{"id":901,"date":"2007-09-19T07:02:09","date_gmt":"2007-09-19T07:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=901"},"modified":"2007-09-19T07:02:09","modified_gmt":"2007-09-19T07:02:09","slug":"boere-is-nou-by-keerpunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=901","title":{"rendered":"Boere is nou by keerpunt"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Wat net soveel indien nie meer kommer as die intimidasie van die opposisie in die parlement&ecirc;re poppekas ontstel, is dit wat in die daaropvolgende week gebeur het. Verlede week het die ANC-mister van landbou en grondsake, asook haar Afrikaner-meeloper Dirk du Toit, boere gedreig oor plaasafsettings. Behalwe dat daar geen statistiese bewyse bestaan dat sodanige onwettige plaasafsettings plaasvind nie, kom Xingwana met vergesogte getalle na vore dat agt miljoen mense die afgelope tien jaar van plase verdryf is. Daarbenewens dreig sy en Du Toit&nbsp; dat boere wat hierdie beweerde onwettige afsettings pleeg van hul grond onteien sal word. Nou ja, behalwe dat die valse aantygings duidelike gevalle van haatspraak is, is dit ook niks minder as provokasie deur paniek te saai nie. Enersyds motiveer dit swartes om hulle geweldsaanvalle op boere te verskerp en andersyds is dit bedoel om die boeregemeenskap te ontsenu.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Hierdie gebeurde het nie &rsquo;n enkele oorsaak nie, maar staan ook nie los van die intimidasie van die DA nie. <\/span><span style=\"font-family: Arial\">Dit bring my weer by my vroe&euml;re bewering dat die doktrine nou een is van onderdrukking en blykbaar ook uitdaging. <\/span><span style=\"font-family: Arial\">Die sg. minister en haar skoothondjie Du Toit se herverdelingsprogram is erg agter skedule. Hulle gryp nou na &rsquo;n radikaal linkse\/Leninistiese tegniek om vinnig grond vir die armes te bekom, maar terselfdertyd voer hulle die nuwe doktrine uit. Hierdie doktrine het ten doel om alle afvalligheid van ANC-denke die mond te snoer en om die ANC agter die Afro-facistiese Mbeki te verenig. Deur die blanke en veral die boer as gemeenskaplike vyand te indentifiseer wat swates onderdruk, word die aandag verplaas na die &ldquo;gemeeskaplike vyand&ldquo;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Eintlik het Xingwana die boere &rsquo;n ultimatum gegee. &rsquo;n Ultimatum wat op niks minder as oorlog neerkom nie, want geen boer met selfrespek sal so, sonder teenstand, van sy grond verwyder word nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Hoewel die landbou-unies, vernaam Agri-SA aanvanklik heftig gereageer het, het hulle self gou weer daarna koue water op hul woorde gegooi. In die swart kultuur en veral by die boere-hatende Xingwana sal dit as blote swakheid waargeneem word. Dit wil voorkom asof hierdie organisasies nie wil leer met watter werklikheid hul te make het nie.&nbsp; Daar bestaan myns insiens twee redes hiervoor:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">\n<ol style=\"margin-top: 0cm\">\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Hierdie      organisasies is nie ideologies toegerus om die stryd teen die regime te      veg nie.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Sekere burokrate      het &rsquo;n belang in die status qou deurdat destabilisering hul betalende      posisies in hierdie organisasies kan beduiwel.<\/span><\/li>\n<\/ol><\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Na my mening behoort die landbougemeenskap veral die volgende strategie&euml; te volg (sommiges hiervan het ek in &rsquo;n vroe&eacute;re skrywe ook aangevoer):<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">\n<ol style=\"margin-top: 0cm\">\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Boere moet sorg dat      hulle oor daadkragtige leierskap beskik wat die nuwe situasie na behore      kan ontleed en optree.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Staak alle      praatjies met Xingwana en die regering en kommunikeer allleen deur      regsverteenwoordigers wannneer nodig.