{"id":9030,"date":"2010-07-12T04:58:28","date_gmt":"2010-07-12T04:58:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9030"},"modified":"2010-07-12T04:58:28","modified_gmt":"2010-07-12T04:58:28","slug":"oranje-deurgeroes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9030","title":{"rendered":"Oranje deurgeroes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nederland en Spanje was tagtig jaar lank in \u2018n oorlog gewikkel. Nou het dit Spanje 120 minute op die sokkerveld geneem om die manne van Oranje te klop, en as w\u00eareldkampioene van die veld te stap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n taai wedstryd waarin beide spanne blapse na die doelhok gemaak het, het die Spanjaarde vlak voor die einde van 30 minute bykomende tyd \u2018n Nederlandse span wat tot tien man uitgedun is, die doodskoot toegedien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Spanjaarde het deurgaans beter daarin geslaag om balbesit te behou. Die Nederlanders se pogings om balbesit te wen is erg bemoeilik deur \u2018n skeidsregter wat geelkaarte soos parkeerkaartjies aan veral die manne van Oranje uitgedeel, en uiteindelik \u2018n rooi kaart opgediep het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos verwag is, was dit \u2018n aff\u00eare so taai soos \u2018n outydse Wilsontoffie. Die hoogte bo seespie\u00ebl het duidelik by die manne gespook, wat moes asem oorhou vir \u2018n moontlike bykomende dertig minute, wat toe ook gerealiseer het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik was Spanje net daardie titseltjie beter daaraan toe. Tog het Nederland so amper-amper die knoop deurgehaak toe Arjen Robben se doelskop in gewone speeltyd die Spaanse doelwagter se hakskeen getref en wyd getrek het. Uit \u2018n duisend pogings sou Robben nie daardie titseltjie teenspoed verwag het nie, en moes dit juis in die belangrikste wedstryd van sy loopbaan gebeur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eindfluitjie het heel waarskynlik vir Jabulani die tokkelossiebal geblaas. Min van die deelnemers aan die toernooi in Suid-Afrika sal graag weer met \u2018n bal met so \u2018n wil van sy eie wil speel. Ook in die eindstryd is verskeie balle bo-oor of langs die doelhok verby, of is spanmaats heeltemal \u201cmisgeskop\u201d wanneer aangeval is. Di\u00e9 effens meer a\u00ebrodinamiese bal het in die binneland baie anders as by kusvlak gereageer, en spanne wat heen en weer kus toe en binneland toe gepiekel is om wedstryde te speel, moes deurlopend aanpas.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/parket-ukladka.com\/products\/ukladka-parketa-tsena-za-rabotu\">\u0441\u0442\u043e\u0438\u043c\u043e\u0441\u0442\u044c \u043f\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442\u0430 \u0443\u043a\u043b\u0430\u0434\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nederland en Spanje was tagtig jaar lank in \u2018n oorlog gewikkel. Nou het dit Spanje 120 minute op die sokkerveld geneem om die manne van Oranje te klop, en as w\u00eareldkampioene van die veld te stap. In \u2018n taai wedstryd waarin beide spanne blapse na die doelhok gemaak het, het die Spanjaarde vlak voor die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[123],"tags":[10043,6925,10226,21133,8716,21101],"class_list":["post-9030","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c115-sokker","tag-arjen-robben","tag-nederland","tag-oranje-deurgeroes","tag-c115-sokker","tag-spanje","tag-s25-sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9030","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9030"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9030\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9030"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9030"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9030"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}