{"id":9113,"date":"2010-07-20T08:37:18","date_gmt":"2010-07-20T08:37:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9113"},"modified":"2010-07-20T08:37:18","modified_gmt":"2010-07-20T08:37:18","slug":"die-kwessie-van-die-morele-hoe-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9113","title":{"rendered":"Die kwessie van die morele ho\u00eb grond"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vandag, 66 jaar gelede, was veronderstel om die hoogtepunt te wees van Operasie Walkure, die sluipmoordpoging op Adolf Hitler. Op die dag, in 1944, het  Claus Philipp Schenk Graaf von Stauffenberg, en sy mede-offisiere probeer om Hitler met &#8216;n bom in &#8216;n aktetas die ewigheid in te stuur. Dit was die hoogtepunt van &#8216;n omvattende staatsgreeppoging, sodat met die geallieerde magte oor vrede onderhandel kon word. Hoewel vier mense dood is in die ontploffing, het &#8216;n swaar eikehouttafel Hitler se lewe gered en hy het slegs geringe wonde opgedoen.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die samesweerders het die volgende dag voor &#8216;n vuurpeloton gesterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n mediaverklaring herdenk die Duitse regerende party, die CDU, di\u00e9 dag die weerstandsbeweging se optrede, en beskryf dit as &#8216;n oorwinning vir die gewete oor blinde gehoorsaamheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dag word ook as inspirasie vir die totstandkoming van die Bundeswehr gedenk. Die CDU beskryf dit as &#8216;n instrument vir die handhawing van demokrasie en vryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou gesegde lui immers dat die oorwinnaar die geskiedenis skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het &#8216;n stukkie herhalende geskiedenis van Afrika hom afgespeel: Mense is aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel omdat hulle iemand wat self met &#8216;n staatsgreep aan bewind gekom het, se bewind wou omverwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het Suid-Afrika en die w\u00eareld internasionale Mandeladag herdenk. Oud-pres. Nelson Mandela is as ikoon voorgehou. Lofuitinge met sy 90ste verjaarsdag het ingestroom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die aanklagte waarvoor hy destyds tereg gestaan het voor hy lewenslank tronk toe gestuur is \u2013 en uiteindelik 27 jaar uitgedien het &#8211; was hoogverraad. Heel duidelik regverdig die w\u00eareld die euforie as &#8216;n oorwinning van die gewete oor blinde lojaliteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minder moeilik om te regverdig, en dus selde aan die groot klok gehang, was dat Mandela ook &#8216;n kommunis was, en dat sy vriend en regsverteenwoordiger, Bram Fischer, se aanhang van kommunisme met die bewind van Stalin in die USSR saamgeval het is verweef was. Vandag is dit moeilik om te bepaal wie die ergste despoot was en wie die meeste mense se dood deur teregstellings veroorsaak het \u2013 Hitler of Stalin. Die eerste aanklagte op Mandela se klagstaat was dan ook in terme van wetgewing wat kommunisme probeer onderdruk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die klagstaat het nie werklik die beeld van &#8216;n vredemaker en demokraat uitgestraal nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mandela kon ook vroe\u00ebr vrygelaat gewees het as hy geweld afgesweer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook bekend dat die een man se vryheidsvegter die ander se terroris is. Di\u00e9 onderskeid word ook nie altyd volgens die bepalings van die volkereg getrek nie, maw waar &#8216;n volk of nasie se vryheidstryd as geregverdig beskou word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En as &#8216;n opmerking tussenin \u2013 dit is ook onnodig dat vryheidsvegters soos bykans sonder uitsondering gebeur \u2013 van terreur gebruik hoef te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Persoon of groep kan sy vryheidstryd (teen verdrukking) as &#8216;n oorwinning van gewete oor blinde lojaliteit beskou, terwyl die instelling aan ontvangkant meen genoeg vryhede bestaan om blinde lojaliteit op te eis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die praktyk is dikwels veel meer in die spel betrokke as die volkeregtelike situasie, en daarom sal situasies hom voordoen soos dat die Palestyne se volkstaatsaspirasies anders beoordeel word as di\u00e9 van die Volkstaatingestelde Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou politiek-wetenskaplike gesegde lui: In die interstaatlike verkeer het lande nie vriende nie, net belange. Die werklikheid is egter dat solidariteitsvriendskappe w\u00e9l baie punte tel. Vra maar vir pres. Mugabe, vra maar vir pres. Omar van Soedan. Dit is vriendskappe wat regstreeks teen belange indruis.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/gypsum-columns\/\">\u043a\u043e\u043b\u043e\u043d\u043d\u044b \u0438\u0437 \u0433\u0438\u043f\u0441\u0430 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag, 66 jaar gelede, was veronderstel om die hoogtepunt te wees van Operasie Walkure, die sluipmoordpoging op Adolf Hitler. Op die dag, in 1944, het Claus Philipp Schenk Graaf von Stauffenberg, en sy mede-offisiere probeer om Hitler met &#8216;n bom in &#8216;n aktetas die ewigheid in te stuur. Dit was die hoogtepunt van &#8216;n omvattende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9113\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die kwessie van die morele ho\u00eb grond&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9113","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9113\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}