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Ontglip ideologies      van die ANC se houvas d.m.v. die volgende punte:<\/span><\/li>\n<ol style=\"margin-top: 0cm\">\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Verwerp die       noodsaaklikheid van transformasie en grondherverdeling, gebasseer op die       feite dat apartheid swartes in hierdie land van geleenthede verskaf het       wat in geen ander Afrikastaat bestaan nie.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Beklemtoon die       enorme skade wat grondherverdeling d.m.v. voedseltekorte sal meebring.       Hierop het TLU-SA se onlangse kongres gefokus, maar dit moet wyer in die       media en aan die buiteland gekommunikeer word.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Eis &rsquo;n morele reg       op die grond gebasseer op geslagtelange bewoning daarvan en die feit dat       waar daar wel inboorlinge voorheen was hulle nie die grond doeltreffend,       indien enigsins, benut het nie.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Beklemtoon die       immoralitiet van swart kleinboere wat bestaansboerdery op voorheen blanke       grond beoefen te midde van w&ecirc;reldwye voedselskaarste.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Aanvaar dat die       ooreenkoms van 1994 reeds in skerwe is en dat die waarborge en       verpligtinge daarvan nie meer geld nie.<\/span><\/li>\n<\/ol>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Eskaleer SA      grondherverdeling tot &rsquo;n internsasionale krisis.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Begin met openbare      aksies, optogte ens.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Wees georganiseeerd      om &ldquo;enige&ldquo; taktiek deur die regime te kan weerstaan.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Gebruik jul      kundigheid in gemeenskapsveiligheid deur stedelike beveiligingstakke te      stig en bou daardeur&nbsp; vennote in      jul stryd teen die regime. Stedelinge verkeer in &rsquo;n desperate      veiligheidskrisis en die boeregemeenskappe het die antwoord op hul      probleme.<\/span><\/li>\n<li class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Indentifiseer      verdedigbare grense vir &rsquo;n kernstaat, sou dinge tot daardie spits gedryf      word.<\/span><\/li>\n<\/ol><\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Indien boere nie nou lateraal (&bdquo;buite die boks&ldquo;) gaan begin dink nie, is dit in elk geval neusie verby met hulle, want hierdie regering soek niks minder as die totale zanufikasie van ons landbou nie.<\/span><\/p>\n<p>    <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/perfekta.ru\/blog\">\u0448\u0442\u0443\u043a\u0430\u0442\u0443\u0440\u043a\u0430 \u0432\u043d\u0443\u0442\u0440\u0435\u043d\u043d\u0438\u0445 \u0441\u0442\u0435\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Voorverlede week het ons gesien hoe die regime op die amptelike opposisie toeslaan. Klaarblyklik steier die DA so erg onder die regime se intimidasie dat daar &rsquo;n week later nog geen samehangende teenaanval op die ANC gerig is nie. Die ANC se intimidasie het dus &rsquo;n besliste uitwerking gehad. Die DA is nou voor sy grootste toets: Gaan hulle terwille van hul parlement&ecirc;re poste en die meegaande vergoedingspakkette hulself verwater tot &rsquo;n &bdquo;stille&ldquo; opposisie of gaan hulle vir die demokrasie veg en hul bevoorregte posisies in die weegskaal plaas? Ek vermoed ons gaan dalk &rsquo;n ietwat afgewaterde DA-opposisie van hier af aanskou. Alhoewel, miskien is dit nog te vroeg en dalk verbaas &ldquo;Auntie&ldquo; Helen en haar anglofiele kollegas ons binne die volgende dag of twee. Moet egter nie asem ophou nie.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[897,21092,198],"class_list":["post-901","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c30-vlad-du-plessis","tag-boere-is-nou-by-keerpunt","tag-rubrieke","tag-vlad-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/901","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=901"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/901\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=901"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=901"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=901"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}