{"id":9106,"date":"2010-07-20T05:36:24","date_gmt":"2010-07-20T05:36:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9106"},"modified":"2010-07-20T05:36:24","modified_gmt":"2010-07-20T05:36:24","slug":"oor-kapitalistiese-kommuniste-en-oor-grondsake","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9106","title":{"rendered":"Oor kapitalistiese kommuniste en oor grondsake"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Politieke kommentator op politieke kommentator is skepties oor die regering se werklike verbintenis tot die uitroei van korrupsie. En die regering self bied volop rede om bedenkinge te koester. &#8216;n Gebrek aan deursigtigheid \u2013 die begrip wat in die aanloop tot 1994 deur Sanco en die ANC gonswoorde gemaak is &#8211; verdiep hierdie persepsie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel waarskynlik nie verbandhoudend nie, het die SAKP pas sy steun aan &#8216;n voorgestelde mediatribunaal toeges\u00ea na dit aan die lig gekom het dat sy eie leier en minister van ho\u00ebr onderwys, Blade Nzimande, &#8216;n peperduur hotelverblyf agter die blad het. Op die belastingbetalers se rekening.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit gons oor die aangekondigde groenskrif oor grondhervorming, wat gister aan die parlement voorgel\u00ea sou wees maar geherskeduler is, is daar &#8216;n storm aan die broei oor of die DG van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thozi Gwanya bedank het of nie. Volgens verskeie bronne het Gwanya bedank toe die OG &#8216;n spesiale verslag voltooi het. Nou word di\u00e9 bedanking ontken, en die OG-verslag se inhoud is nie bekend gemaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 insident herinner sterk aan die Maroga-Eskom- en Gama-Transnet-sages.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terselfdertyd is berig dat die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, &#8216;n brief aan Onderstepoort Biologiese Produkte geskryf het om die skorsing van di\u00e9 staatsinstelling se hoof, Andile Dyasi, tersyde te stel. Soos in die Maroga-geval, weier die raad skynbaar om kop te gee. Dyasi het geweier om vir sy dissiplin\u00eare verhoor op byna &#8216;n dosyn ernstige aanklagte op te daag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joemat-Pettersson is trouens besig om &#8216;n redelike reputasie op te bou. Sy ontken wel enige verkeerde handeling in haar optrede, toe nog as Noord-Kaapse LUR, met die invoer van wild uit Zambi\u00eb, maar ander optredes is moeiliker om onder die mat in te vee. Hieronder tel haar versuim om vir &#8216;n afspraak met TLU-SA op te daag en waarvoor groot kostes aangegaan is, &#8216;n artikel in Rapport waarin sy erg foutiewe syfers oor grondhervorming \u2013 wat nie haar portefeulje is nie \u2013 verskaf het, en oplaas haar gedagte oor 40 % bemagtigde aandeleskap in landbougrond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die sokkereuforie op sy hoogste was, het die vrye media \u2013 weliswaar nie almal nie \u2013 stories gedra oor hoe die ANC di\u00e9 euforie gebruik het om gediskrediteerde kaders bloot in soortgelyke poste of selfs ho\u00ebr te hersirkuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklikheid, so lyk dit, adem die gees wat deur Gwede Mantashe en genl. Nysnda in verskillende fases oor die Gama-fiasko geuiter is \u2013 dat Gama steeds hul steun het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het onlangs in &#8216;n rubriek na nog &#8216;n problematiese faset verwys \u2013 dat die ho\u00eb bome meen as hulle iets s\u00ea, dan is dit gedoen. Dit beteken in wese dat Zuma en sy eietydse Mandaryne voor die media en op sake-ontbyte die mooiste woorde kan uiter, maar dat weinig hiervan in die praktyk neerslag vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die teenoorgestelde gebeur eintlik daagliks. En dan is daar nog kroonprins Malema ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So sal die regering kort voor lank agterkom dat die beeldkapitaal wat met die sokker opgebou is, verteer is. Die gans wat die goue eiers l\u00ea is geslag.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u0431\u0430\u043d\u043d\u0430\u044f \u043f\u0435\u0447\u044c \u043a\u0430\u043c\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Politieke kommentator op politieke kommentator is skepties oor die regering se werklike verbintenis tot die uitroei van korrupsie. En die regering self bied volop rede om bedenkinge te koester. &#8216;n Gebrek aan deursigtigheid \u2013 die begrip wat in die aanloop tot 1994 deur Sanco en die ANC gonswoorde gemaak is &#8211; verdiep hierdie persepsie. Hoewel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9106","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9106","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9106"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9106\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9106"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9106"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9106"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}