{"id":9057,"date":"2010-07-14T06:49:51","date_gmt":"2010-07-14T06:49:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9057"},"modified":"2010-07-14T06:49:51","modified_gmt":"2010-07-14T06:49:51","slug":"kloutjie-by-die-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9057","title":{"rendered":"Kloutjie by die oor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pas is wysigings aan uitkomsgebaseerde onderrig aangekondig, of 19 skole in Noordwes word weens betogings oor dienslewering gesluit. Dit volg nadat van \u2018n vyfde skool in enkele weke in di\u00e9 provinsie vuurgemaak is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op aktualiteitsprogramme meld dosente gereeld dat Suid-Afrikaanse studente \u2018n agterstand het teen studente wat uit lande soos Zimbabwe en Namibi\u00eb kom. Reuse-oorbruggingsprogramme verhinder nie grootskaalse druipelinge nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat wysigings, en selfs die skrapping van uitkomsgerigte onderrig nodig was, is waarskynlik so, maar \u2018n groot deel van die kern van die probleem bly skynbaar werksetiek. Daar is goeie en toegewyde onderwysers, maar daar is ander wat skynbaar meen om onderrig te gee behels basies net om elke maand salaris te ontvang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wyse waarop protes aangeteken word, skep egter \u2018n bose kringloop. Met volgende jaar se landswye plaaslike regeringsverkiesings onderweg, is daar \u2018n traagheid tot ferm optrede, met moontlik die uitsondering gedurende die afgelope w\u00eareldbekertoernooi, skynbaar onder bykans diktatoriale druk van Fifa. Hierdie eietydse besetting is nou iets van die verlede, en die regering moet self sake bestuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies hoe groot di\u00e9 uitdaging is, blyk uit die bykans R4 miljard wat dienstegebruikers in die Vrystaat aan hul munisipaliteite skuld. Di\u00e9 nuus kom te midde van die onthullings dat verskeie Vrystaatse munisipaliteite finale aanmanings van Eskom ontvang het om hul rekenings aan di\u00e9 kragvoorsiener te betaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is voorspelbaar buite die kwessie dat hierdie munisipaliteite basies op die vooraand van die landswye verkiesings nou wanbetalers vir die uitstaande rekenings sal wurg. Wurg sal waarskynlik min oplewer, omdat armoede en die ho\u00eb werkloosheidskoers eenvoudig nie sulke bedrae kan oplewer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is dus hoe dit moontlik is dat sulke agterstande in die eerste plek kon ontstaan nie. Munisipaliteite word immers uit die staatskas vergoed vir gratis dienste wat aan armlastiges voorsien word. Dit lyk dus of die agterstande ontstaan uit die geledere van mense wat wel die nodige inkomste verdien om te kan betaal. Baie mense maak reeds van voorafbetaalde koepons gebruik. En inwoners wat bloot vergeet om betyds te betaal, sit die volgende dag reeds sonder krag&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar dan \u2018n begunstiging? Dat sommige gemeenskappe nie met sanksie getref word nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop ruk elektrisiteitsdiefstal deur onder meer onwettige aansluitings veral in Soweto \u2018n groot gat in begrotings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk egter of minstens \u2018n deel van die probleem aan grypsug toegeskryf kan word. Vanoggend berig Volksblad ook dat die 50 topamptenare van die Mangaung-munisipaliteit saam R50 miljoen aan salarisse verdien. Mangaung word volgende jaar \u2018n metro, en dan word die Motheo-distriksmunisipaliteit met sy eie stel hoogsbesoldigde amptenare en amspdraers ingesluit. Boonop was die einste munisipaliteit in die nuus vir rojale kaartjie-aankope vir die pas-afgelope sokker, en \u2018n nou reeds berugte ekskursie van senior amptenare na die halfeindstryde en die eindstryd. Dat die sokkerverwante fiasko slegs \u2018n druppel aan die emmer teen die groter omvang van die probleem is, is kwalik ter sprake.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Hierdie rojale omgaan met andermansgeld word deur almal, ook die armes wat nie kan betaal nie, asook die wat betaaltraag is of moet boomskraap om op te dok, gesien, en dit stel \u2018n baie slegte voorbeeld.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/blog\">\u0432\u0435\u0440\u0435\u0432\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u043a\u043e\u0440\u0430\u0431\u0435\u043b\u044c\u043d\u044b\u0445 \u0441\u043d\u0430\u0441\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pas is wysigings aan uitkomsgebaseerde onderrig aangekondig, of 19 skole in Noordwes word weens betogings oor dienslewering gesluit. Dit volg nadat van \u2018n vyfde skool in enkele weke in di\u00e9 provinsie vuurgemaak is. Op aktualiteitsprogramme meld dosente gereeld dat Suid-Afrikaanse studente \u2018n agterstand het teen studente wat uit lande soos Zimbabwe en Namibi\u00eb kom. Reuse-oorbruggingsprogramme &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9057\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kloutjie by die oor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10231,21107,10230,21093,6831,4817,5178,10232,2251],"class_list":["post-9057","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-afbrand","tag-c33-hoofartikels","tag-kloutjie-by-die-oor","tag-s7-menings","tag-namibie","tag-onderwys","tag-skole","tag-uitkomsgebaseerde","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9057","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9057"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9057\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}