{"id":9128,"date":"2010-07-22T07:13:06","date_gmt":"2010-07-22T07:13:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9128"},"modified":"2010-07-22T07:13:06","modified_gmt":"2010-07-22T07:13:06","slug":"nuwe-helde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9128","title":{"rendered":"Nuwe helde"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Twee groot sake, twee helde.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So kan kortliks verwys word na mnr. Paul O&#8217;Sullivan en dr. Richard Young, wat onderskeidelik met groot deursettingsvermo\u00eb die Jackie Selebi- en die wapenskandale bly takel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide het lywige dossiere opgebou. In die proses is Suid-Afrika se voormalige polisiebaas reeds skuldig bevind, en gaan Skoor weer, met nuwe getuienis, na die wapenskandaal kyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 10, 11 en 13 Augustus gaan verskeie instansies en persone voor die parlement\u00eare Skoor moet kom verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel minstens twee prominente mense, Shabir Shaik en Tony Yengeni, reeds weens kantlynbetrokkenheid tronkstraf opgel\u00ea is, maar skynbaar spesiale behandeling te beurt geval het, was dit vanuit die staanspoor duidelik dat slegs aan die oppervlak gekrap is. Daar is jare gelede reeds berig dat die destydse ondersoekspan se verslag erg verander is, en oud-pres. Thabo Mbeki se naam is genoem. Nou dien dokumente wat dit blykbaar bewys voor Skoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat daar lank hard probeer is om die skandaal as afgehandel onder die tafel in te vee, lyk op die oog af voor die hand liggend. Maar die tentakels het bly uitkruip, ook soos buitelandse ondersoeke gevorder het en &#8216;n notule selfs aan die lig gebring het dat Mbeki &#8216;n erg omstrede vergadering met &#8216;n wapenhandelaar bygewoon het. Iets wat hy later aangedui het hy nie kan onthou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook die aanklagte teen pres. Jacob Zuma is onder vreemde regsre\u00ebls laat vaar en word nou ook in die hof betwis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou word verskeie prominente mense se name opnuut genoem, waaronder mnre. Trevor Manuel en Mosiuoa Lekota. Vir Lekota, wat in sy tweestryd met Mbhazima Shilowa om Cope se hart die morele ho\u00eb grond probeer opneem, kon hierdie beriggewing kwalik op &#8216;n slegter tyd gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tragedie is dat die prosesse skynbaar nooit deurgevoer sou kon word as dit nie vir die buitengewone en jarelange deursettingsvermo\u00eb van twee individue was nie. Hulle het vasgebyt, selfs toe dit as nuuswaardigheid op die agtergrond moes staan. Die ondersoeke het hulle persoonlik baie gekos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder sulke mense sou die land veel armer daaraan toe gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die regering moet dit ook as &#8216;n belangrike les dien. Skade word die beste voorkom deur in die eerste plek nie die lang vingers in die koekblik te steek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skande is om die misdrywe te pleeg, nie om uitgevang te word nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/instawowphoto.net\">instawowphoto<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee groot sake, twee helde. So kan kortliks verwys word na mnr. Paul O&#8217;Sullivan en dr. Richard Young, wat onderskeidelik met groot deursettingsvermo\u00eb die Jackie Selebi- en die wapenskandale bly takel het. Beide het lywige dossiere opgebou. In die proses is Suid-Afrika se voormalige polisiebaas reeds skuldig bevind, en gaan Skoor weer, met nuwe getuienis, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9128\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nuwe helde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9128","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9128","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9128"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9128\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9128"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9128"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9128"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}