{"id":9015,"date":"2010-07-09T07:01:05","date_gmt":"2010-07-09T07:01:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9015"},"modified":"2010-07-09T07:01:05","modified_gmt":"2010-07-09T07:01:05","slug":"sorgelose-aftrede-op-55-dink-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9015","title":{"rendered":"Sorgelose aftrede op 55? Dink weer"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/07\/heystek_magnus.jpg\" \/>IN dieselfde week as wat die nuwe Britse regering aangekondig het dat die amptelike aftree-ouderdom tot 66 verhoog word en later tot 70, was daar verskeie&nbsp; plaaslike artikels oor hoe om op 60 en selfs 55 \u201csorgeloos\u201d af te tree.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers was daar die hoofekonoom van Old Mutual se Rian le Roux wat op fin24 aangehaal is dat ten minste 20% gespaar sal moet word ten einde op 60 af te tree.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede Saterdag was daar in SakeBeeld \u0149 verdere berig met hierdie strekking, maar hierdie keer was dit hoe om op 55 af te tree met genoeg kapitaal en met geen sorge nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis werklikwaar onverstaanbaar hoe sulke berigte nog die wereld ingestuur word. Dit skep \u0149 valse verwagting onder jong mense, onder meer dat 55 \u0149 soort van magiese eindstreep is van \u0149 produktiewe lewe, wat gevolg &nbsp;sal word deur \u0149 eindelose vakansie&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 hele generasie 55- plussers, nie net in SA nie maar oral in die Westerse w\u00eareld \u2013 want dis grootliks n Westerse tendens \u2013 wat met toenemende skok agterkom dat die \u201csorgelose aftrede\u201d wat \u0149 20 of 30 jaar gelede aan hulle belowe is, glad nie so sorgeloos is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds tien jaar gelede in die boek \u201c<em>The Truth About Retirement\u201d<\/em> wat ek saam met Bruce Cameron geskryf het, het ons gewaarsku dat die gedagte van \u0149 \u201csorgelose aftrede op 55\u201d bloot net \u0149 hersinskim sal wees vir meeste mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beplan om baie langer te werk, tot 65 en selfs 70, en ook om dalk \u0149 tweede loopbaan of \u0149 bykomende inkomste op \u0149 ander plek te verdien, het ons in die boek geskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie advies geld vandag des te meer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons kyk na die advies om 20% van jou salaris te spaar ten einde \u201csorgeloos af te tree op 55\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Welke salaristrekker   kan   bekostig om 20% van sy\/haar salaris te spaar?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In my opinie slegs \u0149 enkellopende nie-rokende nie-drinkende introvert sonder kraai of kroos wat nog by mammie bly. Vir die res van ons gewone sterflinge met \u0149 verband, vrou, kinders katte en honde om te onderhou, is so iets onmoontlik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na belasting, kos, klere, verband, medies, motor, skoolgelde ens. ens. is daar eenvoudig nie sprake daarvan om 20% te spaar nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten beste sukkel mense om 15% te spaar en dan moet daar nog \u0149 persentasie of 5 daarvan afgetrek word vir die koste van lewensverskering, ongeskiktheid en beleggingsfooie ten eind hierdie bydrae te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die kritiek op die hierdie advies van Le Roux was ook dat dit komende was van \u0149 segsman van \u0149 assuransiemaatskappy wat n generasie van pligsgetroue spaarders in Uittree_annuiteite (UA\u2019e) tot baie swak opbrengste verdoem het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekerlik die grootste rede hoekom 55 nie meer as aftree-ouderdom beskou   kan   word nie, is die snelle styging in lewensverwagting. Lewensverwagting vir \u0149 man op 55 is \u0149 verdere 22 jaar en vir vroue \u0149 amper 25 jaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die beste belegging in die w\u00eareld kan \u0149 salaristrekker met selfs 20% van \u0149 salaris oor \u0149 werkleeftyd van 30 jaar&nbsp; nie genoeg spaar ten einde \u0149 verdere 20 of 25 jaar \u201csorgeloos\u201d te kan leef nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten beste is hierdie teiken dalk moontlik vir iemand wat ononderbroke tot 65 of 70 gewerk het en nie een keer diens onderbreek het nie. Hoeveel mense werk vir een werkgewer vir \u0149 volle 40 jaar of meer? Bitter min.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En meeste mense wat van werk verander neem gewoonlik die pensioengeld ten einde te spandeer of om skuld af te betaal\u2014sowat 80% volgens syfers van Old Mutual.