal \u2018n wonderlike beleggingsgeleentheid vir internasionale pensioenfondse wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om \u2018n nuwe dorp van 4 000 trasionele huise jaarliks te bou sal \u2018n arbeidsmag van minstens 5 000 werkers benodig word.&nbsp; Waar gaan hulle bly en waar gaan hul kinders skoolgaan?&nbsp; \u2018n Nuwe konstruksietegniek sal dus benodig word sodat eienaars hul huise met drie of vier helpers self sal kan voltooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie hele skema klink byna soos \u2018n Ponzi-skema wat oor vier of vyf dekades mag strek; waar nuwe huise deur terugbetaling van vorige huise se paaiemente befonds moet word, maar dit is maar soos dit werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar vanuit \u2018n fisiese oogpunt gesien is dit dus alles teoreties moontlik en sal die geld wel beskikbaar raak as die ekonomiese bedrywigheid van die gebied so \u2019n volksprojek standhoudend sal ondersteun. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om swart arbeiders uit die gebied te weer sal \u2018n verdere politieke turksvy wees, veral teen die agtergrond van bestaande regstellendeaksiemaatre\u00ebls en arbeidswetgewing.&nbsp; Dit sal die taak van \u2018n AO wees om daardie probleme op diplomatieke vlak buiteparlement\u00ear op te los.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit bring my dus weer by die kwessie van volkswil om \u2018n AO te stig en te vertrou, om die toekomspad aan te wys en volkswil te bou deur Afrikaners weer trots op hul volkskap te maak. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drome droom is maklik. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is die mense wat weer hoop moet kry, en juis daar l\u00ea die probleem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is Afrikaners bereid om saam te werk?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bet<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die vorige artikel het ek op die vraag gefokus:&nbsp; Wat is ons opsies vir selfbeskikking? Vandag vra ek: Hoe lyk die pad vorentoe? Vra vir \u2018n politikus, en jy kry \u2018n politieke droom vir \u2018n antwoord.&nbsp; (WAT) Vra vir \u2018n akademikus, en jy hoor \u2018n diepgaande ideologiese begronding vir selfbeskikking (WAAROM).&nbsp; Vra vir \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7517,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-9145","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9145","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9145"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9145\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9145"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9145"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9145"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}