{"id":9138,"date":"2010-07-23T09:39:56","date_gmt":"2010-07-23T09:39:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9138"},"modified":"2010-07-23T09:39:56","modified_gmt":"2010-07-23T09:39:56","slug":"weer-plaasmoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9138","title":{"rendered":"Weer plaasmoorde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die klinkende munt uit die aanbied van die w\u00eareldsokkerbekertoernooi nog getel word, lyk dit of die plaaasaanvalle en plaasmoorde na \u2018n vervatslag hervat is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne die kwessie van ongeveer \u2018n dag is \u2018n plaasvrou van Mooirivier, haar huishulp en \u2018n plaaswerker vermoor. By Bethlehem is \u2018n bejaarde boer die tweede keer vanjaar in sy opstal oorval en di\u00e9 keer vir dood agtergelaat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ongelukkig nie al wat die voorvalle met die era voor die toernooi gemeen het nie. Uit beskikbare mediabronne lyk dit of die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, weer in al elf amptelike tale swyg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het wel kort voor die toernooi een maal in \u2018n generiese sin plaasaanvalle veroordeel. En toe was dit ook \u2018n ruk lank stil.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die gerapporteerde misdaadafname gedurende die toernooi het in verskeie kringe die vraag laat ontstaan of misdadigers nie ook die boodskap gekry het dat misdaad, minstens vir die duur van die toernooi, nie aanvaarbaar is nie en dat verskerp daarteen opgetree gaan word. Die vinnige optrede, die swaar vonnisse wat die Fifa-howe opgel\u00ea het, en die regering se standpunt-inname het inderdaad die indruk geskep dat daar erns is om misdaad vas te vat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skaars is die toernooi verby, of \u2018n ander beeld word uitgestraal: Wetgewing dien nou voor die parlement wat volgens aansprake dit vir die media baie moeilik gaan maak om korrupsie uit te snuffel, en pres Zuma self weier om \u2018n vinger te lig oor \u2018n minister wat weens beweerde tenderpreneurskap in die spervuur is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, ironies, terwyl hy nog \u2018n ko\u00f6rdinerende meganisme aankondig om korrupsie aan te spreek. Of di\u00e9 meganisme meer gaan oplewer as sy vorige stap om \u2018n minister in sy Kabinet hiervoor verantwoordelik te maak, maar dit toe gou geblyk het di\u00e9 minister het sy amptelike kredietkaart misbruik \u2013 sal net die tyd leer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het die redakteur van Beeld, Tim du Plessis, in \u2018n rubriek geskryf die regering op alle vlakke skep die indruk dat hulle meen iets is gedoen as hulle s\u00ea dit gaan gedoen word. In \u2018n tikkie ironie berig \u2018n Bloemfonteinse gemeenskapskoerant gister hoe \u2018n opposisieraadslid die munisipale bestuurder as laaste uitweg self gaan spreek het oor \u2018n gevaarlike diep mangat waarvan die deksel gesteel is. Die munisipale bestuurder het in sy teenwoordigheid \u2018n munisipale amptenaar \u2013 wie se naam ook gepubliseer is \u2013 opdrag gegee om onverwyld vir die mangat \u2018n nuwe deksel op te sit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weke later is dit nog nie gedoen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, in dieselfde munisipaliteit wat al skadevergoeding moes betaal nadat \u2018n vrou in \u2018n mangat sonder deksel beland het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solank die politici nie deurlopend en skerp oor misdaad uitsprake lewer nie, en nie self \u2018n onkreukbare voorbeeld stel nie, so lank gaan die polisie teen \u2018n orkaan probeer vee. Die w\u00eareldbekertoernooi, volgens die regering se eie aansprake, het dit immers bewys.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/card-product\/1017526-dsp-ac-224-ip65-led\">dsp ac 224<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die klinkende munt uit die aanbied van die w\u00eareldsokkerbekertoernooi nog getel word, lyk dit of die plaaasaanvalle en plaasmoorde na \u2018n vervatslag hervat is. Binne die kwessie van ongeveer \u2018n dag is \u2018n plaasvrou van Mooirivier, haar huishulp en \u2018n plaaswerker vermoor. By Bethlehem is \u2018n bejaarde boer die tweede keer vanjaar in sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9138\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Weer plaasmoorde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,21093,6336,10250],"class_list":["post-9138","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-plaasmoorde","tag-weer-plaasmoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9138","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9138"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9138\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9138"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9138"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9138"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}