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan kom ons by die \u201csorgelose\u201d deel van aftrede. Vra maar vir meeste mense wat wel met genoegsame kapitaal afgetree het die afgelope klompie jare. Tensy die pensioenaris afgetree het met \u0149 gewaarborgde en inflasie-kloppende inkomste vir die res van sy\/haar lewe&nbsp; -en di\u00e9 opsie word al skaarser&#8211; is beleggers by aftrede blootgestel aan die skommelinge van markte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is een van die gevolge van die grootskaalse oorswaai van die tradisionele gedefinie\u00ebrde voordelefondse na gedefinie\u00ebrde bydrae fonds oor die afgelope 20 jaar of wat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Destyds is gewaarsku dat beleggers met hierdie skuif \u2013wat baie dikwels aangespoor is met bonusse tot fondse\u2014die beleggingsrisiko van die bestuur van die pensioen oorneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enigiemand wat die afgelope klompie jare in beleggingsmarkte was sal   kan   praat van ongekende wispleturigheid en onvoorspelbaarheid. As dit nie die aandelemarkte is wat met 45% val nie (September 2008 \u2013Desember 2008), is dit die rand wat eers met 35% val en dan weer styg met 35%, en so aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veiligheid van vaste-rentedraende is net kortstondig want oor tyd sal inflasie (want inflasie tree nie af nie) die koopkrag van \u0149 lompsom op 55 stelselmatig afwater oor tyd.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dink maar aan spaarders\/beleggers in die VSA en Europa waar die aandelemarkte in daardie streke oor 10 jaar gemiddeld nog nie met n duit gegroei het nie, rentekoerse op spaargeld al vir jare nul is en eiendomspryse ook met tussen 10 en 50% gedaal het, afhangende van watter land en watter streek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Praat met hierdie mense van \u0149 sorgelose aftrede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan wil ek nie eers praat van al die skelmstreke wat daar is wat mense ho\u00eb opbrengste bied in uiters ongewensde en onveilige beleggingsskemas nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk maar net na die miljarde rand wat al reeds in hierdie siklus verlore is in verskeie eiendomsindikasies wat in die afgelope maande gevou het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die oplossing?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik moet mense aangemoedig word om te spaar maar \u0149 meer realistiese aftree-datum (indien moontlik) moet 65 wees en selfs 70.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So \u0149 stap beteken twee dinge: jy werk (en verdien \u0149 salaris vir 10 of 15 jaar langer) en jy sal derhalwe \u0149 inkomste vir \u0149 10 of 15 jaar minder nodig h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een positiewe nadraai van die kredietkrisis in Europa en die VSA is die besef dat die beloftes van \u0149 aftrede op 55 (Griekeland, Spanje.   Portugal   en Italie) en 60 in Brittanje nie meer haalbaar is nie. Dieselfde geld die VSA.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA sal die Social Security-stelsel al teen 2013 meer uitbetaal as wat dit inkry\u2026.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje het eenvoudig gese:\u201dDaai beloftes van \u0149 vro\u00ebe aftrede is nie meer moontlik nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA word daar nou prontheid ook vertel: 70 is eersdaags die nuwe aftree-ouderom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie realiteit het al lankal in SA posgevat onder diegene wat die tekens raakgesien het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aftree op 55? Watwou.&nbsp; 55 is maar net die begin van die beste 15 jaar van jou lewe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><em> <\/em><\/strong><em>Magnus Heystek is die skrywer van verskeie boeke oor beleggings en aftrede en is bestuurshoof van Brenthurst Wealth. <\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0444\u043e\u0440\u043c\u0430 086\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>IN dieselfde week as wat die nuwe Britse regering aangekondig het dat die amptelike aftree-ouderdom tot 66 verhoog word en later tot 70, was daar verskeie&nbsp; plaaslike artikels oor hoe om op 60 en selfs 55 \u201csorgeloos\u201d af te tree. Eers was daar die hoofekonoom van Old Mutual se Rian le Roux wat op fin24 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9014,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[147],"tags":[10211,21092,10212,10210],"class_list":["post-9015","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c152-magnus-heystek","tag-old-mutual","tag-rubrieke","tag-sakebeeld","tag-sorgelose-aftrede-op-55-dink-weer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9015","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9015"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9015\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9014"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9015"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9015"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9015"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}