{"id":9041,"date":"2010-07-12T07:06:53","date_gmt":"2010-07-12T07:06:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9041"},"modified":"2010-07-12T07:06:53","modified_gmt":"2010-07-12T07:06:53","slug":"mediavryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9041","title":{"rendered":"Mediavryheid"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Terwyl regeringslui en baie ander meen Suid-Afrika het as land baie gebaat by die w\u00eareldbekertoernooi wat gisteraand met die eindstryd tussen Nederland en Spanje afgeloop het, was dit amper voorspelbaar dat iemand uit die ANC-dampkring di\u00e9 wins in die voet sou kom skiet.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sneller was dat die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en ander ANC-sprekers, asof georkestreer, die kwessie van &#8216;n moontlike mediatribunaal geopper het. Uiters gevaarlike taal wat aan Stalinistiese ide\u00ebimperialisme herinner, is gebruik. Dit is beswaarlik die tipe taal wat gehoor moet word terwyl die o\u00eb van die w\u00eareld op Suid-Afrika gerig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die media was aanvanklik ietwat traag uit die blokke hieroor, maar die afgelope week het Tim du Plessis van Beeld wel sy mond uitgespoel, en vandag plaas Rapport &#8216;n snydende kommentaar op sy voorblad. Rapport beskryf dit as ongrondwetlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sunday Times berig egter oor &#8216;n kwessie wat dikwels uit die oog verloor word \u2013 die beheer wat die staat in wese reeds oor die lugwe\u00eb uitoefen. Volgens di\u00e9 berig neem die SABC se waarnemende nuushoof, Phil Molefe, sy opdragte oor wie op die lug gehoor mag word, en wie nie, regstreeks vanuit Lethuli-huis. Dit is &#8216;n baie ernstige aanklag oor &#8216;n instelling wat veronderstel is om &#8216;n openbare uitsaaier te wees. Dit is ondertussen kategories deur die SABC ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika word die lugwe\u00eb streng beheer deur die OKOSA, wat veronderstel is om &#8216;n onafhanklike beheerliggaam te wees, maar wat wel deur die regering aangestel word. Enigeen wat al met &#8216;n radiostasie se lisensie-aansoek te make gehad het sal weet hoeveel inhoudelike en tegniese voorskrifte ter sprake is, en tussenin is daar nog die Onafhanklike Klagtekommissie wat in die oog gehou moet word. Verskeie radiostasies, veral Christelike stasies, is reeds gesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rapport se aanspraak dat die voorgestelde mediatribunaal ongrondwetlik is, hou water. Die toets, sou planne om so &#8216;n tribunaal in die lewe te roep, lyf begin kry, is om die grondwetlikheid daarvan te toets voor dit wetlike reeds bestaan en begin funksioneer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word te lank gesloer, ontwikkel &#8216;n situasie soortgelyk as dit wat nou om Cope se kop afspeel. Cope is kort-kort in die hof, maar die hof, in wese, besluit bloot of optredes wat betwis word, kragtens die party se eie grondwet geskied het. Of die party se grondwet self die gees van die grondwet adem, is kwalik ter sprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou &#8216;n radiostasie wat sy lisensie verloor sy saak in die howe betwis, is dit veel moeiliker om nou IKOSA se bestaan of samestelling grondwetlik te betwis op grond daarvan dat die blote bestaan van IKOSA mense of groepe hul grondwetlike reg ontneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Normaalweg word IKOSA se optrede as prosedureel onbillik aangedurf. In die geval van Radio Hoogland was di\u00e9 aansoek teen die destydse Onafhanklike Uitsaaiowerheid geslaag, maar die hof het slegs &#8216;n maand-tot-maand lisensie toegeken en die uiteindelike aansoek sou weer voor dieselfde OUO dien. Die afloop sou heel voorspelbaar kon wees, en die eienaars, Vrystaat Landbou, het die handdoek ingewerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Radio Pretoria is in &#8216;n jarelange regstryd gewikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gedrukte media sal noodwendig die ore op die grond moet hou, en nou reeds afgestem wees op &#8216;n hofgeding om die voorgestelde mediatribunaal as ongrondwetlik in die howe om te keer. Hoewel &#8216;n reuse taak, is dit &#8216;n vulletjie in vergeleke met agterna met wetlike lapwerk die skade ongedaan te probeer maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal beteken dat die noot hoog ingesit moet word oor die bedreiging wat di\u00e9 regeringsplanne vir demokrasie inhou, selfs al beteken dit dat dit die aandag trek van die media wie se fokus nou op Suid-Afrika is. In alle billikheid sal die mediahuise dan ook die voorsitter van Naspers, Koos Bekker, duidelik moet repudieer vir sy gerapporteerde uitlatings wat ook op ide\u00ebimperialisme deur die hoof-mediagroepe neerkom.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/\">\u0432\u0438\u0445\u0440\u0435\u0432\u043e\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl regeringslui en baie ander meen Suid-Afrika het as land baie gebaat by die w\u00eareldbekertoernooi wat gisteraand met die eindstryd tussen Nederland en Spanje afgeloop het, was dit amper voorspelbaar dat iemand uit die ANC-dampkring di\u00e9 wins in die voet sou kom skiet. Die sneller was dat die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en ander &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9041\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediavryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9041","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9041","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9041"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9041\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9041"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9041"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9041"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}