{"id":9137,"date":"2010-07-23T09:29:27","date_gmt":"2010-07-23T09:29:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9137"},"modified":"2010-07-23T09:29:27","modified_gmt":"2010-07-23T09:29:27","slug":"wie-weet-niks-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9137","title":{"rendered":"Wie weet niks?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kennis stuur vanoggend vir my die ou grappie aan van die jafel wat in Itali\u00eb vakansie hou.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons verander die grappie bietjie in die hedendaagse idioom, en s\u00ea hy Skype vir sy verloofde: \u201cEk hou heerlik vakansie, en Florence is wonderlik.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy verloofde se antwoord is blitsvinnig terug: \u201cEk is bly. Willem is ook wonderlik.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net gister, in \u2018n <em>in promptu<\/em>-koppestamp oor die stand van taal, praat \u2018n groep van ons oor die verskriklike swak vlakke van algemene kennis van die jonger generasie, wat ook op die gebruik van Afrikaans neerslag vind. Soos die spelling&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe ons kinders was kon ons omtrent al Afrika en ander dele van die w\u00eareld se hoofstede noem, en wie hul premiers of presidente is. Vandag&#8230;\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek verswyg dat ek self darem lelik voeling verloor het. So in die haastigheid is ek nou ook nie so vars oor die koning van Lesotho en die premier nie. Maar die hare is darem al goed grys&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Darem weet ek wie die eerste minister van Nederland is, al is dit nog net vir \u2018n rukkie. En nee, dis nie Joop den Uijl nie. Die is lankal nie meer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nee, Evita is nie die president van Argentini\u00eb nie, ook nie Maradonna nie, maar ek moet bieg, wie dit nou is het my ook ontgaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar,\u201d s\u00ea die een gespreksgenoot, dit is ook nie regtig meer nodig om so alles in die kop te saam te dra nie. \u2018n Mens Google net. Sy het haar verstom oor hoe \u2018n nefie, sommer so met die bestuur in Kaapstad, nog gelyk ge-Blackberry en ge-GPS het. As sy nie iets weet nie (en hy uiteraard ook nie) klik-klik die laaitie net op sy selfoon, en daar het hy die antwoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oudste, wat binnekort \u2018n her in Landbou-ekonomie skryf, sou seker wat wou gee om so \u2018n handige leerbystand tydens die eksamen te h\u00ea. Maar ongelukkig vereis die universiteit nog dat daai kennis uit die kop moet kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, kla \u2018n dosent, toe hy moeilikheid van die universiteit se Sanhedrin kry oor hoe swak sy studente vaar, besluit hy tot hier en nie verder nie. Hy gee vooraf die vrae. En sal \u2018n student so waaragtig nie die vermetelheid h\u00ea om hom te bel en te vra op watter bladsye die antwoorde is nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar die uitslae was in elk geval niks beter nie. Volgende keer skryf hulle maar oopboek-eksamens.\u201d Ek wil byvoeg dat hy weer \u2018n oproep gaan kry van \u2018n student wat gaan vra of boeke dan kan Google. As hy nie kan \u201ccopy\u201d en \u201cpaste\u201d nie, hoe gaan hy dan ooit die antwoorde kan neerpen?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ek bedink my.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis toe kom oudste van die universiteit af. Hy stap selfoon in die hand by die deur in. Klaar aan die Mixit. Hy het Mixit-meisies op omtrent elke dorp in die land, so voel dit, en voel ons sakke dit as hy in persoon wil gaan kuier.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk hoop nie jy Mixit terwyl jy bestuur nie,\u201d korswil sy ma. \u201cJa ma, soms. Maar ek hou my o\u00eb op die selfoon dat ek nie spelfoute maak nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMooi seun,\u201d komplimenteer ek hom. \u201cOns kla nou net oor die mense se swak spelling.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan s\u00ea die jong klomp nog die ou mense weet niks!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Kennis stuur vanoggend vir my die ou grappie aan van die jafel wat in Itali\u00eb vakansie hou. Kom ons verander die grappie bietjie in die hedendaagse idioom, en s\u00ea hy Skype vir sy verloofde: \u201cEk hou heerlik vakansie, en Florence is wonderlik.\u201d Sy verloofde se antwoord is blitsvinnig terug: \u201cEk is bly. Willem is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9137\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wie weet niks?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[626,8000,21092,8352],"class_list":["post-9137","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-herman-toerien","tag-humor","tag-rubrieke","tag-wie-weet-niks"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9137","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9137"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9137\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9137"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9137"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9137"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}