{"id":9038,"date":"2010-07-12T06:54:36","date_gmt":"2010-07-12T06:54:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9038"},"modified":"2010-07-12T06:54:36","modified_gmt":"2010-07-12T06:54:36","slug":"wat-is-die-verhouding-tussen-aardbewings-en-tsoenamis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9038","title":{"rendered":"Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami&#8217;s?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami&#8217;s tot gevolg het, en ander nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een &#8216;n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal geregistreer het, het op 26 Desember 2004 naby Sumatra ontstaan, en &#8216;n tsoenami van meer as dertig meter hoog tot gevolg gehad. Meer as &#8216;n kwart miljoen mense het omgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie maande later het &#8216;n 8,7 aardbewing net suid van die vorige toegeslaan, en die veel kleiner tsoenami het tot 1 300 sterftes gelei. Die twee aardbewings het op verskillende segmente van dieselfde aardkorsfout voorgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Christian Science Monitor berig geolo\u00eb van die Universiteit van Southampton in Engeland meen die eerste aardbewing het die seebedding veel meer laat beweeg as die tweede. Die water bokant die eerste aardbewing is as&#8217;t water deur &#8216;n groot plak gewiks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die tweede aardbewing is die aardkors veel minder geklits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seismiese peilings het getoon dat die seebedding rondom die episentrum van die eerste skudding uit veel sagter materiaal bestaan as die tweede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die vraag w\u00e9l opgeduik of vanjaar se baie, en sterk aardbewings, op iets dui.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is veral gevra na Ha\u00efti, Chili en Taiwan binne ongeveer drie maande erge skade gely het, en daar in Ha\u00efti en Chili erge lewensverlies was. Kuo Kai-wen van Taiwan se seismologiese instituut het egter gemeen dat die erge skuddings niks ongewoons is nie, en dat die groot skuddings onverwant was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander geolo\u00eb \u2013 hoewel hulle hul nie oor &#8216;n toename uitspreek nie \u2013 meen egter skuddings word w\u00e9l &#8220;aangesteek.&#8221; Omdat skokgolwe ook deur die aarde trek, is dit nie noodwendig so dat die foutlyne naby mekaar hoef te wees nie. Spanning bou oor tyd op, en wanneer &#8216;n aardbewing iewers genoeg skokgolwe oplewer, is dit dalk n\u00e9t die hupstoot wat nodig is om die spanning te ontlont, en &#8216;n aardbewing iewers is die gevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n <a href=\"http:\/\/earthquake.usgs.gov\/earthquakes\/eqinthenews\/2010\/\">lys<\/a> van beduidende aardbewings vanjaar (die onlangse skuddings in die omgewing van Kakamas het nie die lys gehaal nie) is die skuddings van meer as 7 op die Richterskaal  aangedui, en let op die skudding in Chili. Die skudding in Ha\u00efti wat die w\u00eareld so met hulp laat reageer het, haal die swaarlys net-net, terwyl die een wat soveel skade in Taiwan veroorsaak het, nie die swaarlys haal nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander faktore as die sterkte van die skudding, soos bedenklike bouwerk, tsoenami&#8217;s en modderstortings bepaal dikwels die lewensverlies en skade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En net om duiwelsadvokaat te speel, het die intensiteit van aardbewings toegeneem. Kyk maar self.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span><span>Bron vir aardbewings vanjaar: <a href=\"http:\/\/earthquake.usgs.gov\/earthquakes\/eqinthenews\/2010\/\">http:\/\/earthquake.usgs.gov\/earthquakes\/eqinthenews\/2010\/<\/a><\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-spravka-095-u\">\u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0430\u044f \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 095\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami&#8217;s tot gevolg het, en ander nie. Di\u00e9 vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een &#8216;n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie. Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9038\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami&#8217;s?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-9038","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9038"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9038\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}